Hoofstuk 7 - Algemene Aftrekkings Flashcards
Artikel 11 aftrekking
Belastingpligtige moet bedryf beoefen, dus onkostes aangegaan voordat daar met die beoefening van ‘n bedryf begin is, nie ingevolge a11 aftrekbaar is nie.
Wanneer kan bedryf beskou wprd as beoefening van n bedryf?
As daar kontinuïteit bestaan
Die langtermynoogmerk van die bedryf moet winsgewendheid wees
Die begrip bedryf sluit nie alle bedrywighede wat inkomstes lewer in nie, wat is die naam van hierdie inkomstes?
Passiewe verdien van inkomstes, bv.
- rente
- dividende
- jaargelde
- pensioene
Kapitaal wat geleen word om te herbelê?
SAID aanvaar dat kapitaal wat geleen word om herbelê te word ‘n bedryfsinkomste uitmaaken dus verteenwoordig die onkoste ‘n toelaatbare aftrekking.
In hierdie geval sal die rente-uitgawe wat aangegaan word om sodoende rente-inkomste te verdien, aftrekbaar wees
Beoefening van n bedryf behels
Aktiewe stap, dus moet belastingpligtige aktief betrokke daarby wees
Transaksies aangegaan deur likwidateurs tydens likwidasie?
Transaksies deur likwidateurs aangegaan t.o.v. Die verkoop van die belastingpligtige se voorraad tydens likwidasie, verteenwoordig nie die beoefening van ‘n bedryf deur die belastingpligtige self nie.
a11A
Aftrekking van onkonstes voor die bedryf aangegaan is.
a11A vereistes:
1) Bedryf moet beoefen word
2) Onkostes en verliese moet aangegaan word voor daar begin is met die beoefening van n bedryf
3) Die onkonstes en verliese moet aangegaan word in voorbereiding vir die beoefening van n bedryf
4) Onkonstes en verliese moet volgens a11 affrekbaar wees, aanvaar dat beoefening van bedryf wel plaasvind toe onkostes aangegaan was;
5) Onkonstes en verliese nie voorheen as aftrekking toegelaat nie
Algemene aftrekkingsformule (a11(a)) komponente:
Onkonstes en verliese; Werklik aangegaan of gely; Gedurende die jaar van aanslag; By die voortbringing van inkomste; Nie van n kapitale aard nie.
Verlies =
Nie-vrywillige ontneming van bates/kontant van die belastingpligtige;
Verwys na die verlies van vlottende kapitaal wat aangewend word in die bedryf wat die inkomste voortbring.
Onkostes =
Vrywillige betaling van geld / bates
Onkostes vereis:
Die vermindering of ten minste die verskuiwing van bates van die persoon wat dit bestee
Werklik aangegaan of gely =
Aangesien hierdie woorde gebruik is en nie “noodsaaklikerwys aangegaan” nie, bedoel dit dat onkostes aangegaan weens oneffektiewe bedryf of uitspattige beoefening van die bedryf, wat gewoonlik nie deur adner aangegaan sou word nie, steeds aftrekbaar is volgens die algemene aftrekkings formule.
Aangegaan =
Beteken dat daar slegs ‘n verpligting tot betaling van onkostes bestaan, en nie dat dit werklik betaal is nie, dus is onkostes wat nie betaal is nie, maar die belastingpligtige wel verplig is om dit te betaal mag aftrekbaar wees.
Onkostes aangegaan t.o.v. Bate wat oorspronklik verkry is met die doel om dit as ‘n kapitale bate te hou, maar later verander bedoeling van bate in ‘n bate van ‘n inkomste-aard?
Indien ‘n bate verkry is om as ‘n kapitale bate aan te wend, is die onkostes nie aftrek baar nie;
Indien die bedoeling van die bate verander na ‘n bate van inkomste-aard (verkoop teen ‘n wins), is die onkostes aftrekbaar. Die onkostes = die oorspronklike onkostes aangengaan en nie die huidige markwaarde van die bate nie.
Onkostes aangegaan t.o.v. Bate wat oorspronklik verkry is met die doel om dit as ‘n kapitale bate te hou, maar later verander bedoeling van bate in ‘n bate van ‘n inkomste-aard?
Indien die bate egter na handelsvoorraad (soos beoog in par12(2)(c) van die 8ste bylae) verander, waar die bate geag word teen markwaarde verkry te wees, is die markwaarde aftrekbaar.
Uitreiking/toekening van aandele in ruil vir bates/dienste
Aandele wat deur ‘n maatskappy uitgereik/toegeken word in ruil vir ‘n bate wat die maatskappy verkry het of in ruil vir dienste aan die maatskappy verrig is/was, sal nie aftrekbaar en as ‘n onkoste kwalifiseer nie.
Gedurende die jaar van aanslag =
Aftrekbare onkostes is beperk tot onkostes in die huidige jaar van aansleg aangegaan, en kan nie na die daaropvolgende jare oorgedra word of na voorafgaande jare teruggedra word nie. Tensy a23H van toepassing is. (a24M slegs v.t.o. BATES)
Dus moet onkostes geeis word in die jaar van aanslag waarin dit aangegaan word, nie in die jare wanneer dit betaal word nie.
Die verband tussen die onkoste en die voortbrenging van inkomste?
Twee vrae wat gevra moet word:
1) Watter aksie het die onkoste veroorsaak?
2) Is hierdie aksie nou verwant (of ‘n onvermydelike uitvloeisel van) die bedrywighede om inkomste voort te bring?
Voortbrenging van inkomste beteken?
Vir onkostes om aftrekbaar te wees gedurende die jaar van aansleg, is dit nie nodig dat die vir die voortbrenging van inkomste in die huidige jaar van aanslag aangegaan is nie.
Die onkostes is steeds aftrekbaar al is dit vir die voortbrenging van toekomstig inkomstes;
By die voortbrenging van inkomste
Premies betaal op versekeringspolisse teen verlies van inkomste en verliese a.g.v. Brand is dus gevolglik by die voortbrenging van inkomste aangegaan en dus aftrekbaar.
Voortbrenging van inkomste
Bedrae betaal aan voormalige werknemers vir dienste wat in die verlede gelewer was, sal nie aftrekbaar wees nie.
Bedrae betaal met die doel om werknemers aan te spoor om in diens van die maatskappy te tree of te bly is egter aftrekbaar aangesien dit aangegaan is met die oogmerk om huidige en toekomstige inkomste te genereer.
Vlottende kapitaal =
Aftrekbare onkostes; veroorsaak deur inkomstegenereerende bedrywighede (aankoopKoste van voorraad, ens.). Betaling vir ‘n bate of reg wat vir ‘n kort tydperk sal bestaan is aftrekbaar. Geld wat bestee word om die entiteit te bedryf vir die huidige lewering van winste.
Vaste kapitaal =
Geen aftrekking; aangegaan om die inkomstegenereerende struktuur te verbeter of uit te brei. Is kapitaal van aard. Ook bekend as ‘n kapitale onkoste. Dit is bestee om ‘n inkomste genereerende saak/bron van inkomste te skep/verkry. Dit word belê om in die toekoms winste te lewer. Onkostes aangegaan met die doel om ‘n volhoubare voordeel te skep en om in die toekoms winste te lewer.