8.1 Spesiale insluiting Flashcards

1
Q

Bruto inkomste bestaan uit:

A
  1. Alle inkomstes wat aan die definisie van bruto inkomste voldoen; EN
  2. Alle spesiale insluitings.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

VRAAG 1 – SPESIALE INSLUITINGS
Ethan
Gedurende die 2024-jaar van aanslag het Ethan sy besigheid, ‘n kitskos-wegneemete-plek, vir R1 200 000 verkoop. Die koper, James, kon nie die volle koopsom in kontant kon vereffen nie, en Ethan het toe ingestem om R120 000 per jaar vir die volgende 10 jaar te ontvang ter vereffening van die bedrag wat aan hom verskuldig is.
Eugene
Eugene verkoop sy besigheid wat braaisouse en slaaisouse vervaardig aan Franco, maar omdat Franco kontantvloei probleme ervaar het Eugene en Franco ooreengekom dat Franco vir die res van sy lewe R100 000 aan Eugene sal betaal.
VAN U WORD VERLANG
Om te verduidelik of die bogenoemde bedrae by die bruto inkomste van die verkopers ingesluit sal word.

A

VRAAG 1 – Oplossing
Ethan
Ethan het sy besigheid vir R1.2 miljoen verkoop aan James volgens hul ooreenkoms. Verder is daar ooreengekom dat James die R1 200 000 in paaiemente van R120 000 per jaar vir 10 jaar kan afbetaal. Die jaarlikse paaiement van R120 000 wat hy in die 2024-jaar van aanslag ontvang het, word nie geag as ʼn annuïteit nie, maar eerder as ‘n ooreengekome betaling in die vermindering van die koopsom van R1 200 000. Die rede waarom hierdie herhaalde betaling nie as ʼn annuïteitskontrak gesien word nie, want geen totale skuld word genoem nie.
Die R120 000 is dus uitgesluit van Ethan se bruto inkomste want hierdie is nie ʼn spesiale insluiting nie weens die feit dat dit nie geag ʼn annuïteit te wees nie. Die verkoop van ‘n besigheid (kapitaalbate) gee gewoonlik aanleiding tot ‘n ontvangste of toevalling van ʼn kapitale aard (boom teenoor vrugte), tensy die belastingbetaler sake doen as koper en verkoper van besighede.

Eugene
Die ooreenkoms wat gesluit is tussen Eugene en Franco word geag ‘n annuïteit te wees want die betaling aan Eugene geskied vir die res van Franco se lewe. Alhoewel die inkomste kapitaal van aard is, volgens die definisie van “bruto inkomste”, word dit vir die res van sy lewe elke jaar by Tankiso Tefu se bruto inkomste ingesluit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

VRAAG 2 – SPESIALE INSLUITINGS
Heidi het in samewerking met ‘n finansiële vennoot, ABC (Edms.) Bpk, ingestem om ‘n nuwe tydskrif te bevorder. Sy het aandele van die maatskappy, ter waarde van R150 000, ontvang vir haar innoverende idees. Voordat sy hierdie idees verkoop het, het sy dit eers nagevors en noukeurig ontwikkel. Neem kennis dat ABC Edms. Bpk het haar vir haar kommersiële kennis en die inligting betaal, en nie vir ‘n kopiereg nie.
VAN U WORD VERLANG
Om te bepaal of die R150 000 by Heidi se bruto inkomste ingesluit moet word.

