Arbeid, Energie en Drywing Flashcards
Arbeid
W = F * verplasing * cos(theta)
Arbeid-energiestelling
Die netto arbeid verrig op ‘n voorwerp is gelyk aan die verandering in kinetiese energie van die voorwerp
Konserwatiewe krag
‘n Krag waarvan die netto arbeid verrig deur die krag om ‘n voorwerp langs ‘n geslote pad te beweeg, wat begin en eindig by dieselfde punt, nul is.
Nie-konserwatiewe krag
‘n Krag waarvan die netto arbeid verrig deur die krag om ‘n voorwerp langs ‘n geslote pad te beweeg, wat begin en eindig by dieselfde punt, nie nul is nie.
Behoud van meganiese energie
Die totale meganiese energie in ‘n geslote sisteem bly konstant.
Arbeid-energiestelling in die algemene vorm
Die arbeid verrig deur nie-konserwatiewe kragte wat op ‘n voorwerp inwerk is gelyk aan die voorwerp se verandering in meganiese energie
Drywing
Die tempo waarteen arbeid verrig word of energie verbruik word.
P = W/verandering in tyd