Momentum en Impuls Flashcards
Wat is momentum
Produk van ‘n voorwerp se massa en sy snelheid
Wat is die formule vir momentum
p(kg.m.s-1) = m(kg) * snelheid(m..s-1)
Wat is die formule vir verandering in momentum?
Verandering p = mvf - mvi
Definieer Newton se Tweede Wet i.t.v. momentum
Die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering in momentum
Fnet = Verandering p/Verandering t
Wat is impuls
Die produk van die krag en tyd wat die krag toegepas word.
Impuls = Fnet * Verandering t
Verduidelik die impuls-momentumstelling
Impuls = Verandering in momentum
Hoe beskerm lugsakke en frommelsones passassiers tydens ‘n botsing?
Tydens die ongeluk bly verandering in momentum konstant.
Fnet is omgekeerd eweredig aan die kontaktyd.
Lugsakke verhoog kontaktyd m.a.w. verminder die netto krag en verminder beserings
Hoekom kan tennisspeleres deurswaaie gebruik om verder te slaan?
Fnet bly konstant
Verandering in momentum is direk eweredig aan kontaktyd.
Om deur te swaai verhoog kontaktyd wat verandeering in momentum verhoog.
Die massa en die beginsnelheid bly konstant; dus verhoog die eindsnelheid
Hoe werk ‘n mens impuls uit vanaf ‘n grafiek?
Die area onder die krag-tydgrafiek = Impuls
Wat is ‘n geisoleerde stelsel
‘n Stelsel wat geen netto eksterne krag ondervind nie.
Wat is ‘n botsing?
‘n Wisselwerking tussen twee of meer voorwerpe waartydens hulle ‘n krag op mekaar uitgeoefen vir ‘n sekere tydinterval.
Definieer die Wet van Behoud van Momentum
Die totale linieere momentum bly konstant in grotte en rigting in ‘n geisoleerde stelsel
Elastiese botsing
‘n Botsing waartydens momentum en kinetiese enerhie behoue bly.
Onelastiese botsings
Botsings waartydens momentum behoue bly maar nie kinetiese energie nie.
Volkome onelastiese botsing
Wanneer twee voorwerpe na ‘n botsing aanmekaar vassit en saam verder beweeg met dieselfde eindsnelheid