Onderwerp 4 Kwartaal 1 Flashcards
Soorte nywerhede
- Sektore: primêr, sekondêr, tersiêr
- Verskillende produksieprosesse
- Insette/uitsette of hulpbronne/produkte
Primêre sektor behels
- Onverwerkte grondstowwe (minerale, bome, boerderyprodukte)
- Produk is gewoonlik eenvoudig
- Hout, onverwerkte vrugte of groente, verskeie metale
Sekondêre sektor behels
- Vervaardiging van produkte
- Uit produkte wat in die primêre sektor of ander sekondêre nywerhede vervaardig is
- Inmaakfabrieke, motorfabrieke, klerefabrieke
Tersiêre sektor behels
- Dienste wat ekonomie ondersteun
- Soos verkope en verspreiding van artikels wat in sekondêre sektor produseer is
- Vervoer, koerierdienste, rekenaarnetwerkdienste
Primêre sektor samestelling
- Landbou: kweek van gewasse/diere
- Mynbou: ontginning van minerale
- Bosbou en vissery: insamel van produkte (hout en seekos)
Primêre sektor def
- Primêr: eerste stadium of proses
- Nywerhede wat grondstowwe uit natuur verkry
- Produkte van die sektor kan net so aan verbruiker gelewer word of as inset vir sekondêre sektor dien waar dit verwerk word
- 2 tipe bedrywighede: geneties en eksploitatiewe werksaamhede
- Genetiese werksaamhede
o Kan aan die natuur teruggegee kan word wat daaruit geneem is
o Bosbou, boerdery
- Eksploitatiewe werksaamhede
o Kan nie aan natuur teruggee word wat daaruit geneem is nie
o Mynbou, vissery
Ekonomiese belangrikheid van die primêre sektor
- verskaf minerale en voedsel
- verskaf grondstowwe vir sekondêre sektor
- lei werrkers op en werksgeleenthede
- verdien buitelandse valuta
- dra by tot BBP
- bron van kapitaalvorming
- bron van staatsinkomste
- stimulering van navorsing en ontwikkeling
- positiewe invloed op infrastruktuur
sekondêre sektor
- Nywerhede wat nhb omskep in ‘n vorm wat geskik is vir menslike gebruik
- Vervaardiging: prosesse wat gebruik word om grondstowwe in verbruiksgoedere te verander
- Motorvervaardigers en voedselverwerkingingsnywerhede
samestelling van sekondere sektor
- Konstruksie
- Vervaardigingsnywerhede
- Elektrisiteit-, gas en watervoorsiening
Ekonomiese belangrikheid van sekondêre sektor
- skep werksgeleenthede
- belangrike bydra tot - BBP
- verdien buitelandse valuta
- bied belangrike beleggignsgebied
- waarborg ekonomiese onafhanklikheid
- waarborg strategiese belangrikheid in Afrika
Tersiêre sektor
- Verskaf dienste en versprei goedere/maak dit beskikbaar
- Dienstesektor
- Alle openbare, kommersiële en professionele dienste
- Vervoerdienste en finansiële dienste
Samestelling van die tersiêre sektor
- Kommersiële dienste
- Persoonlike dienste
- Vervoerdienste
- Bank- en finansieringsdienste
- Kommunikasiedienste
- Bergingsdienste
Ekonomiese belangrikheid van tersiêre sektor
- bydra to BBP
- bron van inkomste vir staat
- skep werksgeleenthede
- skep ‘n mark vir verbruiksprodukte
Infrstruktuur
- Kommunikasie, vervoer en ander infrastruktuur vorm die ruggraat van ekonomiese bedrywighede in enige land
- Land se infrastruktuur verseker dat die produksiefaktore (soos verbruiksgoedere en dienste) op die regte plek op die regte tyd beskikbaar is
o Kommunikasie
o Vervoer
o Energie
Kommunikasie
- Baie vooruitgang in kommunikasie in afgelope paar dekades
- Wêreld het toenemend ‘n kleiner plek geword
o Supervinnige internet
o Satellietkommunikasietegnologie
o Goedkoop, betroubare, draagbare telefone - Maak dit moontlik vir mense om enige plek in wêreld sake te doen
- Sonder om fisies by die verkoopspunt of plek van onderhandeling teenwoordig te wees
