Chloor-Alkali industrie Flashcards
Watter sout is die voermateriaal van die chloor-alkali-industrie?
Natriumchloried
Waarom word daarna verwys as die chloor-alkali-industrie?
Chloor en alkaliese natriumhidroksied is die hoofprodukte van hierdie industrie.
Noem 3 maniere waarop hierdie sout in ons land ontgin word
Vaste klipsout word uit die grond gegrawe.
Sout word verkry uit die verdamping van seewater.
Water word in ondergrondse tonnels wat sout bevat, gepomp en die pekelwater word dan ingedamp.
Watter vorm van energie word gebruik om hierdie sout uit pekelwater as kristalle te herwin?
Son-energie
Seewater bevat ‘n groot verskeidenheid ander soute. Hoe word hierdie ander soute uit die oplossing gehaal?
Seewater word in verdampiingsdamme gepomp. Die son se energie laat die water verdamp. Feitlik al die ander soute kristalliseer eerste uit en sak af terwyl natriumchloried in oplossing bly. Hierdie pekelwater (water wat versadig is met natriumchloried of tafelsout) word na de volgende verdampingsdam gepomp. Die sout kristalliseer dan in hierdie damme uit namate die water in die oplossing verdamp.
Noem 3 gebruike van natriumchloried
Natriumchloried word gebruik om voedsel te geur en te preserveer. In die landbou as voedingstof vir vee. Om water sag te maak. Sout word ook in koue lande op sneeu op die paaie gestrooi.
Op watter manier(e) kan ons die samestelling van natriumchloried verander?
Tafelsout kan slegs sy samestelling verander as ‘n soutoplossing of gesmelte natriumchloried elektrolise ondergaan.
Geen nuwe kwikselle word meer vir die industrie vervaardig nie. Verskaf moontlike redes waarom die gebruik van die selle uitfasseer word.
Kwikdampe en kwikverbindings wat in die water vorm en oplos, besoedel die lug en water en is uiters giftig vir mense, visse, voëls en diere.
Waarom word diafragmas wat van asbes gemaak word, nie meer baie gebruik nie.
Asbes hou gevare in vir die mens se gesondheid en word nou vervang deur poreuse diafragmas wat van polimere vervaardig word.
Hoekom word die membraanselmetode verkies bo die kwik- of diafragmametode in die chloor-alkali-industrie?
Alhoewel die kwiksel ‘n baie suiwer NaOH lewer, is die kwik wat vrygestel word ‘n groot gevaar vir die omgewing. By die diafragmasel, word die asbes in die diafragma deesdae met een van polimere vervang.
‘n Groot nadeel van die diafragma is dat die NaCl wat saam met die Na deur die diafragma beweeg. Die ongereageerde NaCl wat saam met die NaOH uitloop, verlaag die kwaliteit van die NaOH.
Noem enkele eienskappe van chloor. Verwys o.a. na die gas se kleur, digtheid, oksideervermoë, ens.
Liggroen chloorgas wat uit diatomiese molekules bestaan, is digter as lug. Die kenmerkende reuk wat jy by swembaddens kry, is die reuk van chloorgas. Chloor is ‘n baie sterk oksideermiddel.
Waarom kry ons slegs chloorverbindings in die natuur maar nooit chloorgas nie?
Omdat chloor ‘n baie sterk oksideermiddel is, kom dit in die natuur slegs as chloorverbindings voor.
Watter stowwe word gevorm as ons chloorgas deur water borrel? Skryf ‘n gebalanseerde vergelyking vir hierdie reaksie neer.
‘n Mengsel van soutsuur en onderchlorigsuur vorm. Hierdie is ‘n omkeerbare reaksie.
H2O(l) + Cl2(g) HCl(aq) + HOCl(aq)
Noem drie gebruike van chloor
- As bleikmiddel
- As ontsmetmiddel in swembaddens, drinkwater en in die kombuis
- Vervaardiging van plastieke en chemikalieë
Watter voorsorgmaatreëls moet jy tref as jy met chloorgas of chloorprodukte werk?
Werk verkieslik in ‘n dampkas met chloor en moenie die dampe inasem nie.
Bêre alle chloorprodukte soos bleikmiddels, swembadchloor en soutsuur op ‘n veilige en koel plek tuis.
Chloor word vir die vervaardiging van verskeie stowwe gebruik. Kan jy minstens vier daarvan noem?
Chloor word gebruik om die volgende te maak:
- polivinielchloried (plastieke),
- bleikmiddels
- oplosmiddels (bv. tetrachlooreteen)
- soutsuur
- onkruiddoders
- verf
As chloorgas deur natriumhidroksied geborrel word, word natriumhipochloriet, natriumchloried en water gevorm. Jy sal natriumhipochloriet herken as die skerp reuk wat ons in baie huishoudelike bleikmiddels aantref. Skryf ‘n vergelyking vir hierdie omkeerbare oplosproses neer.
