Chloor-Alkali industrie - fosfate en kalium Flashcards
Waarom is fosfor en fosfate noodsaaklik vir plante?
Die groei van die wortels, ontkieming van sade en vir die ryp word van oeste.
As jy ‘n vrugteboom wil plant sal die kwekery aanbeveel dat jy ‘n sakkie beenmeel koop en om die beenmeel onder in die gat waar jy die boom wil plant te strooi. Beenmeel bevat kalsiumfosfaat wat feitlik onoplosbaar is in water. Wat sou dus die voordeel wees om dit in die gat te strooi?
Beenmeel is opgemaalde bene van diere en is ryk aan kalsiumfosfaat. Omdat dit feitlik onoplosbaar is in water, sal dit oor ‘n baie lang tyd aan die boom fosfaat lewer.
Rotsfosfaat word op groot skaal in Phalaborwa ontgin. Dit is feitlik onoplosbaar in water en word met swawelsuur behandel om superfosfaat te vorm:
Ca3(PO4)2 + 2H2SO4 -> Ca(H2PO4)2 + 2CaSO4
Watter twee oplosbare produkte word gevorm tydens hierdie reaksie?
Ca(H2PO4)2 = Kalsiumdiwaterstoffosfaat
CaSO4 = Kalsiumsulfaat
Superfosfaat is dus ‘n mengsel van Ca(H2PO4)2 en CaSO4
Watter elemente word deur die plant opgeneem as die superfosfaat mengsel aan plante toegedien word?
Kalium, fosfor en swawel
SA voer ook groot hoeveelhede fosforsuur na ander lande uit. Skryf die formule vir fosforsuur neer.
H3PO4
Waarvoor word fosforsuur gebruik?
Om fosfaatbemestingstowwe te maak
Watter rol speel kalium in plante?
Kalium is nodig vir die ontwikkeling van vrugte en blomme
Wat is die verskil tussen kalium en potas?
Kalium is die element kalium terwyl potas in die kunsmisbedryf verwys na alle verbindings van kalium
Gee die chemiese formule van die 3 kaliumsoute wat gewoonlik in kunsmis gebruik word
KCᶩ, K2SO4, KNO3
KAN (Kalkammoniumnitraat) is ‘n kunsmisstof wat baie verkoop word. Watter twee chemiese stowwe word gebruik om ammoniumnitraat te vorm? Skryf ook ‘n gebalanseerde vergelyking vir die reaksie.
NH3(aq) + HNO3(aq) -> NH4NO3(aq)
Waarom word die ammoniumnitraat eers met kalksteen gemeng voordat die korreltjies wat verkoop word, gemaak word?
NH4NO3(s) is ‘n onstabiele vastestof wat maklik kan ontplof. Die NH4NO3-oplossing word met kalk gemeng voordat dit in korrels gevorm en as KAN gedroog word. Dit is dan baie veiliger om te vervoer en te gebruik.
Skryf gebalanseerde vergelykings vir die bereiding van ammoniumsulfaat en ammoniumnitraat.
NH3(aq) + H2SO4(aq) -> (NH4)2SO4(aq)
NH3(aq) + HCᶩ(aq) -> NH4Cᶩ(aq)
Ammoniak word ook gebruik om ‘n kunsmisstof ureum te maak. Ammoniak en koolsuurgas word onder druk geplaas en verhit om ureum, CO(NH2)2, en water te vorm. Skryf ‘n vergelyking vir die reaksie.
(is skets)
Wat gebeur as water eutrofies raak a.g.v. verhoogde vlakke van voedingstowwe?
Eutrofikasie is die verhoging van die konsentrasie van voedingstowwe in damme en riviere wat die groei van alge bevorder. Die alge het suurstof nodig om te oorleef en wanneer hulle doodgaan en ontbind, gebruik hulle ook suurstof uit die water. Gevolglik is daar nie suurstof vir ander plante en diere in die water nie en vrek hulle a.g.v. versmoring.
Wat is die nadele van die gebruik van anorganiese kunsmisstowwe?
Eutrofikasie is een probleem. As te veel of verkeerde voedingstowwe toegedien word, kan dit die plante en grond ook skade aandoen. Uiteindelik raak dit ook ons drinkwater, want nitrate is bv. feitlik almal oplosbaar in water en dit is moeilik om hulle uit die drinkwater te verwyder.