A

VRAAG 2 – OPLOSSING
Wanneer inkomstes geag word as ʼn spesiale insluiting, soos die vergoeding wat ontvang word vir die deel van kennis of informasie, word dit ingesluit by bruto inkomste ongeag of dit van kapitale aard is. Die R150 000 gaan dus by Herma se bruto inkomste ingesluit word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

VRAAG 3 – SPESIALE INSLUITINGS
Cathy en Donovan Schreuder het gedurende die 2022-jaar van aanslag besluit om hul huwelik te beëindig en is toe ook later in daardie jaar van aanslag geskei. Cathy het dadelik geëmigreer en is nou geag ‘n inwoner te wees van Kanada. Sy is nie ‘n inwoner van die RSA nie. Ingevolge hul skeidingsooreenkoms geniet sy onderhoud van R180 000 per jaar van Donovan, haar eks man. Donovan is steeds ‘n inwoner van die RSA. Hy betaal maandeliks onderhoud aan haar ter waarde van R15 000 (R15000 x12 maande = R180 000). Hierdie betaling geskied deur middel van ‘n debietorder teen Donovan se salaris.

VAN U WORD VERALNG OM
Om te bepaal of die R180 000 Cathy se bruto inkomste ingesluit moet word.

A

VRAAG 3 – Oplossing
Volgens die definisie van “bruto inkomste” is Cathy verplig om “enige bedrag wat aan die belastingbetaler betaalbaar is, by hul bruto inkomste in te sluit.. . indien dit deur ʼn gade of voormalige gade van daardie belastingpligtige, kragtens enige geregtelike bevel of skriftelike ooreenkoms van skeiding of ingevolge enige egskeidingsbevel, by wyse van onderhoud of toelae of onderhoud van die belastingbetaler . . .”
Dus sal Cathy die R180 000 by haar bruto inkomste insluit. Die feit dat sy nou in Kanada woon, verander nie hierdie situasie nie. Die bron van hierdie R180 000-onderhoud is in Suid-Afrika, waar hul skeidingsooreenkoms gesluit is. Alhoewel dit by haar bruto inkomste ingesluit is, is dit dan vrygestel van normale belasting ingevolge die bepalings van a 10(1)(u).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

VRAAG 4 – SPESIALE INSLUITINGS
Hanlie
Hanlie is ‘n inwoner van die Republiek, is ‘n derdejaar-kunsstudent aan ‘n universiteit in Pretoria. Terwyl sy op die kampus is, “spioeneer” sy vir die Suid-Afrikaanse Polisie. Aan die einde van elke kwartaal stel sy ‘n verslag saam oor sake wat op die kampus plaasgevind het wat volgens haar vir haar van belang kan wees. By ontvangs van haar verslag kom R25 000 aan haar toe. Gedurende die 2024jaar van aanslag het sy vier verslae ingedien en altesaam R100 000 vir hierdie vier verslae verdien.
Janika
Janika is op 31 Maart 2023 deur haar werkgewer, PCW, afgelê. Sy was 49 jaar oud ten tyde van haar aflegging. Sy het goeie besigheidsverhoudinge met baie kliënte gebou terwyl sy nog vir PCW gewerk het. PCW het met haar ʼn kontrak aangegaan om nie vir enige ander van die groot vier ouditfirmas te gaan werk nie. PCW het toe die besluit geneem om haar R360 000 te betaal om vir vyf jaar nie vir ‘n “mededinger” in die streek te gaan werk nie.


VAN U WORD VERLANG OM
Om te bepaal of die bogenoemde bedrae by bruto inkomste van die betrokke belastingpligtige ingesluit moet word.

A

VRAAG 4 – Oplossing
Hanlie
Die R25 000 wat vir elke verslag aan Hanlie toeval, is vir dienste wat sy aan die Suid-Afrikaanse Polisie gelewer het. Volgens die definisie van “bruto inkomste” word die R100 000 (vier teen R25 000 elk) by haar bruto inkomste ingesluit. Dit is nie nodig dat ‘n werkgewer-werknemer-verhouding bestaan nie. Al wat nodig is, is dat daar ‘n verwantskap moet wees tussen die dienste wat gelewer is en die toekenning wat daaruit voortspruit.
Janika
‘n Handelsbeperking betaling is gewoonlik kapitaal van aard (aangesien dit ‘n toekenning is ten opsigte van ‘n kapitaalbate wat vereis dat die ontvanger daarvan nie meer vrylik kan handel dryf of werk nie), maar handelsbeperkinge word as ʼn spesiale insluiting geag volgens die Wet. Janika moet dus die R360 000 wat sy van PCW ontvang het by haar bruto inkomste insluit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