2NaOH(aq) + Cl2(g) NaOCl(aq) + H2O(l) + HaCl(aq)
By die huis bestaan die swembad ‘chloor’ wat jy gebruik o.a. uit kalsiumhipochloriet. Skryf die chemiese formule vir kalsiumhipochloriet neer. As jy hierdie ‘chloor’ saam met verdunde soutsuur in die swembad gooi, vorm kalsiumchloried, chloorgas en water. Skryf ‘n vergelyking vir hierdie omkeerbare reaksie.
Ca(OCl)2(s) + 4HCl(aq) CaCl2(aq) + 2H2O(l) _ Cl2(g)
Chloor word in groot hoeveelhede in ons land gebruik om PVC te vervaardig. Waarvoor staan die afkorting PVC en waarvoor word dit gebruik?
PoliVinielChloried (Poli beteken baie)
In die industrie staan eteen ook bekend as _____ en die (-CH=CH2) - groep word _____ genoem
Etileen
Viniel
As eteen met chloor reageer vorm vinielchloried en waterstofchloried. Skryf ‘n gebalanseerde vergelyking vir die reaksie neer.
CH2 = CH2 + Cl2 -> CH2 = CHCl + HCl
As die vinielchloried onder druk met stoom reageer word PVC gevorm. Verduidelik wat bedoel word met monomeer, substitusie, addissie en polimeriseer.
Eteen reageer met chloor tydens ‘n SUBSTITUSIE-reaksie waar een van die waterstowwe in die eteen met ‘n chlooratoom vervang word om chloro-eteen (viniel-chloried) te vorm. Hierdie vinielchloried tree op as die MONOMEER wat onder die regte omstandighede aan ander etielchloriede verbind tydens ‘n ADDISIE-reaksie en POLIMERISEER. PVC-kettings van verskillende lengtes word gevorm.
Gedurende watter prosesse word eteen en chloor in SA berei om dan gebruik te word om PVC te vorm?
Eteen word as een vd produkte gevorm by die vervaardiging van olie uit steenkool of uit aardgas. Chloor word gevorm as ‘n produk in die membraan(diafragma) sel
Noem 4 gebruike van PVC
PVC bestaan uit harde en sagte plastieke. Jy kan dus hier feitlik enige plastiekvoorwerpe noem soos kratte, waskomme, tuinslange, plastiekgeute, sitplekoortreksels, ens.
Skryf die chemiese formule vir natriumhipochloriet. Noem dan twee gebruike vir hierdie chemiese stof.
NaOCl word as bleikmiddel in ons huise gebruik, tydens houtverpulping en in die papierindustrie.
Watter naam word in die chemiebedryf gegee vir natriumhidroksied?
Bytsoda
In die membraansel verlaat die NaOH die sel as ‘n waterige oplossing. Hoe word NaOH uit hierdie oplossing verkry?
Verdamp die water
Wat beteken dit as ons sê NaOH is higroskopies?
NaOH is higroskopies, want dit absorbeer water uit die atmosfeer. As jy ‘n korrel NaOH op die tafel laat val, sal dit spoedig in ‘n plassie water lê.
Watter voorsorgmaatreëls sal jy tref as jy met NaOH-korrels in die laboratorium werk?
Die houer waarin NaOH in die laboratorium gebêre word, moet altyd lugdig verseël wees. Moenie met jou kaal hande aan die korrels vat nie. Dra skermbril en handskoene.
Watter rol speel NaOH in die ekstrahering van aluminium?
Erts wat aluminium bevat, word met NaOH behandel om Al2O3 te vorm. Die Al2O3 word dan gesmelt en ondergaan dan elektrolise. Die reaksie wat plaasvind is:
2O2- -> O2 +4e- (x3)
Al3+ + 3e- -> Al (x4)
2Al2O3 -> 4Al(l) + 3O2(g)
NaOH-oplossing word saam met Na2S in die houtbedryf gebruik om die bindstof (lignien) tussen die houtvesels te verwyder by ongeveer 150 grade C. Die houtveselpulp wat oorbly, word dan vir verskeie produkte gebruik. Noem twee voorbeelde van sulke produkte.
Papier, kartondose en verpakkingsmateriaal vir vrugte en eiers
Waarom is dit belangrik dat al die lignien nie uit die houtpulp verwyder moet word deur die NaOH nie?
‘n Deel van die lignien moet agterbly, want dit hou die pulp in papier bymekaar en help om die papier sterker te maak.
Waarvoor word natriumhidroksied in die voedselverwerkingsindustrie gebruik?
Tamaties en aartappels se skille word verwyder deur dit met ‘n NaOH-oplossing te behandel.