Hoofstuk 3- Die Sirkulatoriese Stelsel Flashcards
Wat is die funksie van die sirkulatoriese stelsel
Vervoer nuttige stowwe soos nutriënte en suurstof na liggaamselle sodat sel respirasie en ander lewensprosesse kan plaasvind
Vervoer afval stowwe soos koolstofdioksied en oortollige water weg van liggaamselle sodat dit uitgeskei kan word
Noem die dele waaruit die sirkulatoriese stelsel bestaan
- Bloed- bloedselle, bloedplasma
- Bloedvate- are, slagare, kapilêre
- Die hart
Wat is bloed
Lewende weefsel wat in bloedvate deur die liggaam sirkuleer
Beskryf die voorkoms van bloed
Dis ‘n klewerige rooi vloeistof wat bestaan uit twee dele naamlik bloedplasma en bloedselle
Wat is bloedplasma
Die vloeistof deel van bloed wat hoofsaaklik ‘n rol speel tydens die vervoer van nutriente, afvalprodukte en gasse in die liggaam
Waar word bloedselle geproduseer
Beenmurg
Beskryf witbloedselle, gee ook hul ander naam
Leukosiete is groter as rooibloedselle. Dit het ‘n onreëlmatige vorm en besit selkerne. Hulle funksie is in die liggaam teen infeksies te verdedig
Beskryf rooibloedselle, gee ook hul ander naam
Eritrosiete is skyfvormig, buigsaam en besit nie selkerne nie. Die sitoplasma van hulle bevat hemoglobien wat yster bevat. Hemoglobien bind aan suurstof en vorm oksihemoglobien en koolstofdioksied en vorm karbaminohemoglobien. Die funksie van rooibloedliggaampies is dus om suurstof en koolstofdioksied deur die liggaam te vervoer
Beskryf bloedplaatjies gee ook hulle ander naam
Trombosiete is klein deeltjies van selle wat ‘n rol speel in bloedstolling
Noem die funksie van slagare, gee hul struktuur
Vervoer bloed onder hoë druk weg van die hart
Dit bestaan uit die dik gespierde elastiese wande om die hoë bloeddruk te weerstaan
Noem die funksie van are, gee hul struktuur
Are vervoer bloed onder lae-druk na die hart toe
Die wande van are is dunner en minder gespierd as die wande van die slagare. Kleppe in die are veroorsaak dat bloed slegs in een rigting vloei en verhoed sodoende dat bloed terug vloei
Beskryf kapilere bloedvate volledig
Slagare vertak om kleiner buisies genaamd kapilere te vorm. Die wande van kapilere is baie dun sodat die selle in noue kontak met die bloed is.
Suurstof en voedingstowwe kan dus maklik deur die wande van kapilere tot in die selle beweeg sodat sel respirasie kan plaasvind
Koolstofdioksied en afvalstowwe beweeg ook maklik deur die wande van kapilere tot in die bloed om verwyder te word hier ‘n proses wat bekend staan as ekskresie
Kapilere verenig weer om are te vorm wat bloed terug na die hart vervoer
Leer skets van kapilere netwerk om selle in skrif
Done?
Beskryf die uitwendige struktuur van die hart
Die hart is ‘n hol spierkragtige pomp orgaan wat bloed deur die hele liggaam pomp. Hy word omring deur ‘n membraan wat bekend staan as die perikardium
Beskryf die inwendige struktuur van die hart
Die hart word verdeel in ‘n linker en regterkant deur ‘n spier land wat die septum genoem word. Hart kleppe skei die hart se bo en onderkante. Die hart bestaan dus uit vier hartkamers.
Die regterkant van die hart vervoer slegs stuurstof arme bloed en die linkerkant vervoer slegs suurstofryke bloed
Beskryf die posisie van die hart
In die borsholte (torkas)
Net bo die diafragma
Tussen die longe
Agter die borsbeen (sternum)
Onderste punt effens na links
Gee die funksies van al die hart kamers
Regter atrium- Ontvang gedeoksigeneerde bloed vanaf selle
Regter ventrikel- Pomp gedeoksigeneerde na die longe
Linker atrium- Ontvang geoksigeneerde bloed vanaf die longe
Linker ventrikel- Pomp geoksigeneerde bloed na die selle
Leer lang vraag van bloedsirkulasie op bladsy 32 in handboek
Wat is long sirkulasie
Sirkulasie van die bloed vanaf die hart na die longe en terug na die hart
Wat is liggaam sirkulasie of sistemiese sirkulasie
Sirkulasie van die bloed vanaf die hart na die res van die liggaam selle en terug
Wat is hartklop, waar meet ‘n mens dit, wat is die gemiddelde rustende hartklop en wat is die instrument wat gebruik word om dit te meet
Aantal slae wat die hart per minuut saamtrek en ontspan
Word gemeet aan die kante van die tragea en op die polsgewrig
70-75
Stetoskoop
Wat is hoe bloeddruk gee die ander naam
Hipertensie is ‘n algemene toestand waarin die druk wat op slagare uitgeoefen word dikwels te hoog is
Noem en beskryf die drie hoof faktore wat die druk op die wande van slagare beinvloed
Kardiale omset- hoeveelheid bloed wat elke minuut deur die ventrikels uit die hart gepomp word
Bloedvolume- hoeveelheid bloed in die liggaam
Weerstand- enige iets wat werk teen die vloei van bloed
Noem en beskryf die drie weerstand faktore wat invloed het op die vloei van bloed
Buigsaamheid van die slagare se wande- gesonde slagare sit uit met elke hartklop om bloeddruk te verlaag
Deursnee van slagare- die liggaam kan die deursnee van die slagare vergroot of verklein volgens sy behoeftes
Digtheid van bloed- meer deeltjies in bloed soos proteïene en vet verhoog die digtheid, die hart moet harder werk om dik bloed deur die slagare te pomp