Fotoelektriese Effek Flashcards
1
Q
Foton
A
‘n Presiese hoeveelheid energie, ‘n kwantum, geassosieer met elektromagnetiese straling.
2
Q
Fotoelektriese effek
A
Die proses waardeur elektrone uit ‘n metaaloppervlak vrygestel word wanneer lig van geskikte frekwensie invallend op die oppervlak is. (Wanneer metaal met EM golf wat ‘n toepaslike frekwensie het, bestraal word)
3
Q
Werksfunksie
A
Die minimum hoeveelheid energie wat benodig word vir ‘n elektron om uit die oppervlak van ‘n metaal vrygestel te word.
4
Q
Drumpelfrekwensie
A
Die minimum frekwensie lig benodig om elektrone uit ‘n sekere metaaloppervlak vry te stel.
(Afsnyfrekwensie)