Hoofstuk 7- Die Senuweestelsel Flashcards
Noem die twee dele waaruit die senuweestelsel bestaan
Sentrale senuweestelsel (SSS)- brein en rugmurg
Perifere senuweestelsel (PSS)- senuwees
Ken alle sketse en gemerkte paragraaf op p. 70-71
Wat is neurone
Spesiale selle wat boodskappe in die vorm van elektriese impulse na en vanaf die sentrale senuweestelsel dra
Noem en beskryf die drie tipes neurone
Sensoriese neurone dra sensoriese senuïmpulse na die sss
Interneurone kom in die sss voor en:
Vorm in netwerk in die brein vir geheue, denke en taal
Gelei sensoriese impulse tussen sensoriese en motoriese neurone
Gelei senu-impulse tussen die brein en rugmurg
Motoriese neurone dra motoriese senuïmpulse weg van die sss na efektore
Wat is prikkels
Verandering in die omgewing wat waargeneem kan word
Leer lang vraag op bladsy 72 oor hoe reseptore geprikkel word
Noem die funksies van die senuweestelsel
Ontvang inwendige en uitwendige prikkels deur middel van reseptore en stuur ‘n boodskap in die vorm van sensoriese impulse na die sss
Som inligting op en verwerk dit
Genereer motoriese impulse wat terug na die effektore gestuur word sodat ‘n reaksie kan plaasvind
Wat stel die senuweestelsel ‘n mens in staat om te doen
Om inligting vanaf die sintuie te interpreteer en daarop te reageer
Beheer die liggaamstemperatuur
Beheer die aktiwiteite van alle ander stelsels
Beheer denke, beplanning en leerproses
Ken tabel oor sintuie op bladsy 74
Wat is homeostase
Die handhawing van die dinamiese balans in die liggaam. Alle stelsels in die liggaam is verantwoordelik om homeostase te handhaaf, byvoorbeeld temperatuur regulering
Wat is endotermiese en ektotermiese organismes
Endo- liggaams temperatuur is onafhanklik van die temperatuur van die omgewing soos mense en ander soogdiere
Ekto- liggaamstemperatuur wissel saam met die van die omgewing soos reptiele, amfibieë, visse en insekte
Waarvoor is die hipotalamus verantwoordelik
Om ‘n konstante liggaamstemperatuur te handhaaf. Dit is nie sensitief vir die omgewings temperatuur, maar slegs die temperatuur van die bloed
Watter veranderinge sal plaasvind as die liggaamstemperatuur te laag is
Bloedvate vernou
Sweetkliere word minder aktief
Hoendervleis kom voor
Senuwee-impulse sal na spiere gestuur word sodat die persoon begin bewe
Watter veranderinge sal plaasvind as die liggaamstemperatuur te hoog is
Bloedvate sit uit
Sweetkliere raak meer effektief want verdamping van sweet veroorsaak afkoeling
Erektorspiere in die vel ontspan sodat die hare plat lê en hoendervleis nie voorkom nie
Die liggaam hou op bewe
Doofheid is gedeeltelik of volslae gehoorverlies. Waardeur word dit veroorsaak
Ouderdom
Oorinfeksie by kinders
Medikasie/dwelms
Gifstowwe
Oorerwing
Omgewingsfaktore soos geraas en harde musiek