Eksamen Vrae elektrisiteit Flashcards
Hoe werk ‘n flits
Chemiese energie in die selle geberg word verander in elektrisiteit sodra dit aangesit word.
Die elektrisiteit vloei na die gloeilamp
Gloeilamp verander die elektrisiteit na ligenergie.
Wat beteken dit as ‘n sel ‘pap’ of ‘dood’ is?
Al die energie in die sel is oorgedra, en kan nie meer die apparaat laat werk nie.
Kan selle her gebruik word?
Net wanneer dit herlaaibaar is.
Hoekom moet ou selle veilig weggegooi word?
Skadelike chemikalië kan uit selle lek en die grond en waterbesoedel en so mense se gesondheid benadeel.
Waar kan ou selle weggegooi word?
Herwinning sentrum of spesiale vullisverwerkingsaanleg wat gevaarlike vullis berg.
Watter toestelle gebrui selle
Flitse
Selfone
Speelgoed
Kampligte
Wat is die voordeel van selle gebruik?
Kan gebruik word wanneer elektrisiteit nie beskikbaar is nie, in die veld of by kamp.
Kan gebruik word wanneer die krag afgaan.
Wat is die nadeel van selle gebruik?
Duur om te vervang
Kan pap raak
Moet veilig weggegooi word
Waarna moet jy kyk wanneer ‘n flits nie werk nie?
Battery - dalk pap
Gloeilamp - dalk geblaas
Bedrading foutief
Wat kan jy doen om die hoeveelheid selle wat weggooi moet word te verminder?
Herlaaibare battery gebruik
Toestelle koop met herlaaibare battery in eerder as gewone batterye.
Langdurende batterye eerder as goedkoop batterye gebruik
Wat gebruik meeste van die apparaat in ons huise as energie bron?
Hoofleidingselektrisiteit
Waar kry ons hoofleidingselektrisiteit vandaan?
Nasionale netwerk
Noem die 4 onderddele ban die hoofleidingselektrisiteitstelsel
Kragsentrale
Kragmaste en transmissielyne
Substasies
Plekke wat elektrisiteit gebruik (huis, skool, winkel)
Wat kan gebeur as elektriese drade of aparate nie reg gekoppel word nie?
Brande veroorsaak
Mense elektrise skokke gee
Watter drie belangrike feite oor elektisiteit moet almal weet?
Elektrisiteitstransmisielyne in substasies dra baie hoë hoeveelhede krag.
Elektrisiteit gaan nie deur plastiek of rubber nie.
Elektrisiteit gaan maklik deur water, mense se liggaam en metaal.
Hoe moet proppe en muursokke veilig hanteer word?
Moenie te veel toebehore by een sok inprop nie - brand veroorsaak of stelsel oorlaai
Sit skakelaar af voor prop uittrek
Hou kante van prop vas om uit te trek
Skakel Muursok af indien nie gebruik nie
Moenie ander voorwerpe of vingers in muursokke druk nie.
Bespreek die veilige gebruik van elektriese koorde
Geen metaaldrade mag uitsteek nie
Moenie beskadigde koorde gebruik nie, vervang dit
Hou weg van stowe en verwarmers, dit kan die plastiek smelt
Moenie koorde onder matte, agter deure of deur skarniere sit nie.
Moenie regmaak of las met kleefband nie.
Moenie koorde so plaas dat mense daaroor kan val nie.
Water is baie gevaarlik naby elektrisiteit, gee 4 voorsorg maatreëls in die verband.
Moenie elektriese aparaat naby water gebruik nie.
Nie elektriese grassnyer op nat gras gebruik nie.
Moenie aan elektriese aparaat raak met nat hande.
Prop ketel of yster uit wanneer jy water daarin gooi
Moenie water gebruik om vuur by elektriese stelsel te blus nie, gebruik eerder sand
Watter voorsorg maatreëls kan jy voorstel ten opsigre van elektrisiteit buite die huis?
Bly uit elektriese substasies
Moenie aan enige transmisielyne raak of daar naby gaan nie
Moenie onder kragkabels speel of vuur maak nie
Moenie langvoorwerpe onder kragkabels deur dra nie
Moet nooit op kragmaste klim nie
Wat doen ‘n brandbestryder?
Hy is opgelei om vure te blus.
Wat is die funksie van ‘n skakelaar?
Beheer die vloei van ‘n stroombaan
Wat gebeur by die elektrisiteitskas?
Die elektriese drade ban die substasie word hier aan die bedrading van die gebou gekoppel.
Gewoonlik ‘n meter om te meet hoeveel elektrisiteit gebruik word
Veiligheid skakelaar
Wat gebeur by die substasie?
Die sterkte van die elektrisiteit word verander.
Sterker maak om ver afstande te beweeg of minder sterk vir huise se veilige gebruik.
Wat is transmisielyne?
Dit is dik metaal kabels waardeur daar elektriiteit vloei vanaf die kragsentrales na die plekke van gebruik.