8. Natuurlike Pesone: Inkomste Flashcards

1
Q

Inwoner – Fisiese Teenwoordigheidstoets
Wanneer word die toets gedoen?
Wanneer ʼn persoon normaalweg in die buiteland woonagtig is, maar baie tyd in RSA spandeer.

A

Persoon moet 91 dae in RSA oorskry in die huidige jaar van aanslag;

EN

Persoon moet 91 dae in RSA oorskry in elk van die vorige vyf jare van aanslag wat die huidige jaar van aanslag voorafgaan;

EN

Persoon moet 915 dae in RSA oorskry in totaal van die vorige vyf jare van aanslag wat die huidige jaar van aanslag voorafgaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bruto inkomste definisie ter bepaling of ʼn bedrag ingesluit moet word
in die 2024 jaar van aanslag

totale bedrag, hetsy kontant of andersins

A

waarde van bates, in plaas van kontant ontvang, ingesluit

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Bruto inkomste definisie ter bepaling of ʼn bedrag ingesluit moet word
in die 2024 jaar van aanslag

Inwoner vs. Nie-inwoner

A
  • Natuurlike persoon: Republiek woonagtig is OF fisiese teenwoordigheidstoets
  • Persoon anders as natuurlike persoon: Republiek opgerig, ingelyf is
  • OF indien effektief in Republiek bestuur word
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Bruto inkomste definisie ter bepaling of ʼn bedrag ingesluit moet word
in die 2024 jaar van aanslag

ontvang deur of toegeval aan

A
  • werklik deur belastingpligtige ontvang
  • toegeval (= geregtig daarop)
  • ten gunste van belastingpligtige
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Bruto inkomste definisie ter bepaling of ʼn bedrag ingesluit moet word
in die 2024 jaar van aanslag

ontvangstes of toevallings nie kapitaal van aard nie
* Subjektiewe toets

A
  • Bedoeling/intensie van belasting pligtige
  • Verandering van bedoeling
  • Gemengde bedoeling
  • Bedoeling in die geval van ‘n maatskappy
  • Vasstelling van werklike bedoeling
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bruto inkomste definisie ter bepaling of ʼn bedrag ingesluit moet word
in die 2024 jaar van aanslag

ontvangstes of toevallings nie kapitaal van aard nie
* Objektiewe toets

A
  • wyse van verkryging;
  • wyse van verkope;
  • lengte van die tydperk waarvoor die bate gehou word;
  • kontinuïteit;
  • belastingpligtige se beroep;
  • geen verandering van eiendomsreg van die bate nie;
  • aand van die bate verkoop;
  • rede vir die ontvangste;
  • regsaard van die transaksie;
  • beoefening van ‘n bedryf in die uitvoering van ‘n skema om wins te maak;
  • aard van belastingpligtige
  • aard van die bate;
  • die belastingpligtige se aktiwiteite;
  • rekeningkundige hantering van die transaksie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

VRAAG 1 – BRUTO INKOMSTE (EN SPESIALE INSLUITINGS)
John (33 jaar oud en ongetroud) is ‘n RSA-inwoner. Hy ontwerp webwerwe en is voltyds in diens van Webdezine CC, ń RSA-beslote korporasie. Webdezine stuur hom gereeld om opleiding aan sy kliënte in die Verenigde State van Amerika (VSA) te gee.
John se ontvangste en toevallings gedurende die 2024 jaar van aanslag was soos volg:
Notas R
Salaris 1 192 000
Vrywillige toekenning vanaf werkgewer 2 32 000
Huur ontvang 3 91 300
Huurverbeteringe 3 ?
Huurpremie ontvang 3 ?
Rente ontvang 4 16 600
Dividende ontvang 5 49 000
Annuïteit 6 ?
Verlofvoorwaardes gewysig 7 4 000
Privaat werk 8 28 000
Dobbel 9 12 000
Tantieme 10 130 000

Notas
1. John se salaris is verdeel tussen die periodes wat hy in die RSA en die VSA gewerk het (hy was egter te alle tye ‘n RSA-inwoner):
Suid-Afrika R128 000 (8 maande)
VSA R64 000 (4 maande)
Totaal R192 000

