Hoofstuk 2- Voeding En Spysvertering Flashcards
Waarvoor benodig alle lewende organismes voedsel
- Groei
- Energie
- Gesondheid
- Herstel
Watter organe vorm deel van die spysverteringskanaal
Mond
Slukderm (esofagus)
Maag
Dunderm
Dikderm
Anus
Wat is die ondersteunende organe in die spysverteringstelsel
Tande
Tong
Speekselkliere
Lewer
Pankreas
Galblaas
Wat is die funksie van die spysverteringstelsel
Om organiese voedsel af te breek in eenvoudiger vorme sodat dit deur die selle gebruik kan word vir lewensprosesse
Wat is die hoof prosesse wat moet plaasvind sodat voedsel gebruik kan word deur selle
- Ingestie
- Vertering
- Absorpsie
- Assimilasie
- Egestie
(In volgorde)
Wat is ingestie
Groot stukke voedsel word deur die mond ingeneem
Wat is vertering
Die meganiese en chemiese afbreek van organiese voedselverbindings tot in hul eenvoudigste vorms
Noem en beskryf die twee tipes vertering
Meganiese vertering
Die fisiese afbreek van voedsel
Chemiese vertering
Die afbreek van voedsel deur middel van spysverteringsappe en verteringsensieme
Wat is mastikasie en peristalse
Twee baie belangrike voorbeelde van meganiese vertering:
Mastikasie is die kouproses
Peristalse is die golwende spiersametrekkings wat plaasvind in die esofagus maag dunderm en dikderm
Noem voorbeelde van chemiese vertering
Soutsuur en water in maagsappe
Gal en pankreassap in die dunderm
Spysverteringsensieme in speeksel maagsappe en dermsap
Wat is absorpsie
Nadat kos verteer is word dit deur die wand van die alimentere kanaal (spysverteringskanaal) in die bloedstroom opgeneem om na liggaamselle vervoer te word
Waar vind die grootste gedeelte van vertering en absorpsie plaas
Ongeveer 90% van alle voedingstowwe word in die dunderm geabsorbeer
Leer 6 punte op bladsy 15 oor hoe die dunderm aangepas is om sy funksie te kan verrig
Wat is assimilasie
Voedingstowwe word vanuit die bloed in liggaamselle opgeneem om gebruik te word vir lewens prosesse soos groei beweging ens.
Wat is egestie
Vesel en ander onverteerde reste (feses) word deur die anus uitgewerp deur ‘n proses wat defikasie (stoelgang) genoem word
Noem die drie dele waaruit die dikderm bestaan
- Sekum
- Kolon
- Rektum
Noem die vier dele waaruit die kolon bestaan
- Stygende kolon
- Transversale kolon
- Dalende kolon
- Sigmoid kolon
Noem die funksies van die dikderm
- Absorbeer water en elektroliete
- Produseer vitamiene en absorbeer sekere vitamiene
- Produseer mukus om die beweging van feses te vergemaklik
- Vorm feses en werk dit uit deur die anus
Leer sketse op 2de bladsy in skrif
Done?
Wat is ‘n dieët
Die voedsel en vloeistof wat daagliks ingeneem word
Wat is ‘n gebalanseerde dieët
‘n dieët wat bestaan uit die korrekte verhouding van al die voedingstowwe in die voldoende hoeveelhede, wat benodig word vir normale groei en goeie gesondheid
Wat is voedingstowwe of nutriënte
Chemiese verbindings wat oorbly nadat die vertering plaasgevind het en die liggaam selle gebruik kan word om die liggaam te voed
Noem en beskryf die sewe basiese voedingstowwe
Proteïene- Groei en herstel
Koolhidrate- Hoofbron van vinnige energie
Vette- Isoleer die liggaam
Beskerm organe teen skokke en stampe
Reservebron van energie
Vitamine- Normale groei en ontwikkeling
Hou liggaam gesond deur siektes en infeksies te bestry
Minerale- Normale groei en ontwikkeling
Water- Vervoer nittige- en afvalstowwe
Vesel- Voorkom hardlywigheid en sekere tipes kanker
Wat is wanvoeding
Onvoldoende, oormatige of ongebalanseerde voeding