Planeet Aarde woorde Flashcards
Wentelbaan
Die baan van een voorwerp in die ruimte om ‘n ander een, soos die Aarde om die Son.
Omwenteling
Die beweging van ‘n voorwerp om ‘n ander een, soos die beweging van die Aarde om die Son.
As
‘n denkbeeldige lyn wat deur die middel van ‘n voorwerp loop.
Rotasie
Die draaibeweging van ‘n voorwerp, soos die beweging van die aarde om sy eie as.
Kors
Harde rotsagtige laag op die oppervlak van die Aarde.
Bogrond
Die laag grond wat op die oppervlak van die aarde lê.
Ontbind
Tot kleiner dele afbreek
Vrugbare grond
Grond waarin plante goed kan groei.
Ondergrond
Die laag grond wat onder die bogrond lê.
Mikroskoop
‘n Instrument wat klein goedjies baie groter laat lyk.
Growwe korrels
Groot korrels grond
Fyn korrels
Baie klein korrels grond
Humus
Donker materiaal in die grond wat bestaan uit ten volle ontbinde reste van plante en diere.
Verweerde grond
Grond wat deur water weggespoel, of deur die wind weg gewaai is. (Erosie)