Inligtingbestuur Flashcards
Noem een hulpmiddel of metode wat gebruik kan word om mense se sieninge en menings oor ‘n gegewe onderwerp te verky.
- Vraelys/ meningsopname
- onderhoude( telefonies of aangesig tot aangesig)
Gee twee voordele van die gebruik van die internet vir navorsing in vergelyking met die gebruik van gedrukte media.
- Data is reeds in digitale formaat
- inligting kan meer op datum wees
- kan moontlik met die bron in interaksie tree
- vinniger/ geriefliker
- multemedia kenmerke
- minder fisiese stoorplek nodig
- meer omgewingsvriendelik
Verduidelik wat bedoel word met ‘n geslote vraag.
Daar is net een moontlike antwoord.
Gee twee voordele van die gebruiker van geslote vrae wanneer navorsing gedoen wors, gesien vanuit die navorser se oogpunt.
- makliker/ vinniger om die antwoord op ‘n rekenaar te tik.
- makliker om die antwoorde elektronies, bv. sigblad verwerk.
- waarskynliker dat dei respondente die vraelys sal voltooi
- navorser kan die antwoorde beperk.
- minder kans dat hulle irelevante antwoorde kan gee.
Die antwoorde op die vrae sal op ‘n databasis ingevoer word. Verduidelik hoekom ‘n teks datatipe nie gebruik behoort te word nie, gee die korrekte datatipe wat gebruik behoort te word.
- kan nie in berekeninge gebruik word nie
- kan nie numeries gesorteer word nie
- moeilik/ onmoontlik om kriteria in Access -navraag op te stel ens
Korrekte datatipe is = NUMBER
Dit is partykeer beter om ‘n sigblad as ‘n datatbasis te gebruik om data te ontleed en aan te bied. Gee een rede hiervoor , behalwe die feit dat sigblaaie grafieke en voorwaardelike formatering het.
- sigblad is ontwerp om met getalle te werk
- groter verskeindenheid van statistieke
- makliker en vinniger om what if scenarios en neigings te toets.
- pasgemaakte formaterings funksies.