VRAAG 5 – SPESIALE INSLUITINGS
Angelique
Angelique se dienste is op 31 Maart 2023 deur haar werkgewer beëindig vir wan-prestasie ten opsigte van haar diensooreenkoms. Ingevolge die diensooreenkoms met haar werkgewer moes sy een termyn kennis gegee het (‘n tydperk van drie maande). In plaas daarvan om die termyn van drie maande te voltooi, het sy ‘n enkelbedrag van R39 000 van haar werkgewer ontvang by die beëindiging van haar dienste op 31 Maart 2023.
Anika
Anika het op 30 April 2023 verjaar en is nou 60 jaar oud. Sy het op dieselfde dag ook afgetree. Sy het in beide Maart 2023 en April 2023 ‘n salaris van R18 000 per maand verdien.
‘n Enkelbedrag van R450 000 het haar toegeval uit ʼn pensioenfonds waarvan sy op 30 April 2023 ʼn lid was. Sy was 20 jaar lank ʼn lid daarvan. Al haar bydraes daartoe was aftrekbaar in die bepaling van haar belasbare inkomste. Sy het geen gedeelte van hierdie R450 000 enkelbedrag in ‘n ander kwalifiserende aftreefonds belê nie. Op die laaste dag van elke maand, wat met Mei 2023 begin, het R16 000 uit die pensioenfonds aan haar toegeval.
Ansunet
Ansunet, ‘n 19-jarige tweedejaarstudent in sosiale wetenskap aan ‘n universiteit in Pretoria, het ‘n enkelbedrag van R150 000 van haar oorlede pa se werkgewer ontvang. Haar ma is vyf jaar gelede oorlede. Haar pa was haar enigste familielid wat oor was. Hy is toe op 31 Maart 2023, op die ouderdom van 53 jaar oud, aan ‘n Covid-19-verwante siekte oorlede.
Met sy dood het sy voormalige werkgewer R150 000 aan haar toegeken. Ansunet het die R150 000 belê. Plaaslike rente inkomste van R15 750 het haar tot aan die einde van die 2024-jaar van aanslag uit hierdie belegging opgeloop.
VAN U WORD VERLANG OM
Om te bepaal of die bogenoemde bedrae by bruto inkomste van die betrokke belastingpligtige ingesluit moet word.

A

VRAAG 5 – Oplossing
Angelique
Onder para (f) van die definisie van “bruto inkomste” “enige bedrag ontvang of toegeval in die jaar van aanslag vir bedrae verskuldig ingevolge enige dienskontrak of diens” moet by die ontvanger se bruto inkomste ingesluit word. Angelique moet dus die R39 000 by haar bruto inkomste insluit.
Anika
Ingevolge para (e) van die definisie van “bruto inkomste” moet Anika R450 000 by haar bruto inkomste insluit, omdat die belasbare gedeelte van die enkelbedrag wat uit ‘n pensioenfonds haar toegeval het. Anika sal ook haar salaris van R18 000 per maand vir die maande Maart 2023 en April 2023 by haar bruto inkomste insluit omdat sy ʼn diensgelewer het. Die R16 000 wat elke maand aan Anika uit die pensioenfonds toegeval was, is geag ‘n annuïteit te wees en word dus ook ingesluit by haar bruto inkomste.

