Gr. 11 Werk Flashcards
Vektor
Fisiese hoeveelheid met grootte, eenheid en rigting
Skalaar
Fisiese hoeveelheid met grootte en eenheid, maar geen rigting
Resultant
Netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk. Vektorsom van al die kragte wat op ‘n voorwerp inwerk.
Krag
Trek of ‘n stoot
Kontakkrag
Krag, wanneer twee voorwerpe wat kragte op mekaar uitoefen, aan mekaar raak
Wrywingskrag
‘n Kontakkrag uitgeoefen wanneer twee voorwerpe raak en probeer om oor mekaar te beweeg.
Normaalkrag
Krag wat deur die oppervlakte waarop ‘n voorwerp rus, uitgeoefen word
Spankrag
Die krag in ‘n kabel of tou wanneer ‘n krag daarop toegepas word
Wrywingskoëffisiënt
Die faktor van grofheid, wat die mate bepaal waarin twee oppervlaktes mekaar beïnvloed
Statiese wrywing
Die wrywingskrag van een oppervlakte op ‘n ander wanneer daar geen relatiewe beweging tussen die voorwerpe is nie
Kinetiese wrywing
Die wrywingskrag wat ‘n oppervlakte op ‘n voorwerp uitoefen wanneer die voorwerp beweeg.
Newton 1
‘n Voorwerp sal in ‘n toestand van rus bly of teen ‘n konstante snelheid bly voortbeweeg, tensy ‘n eksterne netto krag daarop inwerk.
Newton 2
As ‘n netto krag op ‘n voorwerp inwerk, sal die voorwerp in die rigting van die netto krag versnel. Die versnelling is direk eweredig aan die netto krag wat inwerk en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp
Newton 3
Indien voorwerp A ‘n krag op voorwerp B uitoefen, sal voorwerp B ‘n gelyke krag in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uitoefen
Universele gravitasiewet
Tussen enige twee voorwerpe in die heelal met massa, bestaan daar ‘n gravitasie aantrekkingskrag. Die krag is direk eweredig aan die produk van die massas van die voorwerpe en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen die massamiddelpunte van die voorwerpe.