Hoofstuk 5- Die Spier-skeletstelsel Flashcards
Wat is osteologie
Die studie van bene
Wat is die skelet
Die interne raamwerk waaromheen die liggaam gebou word
Hoeveel bene is in ‘n volwasse mens en baba se liggaam
Volwasse- 206
Baba- 270
Wat is die grootste en kleinste been in die menslike liggaam
Groot- Femur
Klein- strapesbeentjie
Hoeveel persent van ‘n mens se liggaam bestaan uit die skelet
Dertig tot veertig persent
Noem die funksies van die skelet
Ondersteun die liggaam
Gee vorm aan die liggaam
Maak voortbeweging moontlik
Beskerm sekere organe
Noem en beskryf die drie tipes spierweefsel
Gladde spierweefsel- kom voor in die wande van interne organe en is onwillekeurig
Hartspierweefsel- kom slegs voor in die wande van die hart en is onwillekeurig
Skelet spierweefsel- is vasgeheg aan die skelet en is willekeurig
Noem die funksies van spiere
Maak beweging en voortbeweging moontlik deur saam te trek en ontspan
Speel ‘n belangrike rol in die stabilisering van gewrigte
Handhaaf die postuur van die liggaam
Beheer liggaamsopeninge (sfinkters)
Genereer hitte deur te bewe
Beskryf beweging van spiere
Wanneer ‘n spier verkort trek dit saam en wanneer ‘n spier langer word ontspan dit. Sametrekking van spiere is ‘n aktiewe proses omdat dit energie benodig
Ken skets op bladsy 54 en 55 van die spierskeletstelsel
Wat is antagonistiese spiere, gee ‘n voorbeeld
Dis ‘n paar spiere wat teenoorgestelde bewegings uitvoer bv. As die biseps saamtrek ontspan die triseps en andersom
Wat is kraakbeen
Elastiese bindweefsel wat in verskillende dele van die liggaam voorkom
Wat is die doel van kraakbeen
Hoe buise oop
Voorkom wrywing
Bied ondersteuning en absorbeer skok
Noem en beskryf die tipes kraakbeen
Tendons het spier aan been
Ligamente heg been aan been
Beskryf die twee tipes artritis
Osteo-artritis- kraakbeen in gewrigte begin afbreek en die genereer namate die persoon ouer word dit kom meestal voor in die hande, knieë, heupe en die werwelkolom
Rumatoïde arterites- die immuunsisteem val beenweefsel aan. Die membraan in die gewrigte verdik en ontsteek, die kraakbeen breek af en die bene verweer. Dit kan jongmense aantas en lei tot permanente misvormheid. Dit kom meestal voor in die polsgewrigte, hande, knieë enkels en voete.
Dit veroorsaak swelling en pyn in die gewrigte