  1. Ter erkenning van al sy jare van getroue diens het Webdezine op 29 Februarie 2024 vrywillige toekenning ontvang wat ‘n bedrag gelykstaande aan twee maande se salaris aan hom oor betaal is.
  2. John besit ‘n huis op Stellenbosch wat hy die hele jaar aan die Van Stadens - egpaar verhuur het. Die huurkontrak is al reeds op 1 Augustus 2022 gesluit en het die volgende gespesifiseer:
    * Die Van Standens moet vanaf 1 Augustus 2022 ‘n maandelikse huur van R8 300 betaal.
    * Hulle het egter eers die huur van Februarie 2024 op 15 Maart 2024 betaal.
    * Die Van Stadens is verplig om verbeterings aan die huis ter waarde van R40 000 aan te bring.
    * Weens kontantvloeiprobleme het die hulle eers die verbeterings gedurende April 2023 teen ‘n bedrag van R35 000 voltooi.
    * Die huurtermyn het op 31 Julie 2023 verstryk.
    * Die Van Stadens het egter die voorkeurreg om die huis weer te huur en het op 1 Augustus 2023 ‘n eenmalige bedrag van R6 000 as ‘n huurpremie (die reg om die huis te okkupeer) betaal. Maandelikse huur is onveranderd gelaat op R8 300.
  3. John het vaste deposito’s by verskillende banke (FNB, Capitec en ABSA) en ontvang die volgende rente:
    Van Suid-Afrika af R9 100
    Van Switserland af R7 500
    Totaal R16 600
  4. John besit aandele in RSA as Australiese maatskappye en ontvang die volgende dividende:
    Van Suid-Afrika af R32 000
    Van Australië af R17 000
    Totaal R49 000
  5. John koop op 1 Desember 2023 ‘n annuïteit van Old Mutual Life Versekeraars teen R420000. Hy ontvang ‘n maandelikse annuïteit van R5000. Die kapitaalgedeelte wat bereken word ingevolge artikel 10A van die inkomstebelastingwet beloop R1 100 per maand annuïteit.
  6. Weens die resessie het Webdezine die verlofvoorwaardes van al sy werknemers gewysig. Vanaf 1 Junie 2023 is John nie meer geregtig op betaalde studieverlof nie. Om hom hiervoor te vergoed, het Webdezine op 1 Junie 2023 ‘n eenmalige bedrag van R4 000 aan John betaal.
  7. John doen tuindiens werk vir private kliënte. Sy totale fooie vir die 2024-jaar-aanslag beloop R28 000.
  8. Op sy verjaardag (14 Junie 2023) dobbel John en ‘n paar van sy vriende in die Grandwest Casino vir die plesier. John het die aand R12 000 gewen.
  9. John het ‘n handleiding oor webontwerp geskryf wat gedurende November 2023 gepubliseer is. Die handleiding word oor die hele wêreld versprei en hy het die volgende bruto tantieme ontvang:
    Van Suid-Afrika af R86 000
    Vanuit die buiteland R44 000
    Totaal R130 000

Bereken John se bruto inkomste vir die 2024 jaar van aanslag:
* Dui vir elke item aan of dit voldoen aan die algemene definisie van bruto inkomste of ‘n spesifieke insluiting van die definisie van bruto inkomste.
* As ‘n item nie by die bruto inkomste ingesluit is nie, gee ‘n kort rede deur die element wat nie nagekom word nie, te identifiseer.
* U hoef nie na hofsake of artikel nommers te verwys nie.

