Momentum en Impuls Flashcards
Momentum
Die momentum van ‘n voorwerp is die produk van die voorwerp se massa en snelheid.
Newton se tweede wet in terme van momentum
Die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering in momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag
Impuls
Die produk van die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk en die tyd wat dit inwerk
Die wet van behoud van momentum (1)
Die totale momentum van ‘n geslote sisteem bly konstant
Die wet van behoud van momentum (2)
In ‘n geslote sisteem is die vektorsom van die liniêre momentum voor ‘n botsing of ontploffing gelyk aan die vektorsom van die liniêre momentum na die botsing of ontploffing
Elastiese botsings
‘n Botsing is volkome elasties as die totale kinetiese energie van die sisteem net voor die botsing dieselfde is as die totale kinetiese energie van die sisteem na die botsing
Geslote sisteem
‘n Sisteem waarop geen eksterne kragte van buite die sisteem op die voorwerp inwerk nie. Eksterne kragte is kragte soos wrywing, lugweerstand, remme, aandrywing van ‘n enjin, ens.
Stelsel of sisteem
Klein gedeelte van healal wat beskou word wanneer ‘n spesifieke probleem opgelos word
Buite sisteem = omgewing
Interne kragte is in sisteem: bv botsing van voirwerpe
Esterne kragte van buite sisteem. Vektorsom nul: sisteem is geslote/ geïsoleerd
Onelastiese botsings
Permanente koppeling vind plaas. Kinetiese energie neem af tydens botsing, aangesien dit omgeskakel word in hitte en klank