Newton se wette Flashcards
Statiese wrywingsformule
fsmaks = u^s * N
Kinetiese wrywingsformule
fk = Uk * N
Newton se Eerste Wet
;n Liggaam sal in sy tostand van rus of beweging teen konstante snelheid volhard, tensy ‘n netto krag daarop inwerk.
Newton se Tweede Wet
Wanneer ‘n netto krag op ‘n voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag teen ‘n versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.
Newton se Derde Wet
Wanneer een liggaam ;n krag op ‘n tweede liggaam uitoefen, oefen die tweede liggaam ‘n krag gelyk in grootte en teenoorgesteld in rigting op die eerste liggaam uit.
Newton se Universele Gravitasiewet
Elke liggaam in die heelal trek elke ander liggaam aan met ‘n krag direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hul middelpunte.
Formule vir gravitasieversnelling
g = Gm/r^2