Hoofstuk 1- Selle Flashcards
Wat is ‘n sel
Die basiese strukturele funksionele en biologiese eenheid waaruit die liggame van lewende organismes bestaan
Waarvoor staan sitologie en wat beteken dit
Sito- sel
Logie- studie
Dis die gedeelte van lewenswetenskap wat te doen het met die studie van selle in terme van struktuur funksie en chemie
Hoe kan ons selle waarneem
Selle is te klein om met die blote oog waargeneem te word en daarom moet ons ‘n mikroskoop gebruik. Selle is dus mikroskopies
Wat is organelle en hoe neem ons hulle waar
Organelle staan vir “klein orgaan” en is die strukture waaruit ‘n sel bestaan. Dit kan slegs met ‘n ligmikroskoop waargeneem word maar kleiner organelle kan slegs met ‘n elektron mikroskoop bestudeer word
Leer sketse van selle op eerste bladsy in biologie skrif
Wat is ‘n specimen
‘N gedeelte van ‘n heel wat geneem word om wetenskaplik bestudeer te kan word
Noem die drie dele waaruit ‘n mikroskoop skyfie bestaan
- Voorwerpglasie
- Voorwerp (specimen)
- Dekglasie
Wat is ‘n selmembraan
Dis lewendig en buigsaam, sy funksie is om die inhoud van die sel te omsluit. Dit beheer ook die stowwe wat in en uit die sel beweeg
Wat is sitoplasma
‘n jelly-agtige lewendige vloeistof waarin organelle voorkom. Die selmembraan vorm deel van die sitoplasma
Wat is ‘n vakuool en waaruit bestaan dit
Organel wat bestaan uit tonoplas en selsap. Hul hooffunksie is om nutriënte te stoor wat ‘n sel benodig om te oorleef. Dit stoor ander afvalstowwe om die res van die sel te beskerm teen kontaminasie. Die vakiool gee vorm aan die sel en verleen steun daaraan.
Wat is ‘n mitochondrion, beskryf ook selrespirasie
Dis die organel wat energie verskaf aan die sel deur middel van ‘n proses genaamd selrespirasie. Vir selrespirasie om plaas te vind moet glukose en suurstof na die mitochondria vervoer word om deur ‘n chemiese proses omgeskakel te word in water, koolstofdioksied en energie(hoofproduk).
Waarvan hang die hoeveelheid mitochondria in ‘n sel af, gee ‘n voorbeeld
Van die funksie van ‘n sel, byvoorbeeld ‘n spier sel moet baie mitochondria bevat omdat dit baie energie benodig om saam te trek
Wat is ‘n selwand
Bestaan uit sellulose wat nie-lewend sterk en rigied is. Alle onoplosbare stowwe kan gewoonlik deur die selwand beweeg, daarom is dit steeds die verantwoordelikheid van die selmembraan om te beheer watter stowwe in en uit die sel beweeg. Die selwand gee die plant ‘n vaste vorm en verleen sterkte daaraan, dit beskerm ook die inhoud van die sel teen besering
Wat is chloroplas, waar kom dit voor
Dit kom slegs voor in fotosinterende dele van plante dit bevat die groen pigment chlorofil. Fotosintese vind in die chloroplaste plaas. Vir fotosintese om te kan plaasvind word water deur die plantwortels opgeneem en vervoer na die chloroplaste. Koolstofdioksied word opgeneem deur huidmondjies en ook vervoer na die chloroplaste. Chlorofil absorbeer lig energie van die son en die energie is nodig om deur middel van ‘n chemiese reaksie suurstof en glukose te vorm.
Leer tabel van verskille tussen plant en dierselle op bladsy 5 in biologie handboek
Gee die woord vergelyking vir selrespirasie
Suurstof + glukose –> water + koolstofdioksied + energie
Gee die woord vergelyking vir fotosintese
Water + koolstofdioksied + energie –> suurstof + glukose
(Chlorofil op –>)
Gee die chemiese formule vir suurstof, glukose, water en koolstofdioksied
Suurstof- O²
Glukose- C⁶H¹²O⁶
Water- H²O
Koolstofdioksied- CO²
(Getalle kom klein onder letters voor, nie bo)
Hoe vorm stamselle in mense
Wanneer ‘n spermsel en eiersel saamsmelt en ‘n sigoot vorm. Uit die sigoot vorm die verskillende selle van die liggaam. Die oorspronklike selle staan bekend as stamselle
Wat is seldifferensiasie
Die verandering in ‘n sel se bou sodat dit ‘n spesifieke funksie kan verrig
Wat is ensieme
Chemiese stowwe wat verskillende prosesse in selle beheer
Wat is ‘n eensellige organisme
‘N organisme wie se liggaam uit slegs ‘n enkele ongedifferensieerde sal bestaan wat al die lewens funksies van die organisme uitvoer
Wat is ‘n meersellige organisme
‘N organisme wie se liggaam uit meer as een gedifferensieerde sel bestaan
Hulle is makroskopies
Noem en beskryf die twee tipes stamselle
Embrionale stamselle - word in embrios gevind en kan aanleiding gee tot alle selle wat in die liggaam gevind word
Volwasse stamselle - dis ongedifferensieerde selle wat teenwoordig is in die liggaamsweefsel van babas kinders en volwassenes. Hulle verdeel om dooie of beskadigde weefsel te herstel maar hulle differensiëring vermoë is beperk tot die selle waaruit hulle oorspronklik ontstaan het.
Noem die vlakke van biologiese organisasie
- Sel
- Weefsel
- Orgaan
- Orgaan stelsel
- Organisme
Wat is weefsel
‘N groep sal met identiese bou wat ‘n gemeenskaplike funksie verrig
Wat is ‘n orgaan
‘N groep verskillende weefsels wat elk sy besondere werk doen maar saam ‘n gemeenskaplike funksie verrig
Wat is ‘n orgaanstelsel
‘N groep verskillende organe elk met ‘n spesifieke funksie, wat saamwerk as geheel om ‘n gemeenskaplike funksie te verrig (die verteringstelsel)
Wat is ‘n organisme
Bestaan uit al die orgaan stelsels wat saam werk as ‘n eenheid en afhanklik is van mekaar