Tempo en omvang van reaksie 101 Flashcards
Reaksietempo
- Die hoeveelheid reaktanse gebruik per eenheidstyd
of
- Die hoeveelheid produkte gevorm per eenheidstyd.
Faktore wat reaksietempo beinvloed.
- Reaksieoppervlakte (vaste stof)
- Konsentrasie (oplossing)
- Druk (gas)
- Temperatuur
- Katalisator
- Aard van die reagerende stowwe
Aktiveringsenergie
Die minimum energie benodig om ‘n chemiese reaksie te inisieer.
Onder watter omstandighede sal ‘n reaksie plaasvind?
‘n Reaksie sal slegs plaasvind indien:
- botsende molekule die regte orientasie het
- oor voldoende kinetiese energie beskik (> aktiveringsenergie vir die reaksie)
Verduidelik hoe katalisators funksioneer.
Dit sal die reaktante op so ‘n manier laat reageer dat die reaksie ‘n alternatiewe roete van laer aktiveringsenergie volg.
Wat word bedoel met oop- en geslote sisteme?
‘n Oop sisteem het aanhoudende interaksie met sy omgewing
terwyl ‘n geslote sisteem geisoleerd van sy omgewing is.
Verduidelik ‘n omkeerbare reaksie
‘n Reaksie is omkeerbaar wanneer produkte terug na reaktanse omgeskakel kan word.
Veruidelik Chemiese ewewig
‘n Sisteem is in chemiese ewewig as daar geen verandering in makroskopiese eienskappe is nie, maar wel op mikroskopiese vlak plaasvind.
Verduidelik Dinamiese ewewig
As die tempo van die voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie.
Lys die faktore wat die posisie van ‘n ewewig beinvloed:
- Temperatuur
- Konsentrasie
- Druk
Lys die faktore wat die waarde van die ewewigskonstante beinvloed:
SLEGS ‘n verandering in temperatuur kan die ewewigskonstante affekteer
Verduidelik die betekenis van ‘n hoe ewewigskonstante:
‘n Baie hoë waarde dui daarop dat die reaktanse baie onstabiel is en meer spontaan reageer.
(die voorwaartse reaksie is dus byna voltooi)
Verduidelik die betekenis van ‘n lae ewewigskonstante:
‘n Baie klein waarde van ewewigskonstante dui daarop dat die reaktanse baie stabiel is.
Met ander woorde daar is baie min neiging vir die voorwaartse reaksie om plaas te vind.
Stel Le Chatelier se beginsel:
Wanneer ‘n sisteem in ewewig versteur word sal die sisteem die ewewigsposisie sodanig verskuif dat dit die effek van die versteuring teenwerk.