Hoekom Mense Woon Waar Hulle Woon Flashcards
Landelik
Die platteland soos ‘n plaas of ‘n dorpie
Stedelik
n gebied met baie geboue en paaie, soos ‘n dorp of stad
Stede en dorpe staan bekend as…
Stedelike gebiede
Dorpies en plase staan bekend as…
Landelike gebiede
Mense in stedelike gebiede doen gewoonlik hierdie soorte werk
Baie verskillende soorte, sommige werk in kantore en ander in groot winkelsentrums
Mense in landelike gebiede doen dikwels hierdie soort werk
Plant gewasse, hou diere aan, of werk in skole, klinieke of winkels
Noem 5 redes hoekom mense woon waar hulle woon
Daar is ten minste 7:
Klimaat Plantegroei Natuurlike kenmerke Hulpbronne bv. Minerale Werksgeleenthede Wette Geskiedenis van daardie gebied Ook: handel en vervoer, grond vir boerdery, vis, wild, water, toerisme, natuurlike hawe
Gee ‘n definisie vir ‘n bestaansboer
Iemand wat genoeg kos produseer om homself en sy gesin te voed
Wat is ‘n handelsroete
‘n roete wat deur handelskepe gevolg word
Hoe het Kimberley ontstaan? 4 punte
Was eers ‘n plaas
Toe word diamante daar gevind en mense kom van oral
Paaie en spoorlyne word gebou vir handel
Vandag ‘n belangrike mynbou en vervoersentrum
2 dorpe wat ontstaan het omdat minerale daar ontdek is
Kimberley
Phalaborwa
hoeveel % van SA se bevolking bly in stedelike gebiede? Neem dit toe of af?
60%, dit neem die hele tyd toe
Hoekom trek mense van armer landelike gebiede na stede en dorpe?
Moeg om arm boere te wees
Bestaansboere sukkel - een jaar reen te veel, volgende jaar te min
Vir kinders om na goeie skole te gaan
Werk bv. In myne, kan geld terugstuur na familie
Wil elektrisiteit en toilet en skoon water he
Om werk te kry
Om naby hospitaal te wees