Organiese Chemie Flashcards
Organiese Molekules
Molekules wat koolstofatome
bevat met die uitsondering van koolstofdioksied, koolstofmonoksied, diamant, grafiet, karbonate (of bikarbonate), karbiede en sianiede.
Koolwaterstof
‘n Verbinding wat slegs koolstof- en waterstofatome bevat.
Versadigde Verbinding
‘n Verbinding waarin alle bindings tussen koolstofatome enkelbindings is.
Onversadigde Verbinding
‘n Verbinding waarin daar ten
minste een dubbel en/of driedubbele binding tussen die koolstofatome is.
Funksionele Groep
‘n Atoom of ‘n groep atome wat die middelpunt vorm van chemiese aktiwiteit in die molekuul.
Homoloë Reeks
‘n Reeks van soortgelyke verbindings wat dieselfde funksionele groep het en dieselfde algemene formule, waarin elke lid verskil van die vorige lid met ‘n enkele CH2 eenheid.
Strukturele Isomeer
Verbindings wat dieselfde
molekulêre formule het maar verskillende struktuurformules.