die wereld het so klein geword Flashcards
Wat is die verskille tussen die 3 generasies?
Ouma: Wye vlaktes, lees boeke, landlyn.
Ma: Ruim erf, kyk TV, droom van reis, eerste selfone.
Dogter: Leef in kamer, internet, Facebook
Wat is ironies aan die gedig?
Spreker het internetvriende maar is alleen in haar kamer – tegnologie verbind, maar isoleer ook
Wat is die rol van bome in die gedig?
Ouma: Boorde met baie bome – groot, natuurlike leefruimte.
Ma: Twee bome op erf – ruimte verminder.
Dogter: Gumtree (webwerf) as haar “boom” – speelplek verskuif na internet
Voorbeelde van alliterasie en assonansie?
Alliterasie: “web is my werf” – internet as nuwe leefruimte beklemtoon.
Assonansie: “klankloos klets” – stil, digitale interaksies sonder stem
Wat beteken GROOT in reël 19
Hoofletters wys die groot moontlikhede wat die internet bied.
Kontras met “klein” beklemtoon hoe tegnologie die wêreld verminder tot kleiner ruimtes
Wat is die voordele en nadele van die spreker se leefwêreld?
Voordele: Maklike toegang tot kennis en kontakte via sosiale media.
Nadele: Fisiese isolasie en eensaamheid
Wat beteken die korter wordende versreëls?
Wys hoe tegnologie die wêreld kleiner laat voel – pas in die spreker se kamer.
Verkleinde reëls beklemtoon dat, al is tegnologie groot, ons leefruimte al hoe kleiner word(Die wêreld het so klein…).