Golwe, Klank en Lig Flashcards
Die Doppler-effek
Die skynbare verandering in die frekwensie van ‘n golf wanneer die bron van die golf en die waarnemer relatief tot mekaar en tot die medium waardeur die golf voortgeplant word beweeg.
Golflengte
Die afstand tussen twee opernvolgende punte wat in fase is. Word gemeet in meter.
Frekwensie
Aantal heelgolwe wat elke sekonde by ‘n gegewe punt op die pad van ‘n golf verbybeweeg. Gemeet in Herz.
Amplitude
Verplasing vanaf die rusposisie.
Puls
Eenmalige versteuring binne ‘n medium.
Golf
Aanhoudende versteuring wat voortgeplant word deur middel van pulse.
Periode
Tyd wat dit neem vir een golf om te voltooi
Golfspoed (v)
Hoe vinnig die golf beweeg in ‘n bepaalde medium.
Transversale golwe
Golwe waar die kruine en trôe loodreg is op die rigting waarin die golf voortbeweeg. Bv. lig golwe, watergolwe
Longitudinale golwe
Golwe waarin die kruine en trôe parallel aan die rigting van voortplanting is, soos klankgolwe.
Doppler effek vir klank
Verandering in frekwensie van die klank waargeneem deur die luisteraar omdat die klankbron en die luisteraar verskillende snelhede relatief tot die medium waarin die klank voortgeplant word het.