Hoofstuk 4- Die Respiratoriese Stelsel Flashcards
Noem die hooffunksie van die respiratoriese stelsel
Verskaf suurstof aan die liggaam en verwyder koolstofdioksied
Leer skets op p41 in handboek
Noem die vier dele waaruit die respiratoriese stelsel bestaan
Lugweë
Longe
Asemhalingspiere
Asemhalingbeheersentrum
Noem die dele waaruit die lugweë bestaan
Neusholte
Farinks
Larinks
Tragea
Brongi
Brongioli
Aveoli
Noem die funksies van kapilere, slymvliese en silia in die neusholte en tragea
Stof en kieme sit in slym vas
Slym is antisepties en beperk die verspreiding van kieme
Slym hou die lug klam sodat die membraan ‘n van die longe nie uitdroog
Bloedvate verwarm die lug en maak diffusie meer effektief
Silia vee slym en stof weg van die longe
Leer sketse van gaswisseling in die longe en gaswisseling tussen bloedselle in skrif
Done?
Wat is die farinks gee sy funksie
Dis ‘n gemeenskaplike holte waar die mondholte en neusholte bymekaar kom. Vanaf die farinks beweeg lug na die larinks en voedsel beweeg na die esofagus
Beskryf die larinks
Die larinks bestaan hoofsaaklik uit kraakbeen en huisves die stembande. Wanneer lig oor die stembande beweeg, vibreer dit en bring klank voort
Beskryf die tragea sê hoe dit aangepas is
Die tragea is ‘n buis wat versterk word deur c-vormige kraakbeenringe. Die kraakbeenringe hou die lugpyp oop selfs onder druk en bevorder dus die vrye beweging van lug na die longe.
Die tragea is effens afgeplat aan die agterkant waar die esofagus teen dit lê
Beskryf brongi
Die tragea verdeel in ‘n linker en regterbrongus wat onderskeidelik na die linker en regter long gaan
Beskryf brongioli
Dit is ‘n netwerk van fyn buisies wat vertak uit die brongi in die longe om elke deel van die longe te bereik. Brongiool sluit aan by die aveoli
Beskryf die posisie van die longe
Dit kom voor aan weerskante van die torkas en word geskei deur die ruimte waarin die hart voorkom
Beskryf die uitwendige bou van die longe
Dis twee sponsagtige elastiese organe wat gebruik word vir asemhaling deur uit te sit en in te krimp. Dit is keelvormig en ligpienk omdat daar groot hoeveelhede bloedvate in die longe voorkom. Die regterlong bestaan uit drie lobbe en die linkerlong uit twee. Hulle word omring met ‘n dubbele membraan genaamd die pleura wat die longe beskerm teen uitdroging
Beskryf die inwendige bou van die longe
‘N brongus gaan elke long binne en vertak om brongioli te vorm. Brongioli versprei om elke deel van die longe te bereik en eindig in ‘n klein longsakkie. Die longsakkie bestaan uit blasies wat alveoli genoem word en word omring deur kapilêre bloedvate.
Waardeur word die longe alles beskerm
Die ruggraat agter
Ribbes aan weerskante
Borsbeen voor
Diafragma onder
Omring deur ‘n dubbele membraan
Beskryf die asemhalingspiere
Dit sluit die diafragma en tussenribspiere in en beheer die druk in die longe
Beskryf die asemhaling sentrum
Die medulla oblongata in die basis van die brein beheer die asemhalingsproses, die tempo en die diepte van asemhaling
Noem die prosesse in die respiratoriese stelsel
Asemhaling
Diffusie
Gaswisseling
Beskryf asemhaling
Dis ‘n aktiewe proses waarby spiere saamtrek en ontspan sodat lug gereeld vanaf die uitwendige atmosfeer na die longe en vanaf die longe na buite kan vloei
Ken tabel van inaseming en uitaseming op bladsy 45 in handboek
Wat is diffusie
Die spontane beweging van deeltjies vanaf ‘n hoë konsentrasie na ‘n lae konsentrasie tot ewewig bereik word
Wat is gaswisseling
Die proses waar die uitruiling van gasse plaasvind deur middel van diffusie
Waar vind gaswisseling plaas
Tussen alveoli en die bloed
Leer twee langvrae van gaswisseling in die longe en gaswisseling in selle op bladsy 46 en 47 in handboek
Beskryf brongitis noem die twee tipes
Brongitis is ‘n bakteriële infeksie. Rook of die inaseming van besoedelde lug verhoog die slymafskeiding en verlaag die silia werking in brongi. Slym in keel hoop op in die lugweë en vernietig die wandweefsel
Akute brongitis- duur minder as drie weke met hoes as hoofsimptoom
Chroniese brongitis- duur langer as drie maande vir minstens twee jaar met simptome soos erge hoes terwyl slym afgeskei word, fluitende asemhaling en kortasem
Beskryf asma in terme van oorsake, hoe dit werk en behandeling
Asma is ‘n siekte van die lugweë wat voorkom as gevolg van omgewings of genetiese faktore
Die wande van die brongi en brongioli is sensitief en raak spasties en ontsteek. Dit veroorsaak dat die wande vernou. Mukus word geproduseer wat die lugweë verstop en die aangetaste persoon haal dan moeilik asem en begin hoes
Dit word behandel met medikasie wat inflimasie voorkom en die lugwee weer oopmaak
Beskryf asbestose
Asbestose is ‘n long siekte wat veroorsaak word deur die inaseming van asbesvesels. Die asbes vesel kan letselweefsel in die longe veroorsaak. Die letselweefsel veroorsaak dat die longe nie normaalweg kan uitsit en inkrimp. Die erns van die siekte hang af van hoe lank die persoon aan asbes blootgestel was en die hoeveelheid wat ingeasem is
Beskryf longkanker
Longkanker is gewasse in die longe en lugweë wat veroorsaak word deur onbeheerbare, pynvolle seldeling. Byna alle tipes longkanker word veroorsaak deur te rook omdat die gifstowwe in sigarette die selle in die longe beskadig en gewasse veroorsaak. Gewasse verklein die oppervlakte waar gaswisseling kan plaasvind. Behandeling vir longkanker is gewoonlik onsuksesvol. Die kanker versprei ook later na die res van die liggaam.
Beskryf tuberkulose
Dit word veroorsaak deur ‘n aansteeklike bakterieë wat ingeasem word en dit breek long weefsel af wat lei tot hewige hoesbuie. Bloed word gehoes omdat kapilere bloedvate bars. Gewigsverlies kom ook voor