Hoofstuk 8- Die Voortplantingstelsel Flashcards
Wat is die doel van voortplanting
Om oorsprong te gee aan ‘n nageslag van dieselfde soort en sodoende te verhoed dat die spesie uitsterf
Beskryf puberteit
Stadium in die menslike lewensiklus waartydens ‘n kind se liggaam fisiese veranderinge ondergaan sodat die geslagsorgane ryp word en die liggaam gereed is om voor te plant
Hoe word testosteroon by seuns vrygestel
Pituïtêre klier stel hormone vry in die bloedstroom wat die testis stimuleer
Wat is die reaksie op testosterone
Die stem verdiep want die larinks vergroot en stembande word langer
Pubiese hare en sigbare gesighare, asook meer hare op dele soos die borskas, rug bene en onderarms
Penis vergroot
Borskas en skouers vergroot
Groter spiersontwikkeling
Begin vinnig groei en word gewoonlik langer as vrouens
Hoe word estrogene vrygestel
Pituïtêre klier stel hormone vry in die bloedstroom wat die ovariums stimuleer
Wat is die reaksie op estrogeen
Ontwikkeling van borste
Pubiese hare en sigbare onderarmhare
Vetneerslae gee die kenmerkende vroulike vorm
Pelvis vergroot
Ovulasie kom voor
Menstruasie begin
Waaruit bestaan die manlike voortplantingstelsel
Testes
Kliere
Spermbuise
Penis
Wat is die skrotum
‘n sakagtige orgaan onder die penis waarin die testis voorkom
Ken 3 paragrawe van die testes op bl. 83
Beskryf die vas deferens
Volwasse spermselle word deur spier sametrekkings vervoer na die vas deferens. Die vas deferens verbind die testes met die uretra. Sperm word gevoed en tydelik gestoor in die epididimides en die vas deferens
Noem die kliere in die manlike voortplantingstelsel
Seminale vesekels
Prostaatklier
Cowperkliere
Ken sketse op p. 84 en 85
Watter funksie verrig die vloeistof wat die manlike kliere afskei, gee ook die naam daarvoor
Semen:
Voorsien voedingstowwe aan sperm
Aktiveer sperm beweging
Vervoer spermselle
Neutraliseer sure in die uretra en vagina
Dien as lubrikant
Beskryf die penis
Dis ‘n silindriese orgaan wat voor die skrotum aan die liggaam hang. Dit bestaan uit drie silindriese kolomme, sponsagtige erektiele weefsel. Hierdie weefsel bestaan uit bloedspasies
Wat is ereksie
Wanneer ‘n man seksueel geprikkel word, word bloedvloei na die penis verhoog deur senuwee reflekse en die bloed spasies word gevul met bloed. Die penis word styf en vergroot
Wat is die penis se werk
Dra semen oor na die vrou tydens seksuele omgang
Wat is ejakulasie
Refleksasie waartydens semen deur die uretra uitgeskei word
Waaruit bestaan die vroulike voortplantingstelsel
Ovariums
Uterus
Ovidukte
Vagina
Beskryf die ovariums in terme van waar dit is en wat dit doen
2 ovariums is geleë in die onderste gedeelte van die buikholte aan weerskante van die uteris langs die openinge van die buise van fallopius
Eierstokke produseer estrogeen en Progesteroon
Dit produseer ook eierselle en een eiers word gewoonlik elke 28 dae geproduseer.
Wat is ovulasie
Wanneer ‘n eiersel deur die eierstok vrygestel word
Beskryf die ovidukte
Strek vanaf die uterus tot by die ovariums maar is nie vas aan die ovariums nie
Na ovulasie word die ovum in die ovidukt opgeneem m.b.v fimbria en silia
Bevrugting vind plaas in die ovidukte en daarna word die ontwikkelende sigoot na die uteris vervoer deur silia en speirsametrekkings
Ken 3 paragrawe van uterus op p. 86
Beskryf die serviks
Dit is die nou punt van die uterus. Dit is geslote behalwe wanneer die vrou menstrueer, ovuleer of tydens geboorte
Wat is die vagina
‘n Gespierde kanaal wat na buite open. Dit ontvang semen tydens seksuele omgang