Chemiese Ewewig Flashcards
Geslote Sisteem
Een waarin massa binne n sisteem behou word, maar energie die sisteem vrylik kan binnegaan of verlaat.
Oop Sisteem
Een waarin beide energie en materie tussen die sisteem en sy omgewing uitgeruil
kan word.
Le Chatelier se Beginsel
Wanneer n eksterne spanning (verandering in druk, konsentrasie of temperatuur) toegepas word op n sisteem in dinamiese chemiese ewewig, sal die ewewigs punt op so n manier verander om sodoende die spanning teen te werk.
Omkeerbare Reaksie
Reaksie waarin produkte terug na reaktante omgeskakel kan word.
Dinamiese Chemiese Ewewig
n Omkeerbare reaksie waarin die voorwaardse en terugwaardse reaksies teen dieselfde tempo plaasvind, en dus is die konsentrasies van reaktante en produkte konstant.