Hoofstuk 3 - Inkomste En Kapitaal Van Aard Flashcards

1
Q

Inkomste-aard items

A

Bedrae ontvang deur n belastingpligtige vir die gebruik van sy bate deur n ander persoon, bv huir en tantième;

Bedrae ontvang vir dienste gelewer;

Die opbrengs met die verkoop van beleggings, huise, kuns en juweliersware, indien dit die belastingpligtige se NORMALE BESIGHEID is om met hierdie items handel te dryf

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Kapitaal-aard items

A

Enkelbedragnalatings;

Geskenke;

Eenmalige lotery- en weddenskapwinste

Opbrengs met die verkoop van inkomsteproduserende beleggings of die verkoop van bates waarin die belastingpligtige NIE GEWOONLIK HANDELDRYF NIE

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Goue reël

A

Die bedoeling van die belastingpligtige is gewoonlik die bepalende faktor

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Daar word na die bedoeling van die belastingpligtige gekyk:

A

Ten tyde van die aankoop van die bate;

Tydens die tydperk wat die bate gehou is; en

Ten tyde die verkoop van die bate.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Moontlike objektiewe faktore:

A

Belastingpligtige se optrede tot die transaksie;

Aard van die belastingpligtige se besigheid of beroep;

Aantal kere wat soortgelyke transaksies plaasvind;

Kontinuïteit van aktiwiteite;

Tydperk wat die bate gehou is;

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Objektiewe faktore (vervolg):

A

In die geval van n maatskappy, die doelwitte van die ditekteure wat in die statutêre dokumente vervat is;

Die aktiwiteite van die belastingpligtige met betrekking tot die bate voordat dit verkoop is;

Dokumentêre bewyse;

Belastingpligtige se geskiedenis rakende die besit van die bate, bv. Aantal kere wat hy aanbiedinge van die hand gewys het;

Besonderhede van die realisasie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Objektiewe faktore (vervolg):

A

Rekeningkundige verantwoording van die opbrengs deur die belastingpligtige;

Belastingpligtige se finansiële hulpbronne ter bevestiging van sy bedoeling;

Betrokkenheid in n skema van winsbejag, ingevolge waarvan die bate as handelsvoorraad aangewend word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Gemengde bedoelings

A

Hoof- of dominante bedoeling sal geld;

Hoof- of dominante bedoeling ontstaan wanneer die alternatiewe bedoeling SEKONDÊR was, dus nie n wesenlike rol gespeel het in die belastingpligtige se bedoeling tydens die aankoop van die bate nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Alternatiewe bedoelings

A

Ontstaan wanneer belastingpligtige twee bedoelings gelyktydig het, en dus altwee n wesenlike rol speel tydens die aankoop van n bate;

In die geval van alternatiewe bedoelings sal die opbrengs met die verkoop van die bate inkomste-aard wees;

Bv: indien bate verkry is om n wins te maak óf deur die herverkoop daarvan, óf deur die bate te gebruik om inkomste te genereer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Bedoeling van maatskappy

A

Nie noodwendig die bedoeling van die aandeelhouers nie;

Bedoeling van die direkteure wat as sodanig optree, verteenwoordig die bedoeling van die maatskappy;

Fokus meestal op bestuurende durekteure se bedoeling;

Bedoeling van aandeelhouers met nie geïgnoreer word nie, kan steeds n rol speel, veral as daar n verandering in aandeelhouding plaasvind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Vaste kapitaal

A

Opbrengs met die verkoop van vaste kapitaal is kapitaal-aard

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Bedryfskapitaal

A

Opbrengs met verkoop van bedryfskapitaal is inkomste-aard aangesien bedryfskapitaal voorraad verteenwoordig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Verkoop van besigheid en klandisiewaarde

A

Die opbrengs met die verkoop van handelsvoorraad, tydens die verkoop van die besigheid, sal inkomste-aard wees;

Bedrag wat vir die verkoop van klandisiewaarde ontvang is, is kapitaal-aard. Met dien verstande dat die verkoper, die besigheid moes koop met die doel om wins te maak deur n bedryf te beoefen en nie deur die herverkoop van die besigheid nie;

Indien opbrengs met verkoop van klandisiewaarde die vorm van n annuïteit neem is dit inkomste-aard.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Skadevergoeding

A

Indien skadevergoeding ontvang is as kompensasie vir die verlies van winste is dit inkomste-aard;

Indien skadevergoeding ontvang is vir die verlies van n vaste kapitale bate is dit kapitaal-aard.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Skadevergoeding vir die kansellasie van n kontrak

A

Indien kontrak gesluit word ten einde n wins te maak deur nakoming van verpligtinge uiteengesit in kontrak is dit inkomste-aard (bv. Kontrak om dienste te voorsien, maar kliënt kanselleer) ;

Indien kontrak n basis is vir die produsering van inkomste, is dit kapitaal-aard

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Skulde en lenings

A

Indien debiteure verkry word met die doel om die uitstaande bedrae teen n wins in te vorder, is die invorderings inkomste-aard;

Indien n persoon die besigheid koop met die doel om n bedryf te beoefen, en daar ooreenkoms is wat van hom vereis om die debiteure oor te koop, en later die uitstaande bedrae invorder, is die invorderings kapitaal-aard.

17
Q

Dobbelary

A

Indien daar op n ongereelde basis as n stokperdjie gedobbel word, is die opbrengs kapitale-aard;

18
Q

Geskenke, skenkings en erflatings

A

Enkelbedrag of bate ontvang as n geskenk, skenking of erflating is kapitale-aard;

Indien latere verkoop, is dit steeds kapitale-aard, tensy dit in n skema van winsbejag verkoop is.

19
Q

Perdewedrenne

A

Indien n perd professioneel afgerig word en aan wedrenne deel neem met die doel om prysgeld te wen, is die opbrengs inkomste-aard, ongeag die aantal perde wat deur die belastingpligtige besit word.

20
Q

Rent wat op n lening of belegging ontvang word

A

Is inkomste-aard

21
Q

Handelsbeperking

A

Kapitale-aard

22
Q

Aandele

A

Indien aandele gekoop word om weer teen n wins te verkoop is dit inkomste-aard;

Indien aandele gekoop word om dividende daaruit te verdien en dus oor n langtermyn gehou word, is die latere verkoop daarvan kapitale-aard;

Indien aandele gekoop word om dividende te verdien, maar die sekondêre doel is om dit teen n wins te verkoop indien die dividendeopbrengs ontoereikend is, is dit steeds INKOMSTE-AARD

23
Q

Subsidies

A

Indien subsidies ontvang as n inset tot PRODUKSIEKOSTE van n gegewe kommoditeit, is dit inkomste-aard, en vorm deel van die bedryfskapitaal;

Indien subsidies ontvang as n inset tot KOSTE VAN VASTE KAPITAALBATES, soos REGERINGSBYDRAE tot die koste van nuwe EAT, is dit kapitale-aard.