Ansunet
Aangesien die toekenning aan Ansunet gemaak is op die datum wat haar pa oorlede is, word die R150 000 wat Ansunet ontvang het, geag onmiddellik voor sy dood aan hom toegeval het. Onder voorbehoud (bb) tot para (d) van die definisie van “bruto inkomste”, moet dit by sy bruto inkomste ingesluit word. Die plaaslike rente inkomste van R15 750 val Ansunet toe en moet by haar bruto inkomste ingesluit omdat dit geag word as inkomste van aard.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

VRAAG 6 – SPESIALE INSLUITINGS
Ruan
Ruan besit ‘n twee erwe in die Magaliesberg. Hy het dit by sy oorlede oupa geërf. ‘n Voorwaarde van hierdie erfenis was dat hy dit nie kon verkoop nie. Op een van die twee erwe het hy ‘n vakansie kothuis opgerig vir sy gesin en vir sy eie gebruik.
Op die ander erf het hy ‘n huurooreenkoms met Herman aangegaan wat die volgende voorwaardes ingesluit het:
* Herman sou Ruan ‘n premie van R50 000 betaal met die ondertekening van die ooreenkoms. Dit is op 1 Junie 2023 uitgevoer en die betaling is terselfdertyd gemaak.
* Die huurkontrak was vir ‘n tydperk van 30 jaar.
* ‘n Maandelikse huur is deur Herman aan Ruan betaalbaar. Vir die eerste twee jaar van die huurkontrak was die huurgeld waarop ooreengekom is R2 500 per maand. Daarna sou ‘n ooreengekome eskalasieformule van toepassing wees.
* Herman was verplig om ‘n spesifieke vierslaapkamerhuis op die perseel op te rig. Daar is ooreengekom dat ‘n minimum van R1800000 deur hom bestee sou word aan die oprigting van hierdie spesifieke huis. Daar is op ‘n spesifieke huis ooreengekom, maar nie op die R1800000 nie. Die vierslaapkamerhuis is op 30 November 2023 teen ‘n koste van R1920000 voltooi. Dit is onmiddellik vir die lang somervakansie deur Herman en sy gesin gebruik.

VAN U WORD VERLANG OM
Om te bepaal of die bogenoemde bedrae by bruto inkomste van die betrokke belastingpligtige ingesluit moet word.

A

VRAAG 6 - Oplossing
Herman moet by die ondertekening van die ooreenkoms by sy bruto inkomste
* die premie van R50 000 insluit volgens die bruto inkomste definisie,
* die huurgeld soos dit elke maand oploop (want dit het hom toegeval) en
* R1 920 000 (die waarde van verbeterings wat Herman aangebring het).
Aangesien dit ‘n bepaalde gebou was waarop ooreengekom is, met ‘n minimum koste waarop ook ooreengekom is, is dit die werklike koste aangegaan van die gebou van R1920000 wat by sy bruto inkomste ingesluit behoort te word. Dus sal die R1920000 ten volle ingesluit moet word (geen verspreiding daarvan oor die jaar van aanslag nie) in sy bruto inkomste op die tydstip waarop die verbeterings voltooi is.
Alhoewel daar ‘n toevalling is wanneer die ooreenkoms op 1 Junie 2023 aangegaan word, is die omvang van hierdie aanwas op daardie datum onbekend.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

VRAAG 1 [15 punte] [30 minute]
Anika Coetzee (27), wat nog haar hele lewe in Pretoria bly, is besig om haar inkomstebelasting opgawe te voltooi. Sy het jou gevra vir bietjie raad aangesien sy ‘n eenmansaak is wat rekenaar programme skryf en ook rekenaars herstel. Die koop en verkoop van rekenaars is egter nie deel van haar besigheid nie aangesien daar te veel kompetisie in hierdie segment is. Haar besigheid is gebasseer op persoonlike diens.

