Hoofstuk 6- Die Uitskeidingstelsel Flashcards
Noem die metaboliese afvalprodukte wat uit die liggaam verwyder moet word
CO2
Ureum
Oortollige soute
Oortollige water
Hitte
Wat is uitskeiding, gee die wetenskaplike naam
Ekskresie is die uitwerping van afvalstowwe deur die liggaam
Waarvoor is die uitskeidingstelsel verantwoordelik
Verwyder afvalstowwe uit die liggaam
Om ewewig tussen chemiese stowwe te handhaaf
Om die water en soutinhoud van die bloed en weefselvloeistof te reguleer
Noem die vier dele waaruit die uitskeidingstelsel bestaan
Asemhalingstelsel
Spysverteringstelsel
Urienstelsel
Vel
Beskryf die uitwendige bou van die niere, gee ook die posisie daarvan
Dis boontjievormige en donkerbruin van kleur, dit kom voor in die buikholte aan weerskante van die werwelkolom bo die heupbeen
Noem die funksies wat die niere verrig
Verantwoordelik vir die uitskeiding van uriene
Beheer die hoeveelheid water in die bloed en weefselvloeistof
Beheer die konsentrasie soute in die bloed en weefselvloeistof
Waaruit bestaan uriene
Water
Ureum
Mineraalsoute
Leer gemerkte paragraaf van niere op bladsy 63
Noem en beskryf die prosesse wat in die nier stelsel plaasvind
Filtrasie- die niere verwyder afvalprodukte soos water, soute en ureum uit die bloed en dit versamel in die filtraat
Herabsorpsie- bloedvate in die niere absorbeer weer nuttige stowwe soos glukose, water en minerale uit die filtraat
Urienvorming- oorblywende filtraat versameling klein buisies wat versamel buise genoem word. Uriene vloei deur die ureters tot in die urineblaas waar dit uitgeskei word deur die uretra
Beskryf die vel; waarvoor is dit verantwoordelik
Dit is die grootste orgaan en bedek die hele liggaam, dit is verantwoordelik vir die uitskeiding van sweet en dit straal hitte uit
Waaruit bestaan sweet
Water
Ureum
Soute
Hoe sweet ‘n mens
Afvalstowwe word deur die bloed na sweetkliere in die vel oorgedra. Dit beweeg deur die sweetkliere na die sweetbuise waar dit uitgeskei word op die oppervlakte van die vel deur sweetporieë. Water van sweet verdamp vanaf die oppervlakte van die vel en veroorsaak dat die liggaam afkoel.
Wanneer is die sweetkliere en niere meer aktief
Warm dag- sweetkliere
Koue dag- niere
Beskryf blaasinfeksie in terme van oorsake, simptome en behandeling
Die bakterie, E. coli, dring die liggaam binne deur die uretra en versprei tot in die blaas. Dit beskadig die blaas en uretra weefsel. Dit kan na die ureters versprei as dit nie behandel word nie
Dit is meer algemeen by vrouens aangesien die uretra korter is
Simptome sluit in die behoefte om gedurig te urineer en pynlike urinering
Dit word gewoonlik behandel met antibiotika
Beskryf nierversaking
Dis wanneer die niere normale funksies kan verrig as gevolg van siste wat op die niere vorm. Dit veroorsaak dat:
Afvalstowwe bou op in die liggaam
Die bloeddruk styg
Oortollige vloeistof word teruggehou
Nie genoeg rooibloedselle word geproduseer
Dit kan chronies of akuut wees