Ekonomiese belangrikheid van kommunikasie
- Bron van werkverskaffing op alle arbeidsvlakke
- Maak belangrike bydra tot BBP van ‘n land
- Inligting word deur kommunikasie bekom, wat entrepreneurs help om die regte sakebesluite te neem
- Selfone en tegnologie het entrepreneurs in afgeleë en plattelandse gebiede van die land in staat gestel om klein sakeondernemings te begin
Vervoer
- Die vervoersektor is die stukrag van alle ekonomiese bedrywighede in enige groeiende ekonomie
- Moet voortdurend opgradeer word
- Dit beteken belegging in paaie, sporweë, lughawens en hawens
- Soms beskou as 5de produksiefaktor
- Transnet verskaf ‘n omvattende spoorvervoerstelsel vir die SA sakewêreld
Ekonomiese belangrikheid van vervoer
- Bring verbruiker en vervaardiger bymekaar
- Verbeter lewenstandaard van binnelandse verbruikers
- Internasionale vervoerbande lewer waardevolle bydra tot land se BBP
- Projekte soos Gautrein en opgradering van internasionale lughawens spoor toerisme aan om land te besoek
- En om binnelands op ‘n vinnige, gemaklike, doeltreffende manier te reis
- Nuwe hawe by Koega naby Port Elizabeth het ‘n middelpunt vir nuwe sakeondernemings geskep wat by betalingvrye invoere kan baat
Energie
- Meeste mense se energiebehoeftes word voorsien deur die verskaffing van elektrisiteit wat genereer word deur kragstasies wat met steenkool gestook word
- Eskom is SA se elektrisiteitsverskaffer
- Traak om elektrisiteit aan huishoudings en sakesektor in SA te voorsien
Ekonomiese belangrikheid van energie
- Belangrik vir funksionering van moderne samelewing
- Energie vir huishoudings, nywerhede, vervoer en sakewêreld
- Ennergieverskaffingsprobleem in SA sedert 2005 het weer eens beklemtoon hoe afhanklik die sakewêreld, huishouding en staat van elektrisiteit is
- Verkry van verskillende bronne, verbranding van hout, steenkool, olie, paraffien, gas / kernkragsentrales en hidroëlektriese aanlegte
- Gebruik van tegnologie vir ontwikkeling van hernubare energiebronne soos wind/son/golfenergie is een van die groeisektore wat deur die staat geïdentifiseer is
Uitsluiting en diskriminasie t.o.v. diensverskaffing (toegang tot ekonomiese geleenthede
- Beleide van ou Apartheidsregering het gelei tot ongelykhede in die samelewing, veral ten opsigte van swart mense wat uitgesluit was van volle deelname aan die verskillende sektore van die ekonomie
- Baie swart mense is benadeel ten opsigte van die voorsiening van dienste en infrastruktuur
- Gemeenskappe het in armoede geleef, meestal sonder lopende water en elektrisiteit
- Die regering poog sedert 1994 om die maatskaplike en ekonomiese ongeregtighede van die verlede reg te stel
- Deur verskeie swart ekonomiese bemagtigingsprogramme en regstellende aksie in die werkplek te implementeer
- Met die klem op die behoeftes van die voorheen benadeeldes
HOP
Heropbou- en Ontwikkelingsprogram: doel is om die agterstand in diensverskaffing reg te stel, insluitend die voorsiening van behuising, water, paaie, onderwys en gesondheidsdienste
nog voorbeelde
o Die werkfonds wat in 2011 gestig is en deur die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika bestuur word, daarop gemik om binne 3 jaar 150 000 werksgeleenthede te skep
o In gebiede van SA waar konvensionele elektrisiteit nog nie voorsien word nie, is staatsgesubsidieerde sonpaneel en sonkrag-warmwatersilinders by huise geïnstalleer om van die krag van die son gebruik te maak om hierdie huise van elektrisiteit te voorsien