  1. Anika het R 15 000 op 5 Maart 2023 ontvang vir herstelwerk aan ‘n goeie kliënt se rekenaar wat sy op 23 Februarie 2023 gedoen het.
  2. Anika het in Julie 2023 Amerika toe gegaan om vir haar broer te gaan kuier wat sy lanklaas gesien het. Gedurende die drie (3) weke wat sy in Amerika gekuier het, het sy van sy vriende se rekenaars herstel en ook ‘n klein aanpassing aan een van hulle se rekenaarprogram gemaak. Hulle het haar ‘n totaal van R 32 500 betaal vir haar goeie werk.
  3. Anika het een van haar persoonlike rekenaars, wat sy nie meer so baie gebruik nadat sy die nuwe generasie rekenaar gekoop het nie, op 3 Augustus 2023 aan ‘n goeie vriend vir R 18 500 verkoop. Die markwaarde van die rekenaar, op die datum van verkoop, was R24 500.
  4. Op 28 November 2023 het Anika met ‘n nuwe kliënt ooreengekom dat sy vir haar ‘n program sal skryf vir ‘n fooi van R 25 000. Die kliënt het verder met Anika ooreengekom dat hy vir haar ‘n rekenaardrukker ter waarde van R 10 000 en ook ‘n hoë definisie skerm ter waarde van R 16 000 sal skenk as betaling vir die werk.
  5. Anika het gehoor van die winste wat op veral Tegnologie aandele te maak is op die JSE. Sy het van haar spaargeld gebruik en begin aandele koop op 1 Januarie 2023. Sy het haar voorgeneem dat sy die aandele sal hou tot hulle waarde verdubbel en dan gaan sy dit verkoop om die wins te realiseer. Op 1 April 2023, 15 Julie 2023 en 28 Februarie 2024 het sy ‘n totaal van 50% van haar portefeulje vir R 210 000 verkoop, wat ‘n wins van R 105 000 ingesluit het.
  6. Gedurende die jaar waarin sy die aandele gehad het, het van die maatskappye op die JSE ‘n total van R 40 000 in dividend verklaar waarop hulle 20% dividend belasting teruggehou het, voordat hulle die netto bedra van R 32 000 aan Anika uitbetaal het.
  7. Sy het ook R 18 000 se dividend op haar buitelandse aandeleportefeulje ontvang – daar is geen buitelandse belasting op die dividend teruggehou nie.
  8. Terwyl Anika in Amerika was, is haar rente van R 34 500, op haar geldmark rekening, wat sy by haar SA bank het, in haar tjekrekening inbetaal.
  9. Terwyl Anika in Amerika gekuier het, het sy ook ‘n draai by haar oom gemaak wat al vir 18 jaar in Amerika woon en ‘n Amerikaanse burger geword het. In Oktober 2023 ontvang sy ‘n bedrag van R 25 000 van haar oom, wat baie entoesiasties oor haar besigheid is, as ‘n hupstoot om haar besigheid verder te groei.
  10. Op 31 Desember 2023 is ‘n jaarlikse bedrag van € 800 (wisselkoers op daardie dag was 1€ = R 20.00) wat sy uit haar oorlede pa se pensioen uit Duitsland ontvang. Hy het ‘n klompie jare in Duitsland gewerk voor hy afgetree het.
  11. Gedurende Januarie 2024 was Anika siek gewees en kon vir drie (3) weke nie werk nie. Sy het egter ‘n goeie inkomstebeskermingspolis by SA versekeringsmaatskappy gehad, sy het volgens die reëls die eis binne 30 dae ingedien, dit is op 25 Februarie 2024 goedgekeur en, ‘n bedrag van R 3000.00 per week, wat sy siek was, is op 18 Maart 2024 in haar rekening inbetaal.

VAN U WORD VERLANG OM
Dui aan of die bogenoemde deel vorm van haar bruto inkomste vir die jaar 29 Februarie 2024 deur gebruik te maak van die meegaande templaat. Sluit redes vir jou insluiting of uitsluiting van die bedrae by bruto inkomste te verwys na die definisie van bruto inkomste.
Beantwoord die vraag in die volgende formaat:
No. Beskrywing Kort motivering Berekening Bedrag

