Hoofstuk 2 - Bruto Inkomste Flashcards
Vereistes van bruto inkomste - inwoner:
Daar moet n bedrag in kontant of andersins wees
Die bedrag ontvang deur of toegeval aan die inwoner
Gedurende die jaar van aanslag
Met uitsluitings van ontvangstes of toevallings van n kapitale aard
Vereistes van bruto inkomste - nie-inwoner
Daar n bedrag in kontant of andersins wees
Ontvang deur of toegeval aan nie-inwoner
Gedurende die jaar van aanslag
Met uitsluiting van ontvangstes of toevallings van n kapitale aard
MAAR slegs bedrae uit bronne in Suid-Afrika word ingesluit
Inwoner word belas op:
Wêreldwye ontvangstes of toevallings
Nie-inwoner word belas op:
Slegs bedrae ontvang of toegeval uit n bron van Suid-Afrika
Indien belastingpligtige bedrag anders as in die vorm van kontant ontvang, met ander woorde n bate:
Die markwaarde van sodanige bate, soos op die datum van ontvangs of toevalling gewaardeer, be die bruto inkomste ingesluit
Ontvang deur volgens die hof beteken:
Die belastingpligtige iets NAMENS HOMSELF EN TOT SY EIE VOORDEEL moet ontvang
Betekenis van toegeval aan:
Die bedrag word ingesluit by die belastingpligtige se bruto inkomste in die kaar wat die transaksie plaasvind of reg to die vergoeding ontstaan, ongeag of dit in daaropvolgende jaar van aanslag betaal is
Omvoorwaardelike ontvangstes
Dan word dit by die belastingpligtige se bruto inkomse ingesluit ongeag watter jaar van aanslag betaling of vergoeding werklik ontvang is
Voorwaardelike ontvangstes
Bedrag word by belastingpligtige se bruto inkomste ingesluit in die jaar waarin alle voorwaardes nagekom is
Wedekerige kontrakte
Belastingpligtige is slegs geregtig op vergoeding sodra sy deel van die ooreenkoms nagekom is, dus sluit in by bruto inkomste sodra sy deel van die ooreenkoms nagekom is
Sigwaarde van n bedrag
Die sigwaarde van die bedrag word by die belastingpligtige se bruto inkomste ingesluit, NIE DIE TEENSWOORDIGE WAARDE NIE
Nie-kwantifiseerbare bedrae
Indien vergoeding ontvang is, waar die volle of gedeelte van daarvan nie kwantifiseerbaar in die huidige jaar van aanslag is nie, sal daardie volle of gedeelte van die vergoeding nie by die bruto inkomste ingesluit word nie, en slegs ingesluit word by die bruto inkomste in die jaar van aanslag wat dit wel kwantifiseerbaar is
Geld wat verduister is
Indien die werkgewer se werknemer die dag se ontvangstes steel, word die werkgewer nie vrygstel daarvan in nie en word dit steeds in sy bruto inkomste ingesluit.
Verkoop van inkomste NADAT dit die verkoper toegeval het:
In verkoper se hande belasbaar
Reg op toekomstige inkomste verkoop:
Toekomstige inkomste belasbaar in die koper se hande