8.2 Vrygestelde inkomste Flashcards
Inkomste bestaan uit:
Bruto inkomste
Minus: Vrygestelde inkomste
A. Tipiese vrystellings vir natuurlike persone:
- Vrystellings a.g.v. die belastingpligtige se status (bv. die staat of buitelandse regerings….)
- Sekere pension wat ontvang word van bronne buite die RSA (Oorlogpensioen, gestremdheidpensioen, UIF….)
- Sommige bedrae t.o.v. indiensneming (uniform toelae, verhuisingsvoordele, beurse)
- Kapitale gedeelte van annuiteite is vrygestel
- Onderhoud (alimony) vanaf gades of vorige gades wat ingevolge ʼn egskeidingsbevel betaal moet word
- Buitelandse indiensneming inkomste ontvang deur inwoners tot in met R1.25miljoen (spesifieke periodes van toepassing)
- Bona fide beurse
- Bedrae ontvang of toegeval vanaf ʼn belasting vrye belegging
- Verhuisingstoelae ontvang vanaf werkgewers
- Enkelbedrae betalings vanaf kwalifiserende lewenspolisse
B. Ander vrystellings: Beleggingsinkomste
- Beleggingsinkomste is al die passiewe inkomstes van ʼn natuurlike persoon anders as die inkomste wat onstaan weens handelbedrywighede, ingesluit huurinkomste, al is die verhuring van eiendom wel geag te wees as handel.
- Beleggingsinkomste sluit in: rente inkomste/huurinkomste/dividend inkomste/annuiteit inkomste wat plaaslik en in die buiteland verdien word.
(a) Rente inkomste ontvang vanaf plaaslike (RSA) beleggings:
- Rente inkomste word vrygestel volgens beperkings: R23 800 (<65jr) of R34 500 (>65jr).
- Nuut: vanaf 1 Maart 2022 sal ʼn natuurlike persoon se vrystelling t.o.v. rente pro-rata bereken word indien hul jaar van aanslag korter as 12 maande is.
(b) Rente inkomste ontvang vanaf belastingvrye beleggings
Rente ontvang of toegeval vanuit ‘n belastingvrye belegging (soos omskryf in artikel 12T) is vrygestel van inkomstebelasting.
MAAR ‘n belastingvrye belegging moet aan die volgende vier vereistes voldoen:
1. Dit moet uitgereik word deur: ‘n bank; ‘n langtermynversekeraar; ‘n portefeulje van ‘n kollektiewe beleggingskema in eiendom; ‘n portefeulje van ‘n kollektiewe beleggingskema in sekuriteite; of die regering van die Republiek (nasionale sfeer).
2. Dit moet geadministreer word deur: ‘n gemagtigde gebruiker; of ‘n finansiële diensverskaffer.
3. Dit moet gehou word deur: ‘n natuurlike persoon; die bestorwe of insolvente boedel van ‘n persoon.
4. Dit moet voldoen aan die vereistes van ‘n belastingvrye belegging in ooreenstemming met: die Polishouerbeskermingsreëls ingevolge die Langtermynversekeringswet; of die regulasies beoog in die Wet op die Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas.
(c) Dividende ontvang vanaf RSA maatskappye – Gewoonlik volledig vrygestel
Wat is dividende? Dividende is in wese ʼn uitkering van ʼn maatskappy se inkomste na belasting in ag geneem is.
Die rede waarom dividende gewoonlik vrygestel is van normale belasting is omdat die maatskappye reeds 28% belasting op hul winste betaal het EN dividend belasting van 20% word ook reeds deur die aandeelhouers betaal. MAAR, daar is uitsonderings wat van toepassing is veral wanneer die betrokke maatskappy se winste nie onderhewig was aan normale belasting nie, of om belasting ontduiking te voorkom.
Dividende in die volgende gevalle is NIE VRYGESTEL VAN NORMALE BELASTING NIE:
- Dividende wat betaal is as ‘n annuiteit
- Dividende ingevolge ‘n werknemer gebasseerde aandele skema
- Dividende ontvang as gevolg van ‘n sessie (formele manier om (stem)regte op te gee))
- Dividende wat ontvang is weens ‘n diskresionere reg wat uitgeoefen is deur ‘n trustee
- Dividende wat ontvang is weens aandele wat geleen is deur ‘n maatskappy
- Dividende wat verreken word teen aftrekbare finansiele betalings
- Dividende wat ontvang is as deel van ‘n dividendstrooptransaksie
(d) Buitelandse dividende en dividende uitgereik deur hoofkwartier maatskappye - Volledig of Gedeeltelik Vrygestel
Wat is ‘n buitelandse dividend? Dit word betaal of verklaar deur ʼn maatskappy buite RSA.
Buitelandse dividende en dividende wat deur hoofkwartier maatskappye betaal of verklaar word, is onderhewig aan sekere vrystellings.
Vereistes: buitelandse dividende – Volledig Vrygestel (artikel 10B2(a)):
- Deelname Vrystelling
- Vrystelling van land-tot-land-deelname
- Voorheen as belasting vrystelling ontvang
- JSE-genoteerde aandele
Deelname Vrystelling
die buitelandse dividend is vrygestel indien dit ontvang word deur ‘n persoon wat ten minste 10% van die ekwiteitsaandele en stemreg in die maatskappy besit wat die buitelandse dividend verklaar.
Voorheen as belasting vrystelling ontvang
buitelandse dividende wat deur ‘n inwoner ontvang word uit winste wat reeds belas is, is vrygestel.
Vrystelling van land-tot-land-deelname
– ‘n buitelandse maatskappy mag vrystelling eis op ‘n buitelandse dividend wat deur ‘n ander buitelandse maatskappy wat in dieselfde land is, betaal word. Hierdie vrystelling is slegs van toepassing op maatskappye. Die deelnamevrystelling en die land-tot-land-deelnamevrystelling is nie van toepassing op die buitelandse dividend in die mate dat dit aftrekbaar is deur die buitelandse maatskappy in die bepaling van hul belasbare inkomste in die land waar hulle hul plek van effektiewe bestuur het nie.
JSE-genoteerde aandele
buitelandse dividende (nie dividende in specie nie) wat betaal word deur maatskappye wat op die JSE genoteer is, word in terme van dividendbelasting belas en is dus nie onderhewig aan normale belasting nie.
Vereistes: Buitelandse dividende - Gedeeltelik vrygestel:
Buitelandse dividende wat nie onderhewig is aan enige ander spesifieke vrystellings nie – kwalifiseer vir ʼn beperking van 25/45. (Maksimum tax rate vir natuurlike persone is 45% minus maksimum dividend tax rate is 20%. Dus 45%-20%=25% Van daar kry ons: 25/45.
Uitsonderings waar volledige en gedeeltelike vrystellings vir buitelandse dividende nie van toepassing is nie:
* Wanneer betalings (soos annuïteite) uit buitelandse dividende gemaak word
* Wanneer buitelandse dividende ontvang is omdat ʼn diens gelewer was
* Wanneer buitelandse dividende ontvang word maar dit oorskry nie die aftrekbare uitgawes wat aangegaan is nie.
BRUTO INKOMSTE EN SPESIALE INSLUITINGS
MINUS VRYGESTELDE INKOMSTE
* SA dividende – alles vrygestel
* SA rente inkomste – beperkings van > of < 65jr oud
* Buitelandse dividende – kwalifiseer die div vir vrystelling
* Buitelandse rente inkomste – geen vrystelling tersake