A

No Beskrywing Kort motivering Berekening Bedrag (R) Punte
Bruto inkomste
1 Herstelwerk In die 2023 (½) belasting jaar ingesluit dus in die vorige (½) belasting periode belas en dit is reeds (½) belas. 0 (½) 1
2 Amerika inkomste RSA inwoner word op wêreldwye (½) inkomste belas, buitelandse (½) inkomste is dus ingesluit by bruto inkomste. 32500 (½) 1
3 Verkoop rekenaar Bedrag ontvang (½) en nie markwaarde word belas omdat dit nie ‘n verwante person is nie. Die bedrag van (R 24 500 – R 18 500) R 6 000 is ‘n skenking (½) en kapitaal (½) van aard wat nie onderhewig aan inkomstebelasting is nie . 18500 (½) 1
4 Ontvang rekenaartoerusting as geskenk Die rekenaartoerusting is ‘n bedrag anders as kontant (½). Die items het ‘n waarde en die volle bedrag (½), markwaarde (½) sal dus ingesluit wees by bruto inkomste. aangesien dit die waarde ontvang is. 10 000 + 16 000 26000 (½) 1
5 Tegnologie aandele Anika tree soos ‘n handelaar (½) op, sy hou aandele vir kort tydperk (½) en is dus nie ‘n belegger nie (½). Die volle verkoopwaarde (½) uit die verkoop word by bruto inkomste ingesluit. 210000 (½) 1
6 RSA dividende RSA dividende is ‘n spesifieke insluiting (½) en word die totale bedrag (½) by bruto inkomste ingesluit. 40000 (½) 1
7 Buitelandse dividende Buitelandse dividende is ‘n spesifieke insluiting (½) en word die totale bedrag (½) by bruto inkomste ingesluit aangesien dit deel vorm van ‘n inwoner se wêreldwye (RSA dividende is ‘n spesifieke insluiting (½) en word die totale bedrag (½) word by bruto inkomste ingesluit.) inkomste. 18000 (½) 1
8 Geldmark RSA rente is ‘n ingesluit (½) by die definisie van inkomste en word die totale bedrag (½) by bruto inkomste ingesluit. 34500 (½) 1
9 Bedrag van oom Skenking (½) is van kapitale (½) aard en nie ingesluit by bruto inkomste nie. 0 (½) 1
10 Pa se pensioen Pensioen is ‘n gereelde / herhalende (½) inkomste in die vorm van ‘n annuiteit (½) en ingesluit by bruto inkomste €800 x R20 = R 16 000 16000 (½) 1
11 Siekte inkomstebeskermer polis Opbbrengs op ‘n siekte (½) of inkomstebeskermer (½) polis word ingesluit by bruto inkomste aangesien dit bedrag ontvang (½) is. 3000 x 3 = 9000 9000 (½) 1

	Vrystellings	Geen motivering nodig indien nie vrygestel is nie		Geen negatiewe getalle nie	
1	Herstelwerk				
2	Amerika inkomste				
3	Verkoop rekenaar				
4	Ontvang rekenaartoerusting as geskenk				
5	Tegnologie aandele				
6	RSA dividende	RSA dividende is vrygestel (½) van inkomstebelasting. Dividende belasting (½) word daarop betaal.		40000 (½)
1

7	Buitelandse dividende	Buitelandse dividende kwalifiseer vir die verhouding vrystelling (½) op voorwaarde dat dit nie vir ander vrystelling kwalifiseer nie. Die verhouding (½) 25/45 het die effek van 20% belasting.	25/45 (½) x 18000 = 10000	10000 (½)	1
8	Geldmark	Gedeeltelike vystelling (½) van RSA rente vir natuurlike persoon onder 65 (½) jaar. Eerste R 23800 (½) is vrygestel.		23800  (½)	1
9	Bedrag van oom				
10	Pa se pensioen	Buitelandse pensioene is ‘n vrystelling (½) en dus vrygestel (½) van inkomstebelasting in SA.		16000 (½)	1
11	Siekte inkomstebeskermer polis	Opbrengs op siekte (½) en inkomste beskerming (½) polisse is vrygestel (½) aangesien die premies nie meer kwalifiseer vir aftrekking nie.		16000 (½)	1

TOTAAL: 15

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly