Sure en Basisse Flashcards
Suur
Protonskenker.
Basis
Protonontvanger.
Ionisasie
Die reaksie van ‘n molekulêre stof met water om ione te produseer.
Sterk Suur
‘n Suur wat heeltemal in ‘n waterige oplossing ioniseer.
Swak Suur
‘n Suur wat slegs gedeeltelik ioniseer in ‘n waterige oplossing.
Dissosiasie
Die splyting van ‘n ioniese verbindings na sy ione.
Sterk Basis
‘n Basis wat heeltemal in ‘n waterige oplossing dissosieer.
Swak Basis
‘n Basis wat slegs gedeeltelik
dissosieer/ioniseer in ‘n waterige oplossing.
Amfoteriese Stof
‘n Stof wat as ‘n suur of ‘n basis kan optree.
Sout
‘n Stof waarin die waterstof van ‘n suur verplaas is met ‘n katioon.
Hidrolise (van ‘n Sout)
‘n Reaksie van ‘n ioon (van ‘n
sout) met water.
Neutralisasie/Ekwivalensiepunt
Die punt waar ‘n suur en ‘n basis gereageer het sodat nie een van die twee in oormaat is nie.
Standaardoplossing
‘n Oplossing van bekende
konsentrasie.