A

VRAAG 1 - OPLOSSING
Die volgende inkomstes word ingesluit as BRUTO INKOMSTE in die 2024 jaar van aanslag:
Inkomste Bedrag (R) ingesluit by BI Rede
Salaris RSA
Salaris VSA 128 000
64 000 Dienste gelewer
Vrywillige toekenning 32 000 Dienste gelewer aan werkgewer
Huur 99 600 Algemene definisie
* Totaal = R8 300 x 12 = R99 600 (1 Mrt 2022 – 29 Feb 2024)
* Die huur van Februarie het reeds toegeval
* Wet: Sluit inkomste by BI in op grond van: vroegste van ontvangstes of toevallings
Verbetering van huurpryse 0 Huurverbetering by verhuurder ingesluit
Wet: verbetering was in die jaarkontrak is ingesluit (2023 JVA). Die bedrag word gespesifiseer en John is in 2023 JVA op R40000 belas (ongeag die bedrag wat deur die huurder aangegaan is).
Huurpremie 6 000 Huurpremie by verhuurder ingesluit
Rente ontvang (RSA)
Rente ontvang (Buiteland) 9 100
7 500 Algemene definisie: word belas deur SARS op wêreldwye inkomste omdat John ʼn inwoner is van die RSA.
Dividende (RSA)
Dividende (Buiteland) 32 000
17 000 Plaaslike en buitelandse dividende word ingesluit by BI
Annuïteit 15 000 Annuïteit = R5 000x 3 = R15 000 (Des’23 + Jan’24 + Feb’24)
(Die kapitaalgedeelte (R1 100 x 3) is later ingevolge artikel 10 vrygestel)
Verlofvoorwaardes enkelbedrag 4 000 Enkelbedrag van werkgewer OF (omdat ingevolge die dienskontrak). Dit is nie ‘n skeidingsvoordeel nie (“retrenchment”)
Privaat tuin werk 28 000 Dienste gelewer
Dobbelary - Dobbelgeld is kapitaal van aard en word nie by BI ingesluit nie
Tantieme plaaslik
Tantieme buiteland 86 000
44 000 Wet: word belas deur SARS op wêreldwye inkomste omdat hy ʼn inwoner van die RSA is.
Bruto inkomste 572 200

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

VRAAG 2 – BRUTO INKOMSTE
Ivan Hesse
Ivan Hesse het in 1994 ʼn woonstelblok aangekoop en verdien sedertdien ʼn goeie opbrengs daarvan. Hy het nie ʼn rekord waar hy gereeld eiendom koop en verkoop nie. Hy is wel bewus daarvan dat hy die 15 afsonderlike woonstelle vir ʼn goeie wins kan verkoop en is besig om ‘n deeltitelregister oop te maak.

Hy is ook van plan om die woonstelle bietjie op te gradeer wat moontlik die verkope daarvan sal vergemaklik en meer aanloklik vir potensiële kopers te maak.

VERLANG:
Bespreek kortliks, met redes, of die opbrengs wat hy verdien met die verkope van die 15 woonstelle inkomste van aard of kapitaal van aard is. Oorweeg in jou antwoord die geval waar hy die woonstelle nie opgradeer nie, teenoor die geval waar hy dit wel opgradeer. Ignoreer kapitaalwinsbelasting.

A

VRAAG 2 - OPLOSSING

  • Wetsvereistes:
  • Wat was Ivan se intensie met die woonstelle wanneer hy dit oorspronklik gekoop het?
     Hy het dit gekoop met die intensie om die woonstelle te hou vir ʼn belegging, want hy het dit vir ʼn
    lang tyd gehad.
  •  Alhoewel hy baie huurinkomste verdien het, het hy nie ʼn rekord waar hy baie eiendomme gekoop en verkoop het nie, en het dus nie gespekuleer met eiendom nie.
  • Was daar ʼn verandering in sy intensie sedert sy aankope van die woonstelle?
     Elke natuurlike persoon is geregtig om sy bates te laat realiseer tot die beste van sy voordeel.
  •  Die blote oopmaak van ʼn deeltitelregister is nie ‘n indikasie dat hy sy bedoeling verander het van belegging na spekulasie doeleindes nie.
  • Gevolgtrekking:
  • Die ontvangstes/toevallings in hierdie geval is dus van kapitale aard en uitgesluit van sy bruto inkomste.

Wat as Ivan die woonstelle wou verbeter voordat hy dit verkoop het?
Maar, indien Ivan die woonstelle wil verbeter en dit dan verkoop vir ʼn beter prys, dan kan SARS redeneer dat hy nou die intensie gehad het om die woonstelle vir besigheidsdoeleindes wil verder ontwikkel. Dan is die inkomste gesien as inkomste van aard en word by bruto inkomste ingesluit.
(Bron: Tax Workbook 2024 – Gross Income)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

VRAAG 3 – BRUTO INKOMSTE

Die rugby span in RSA word besit en bestuur deur ʼn eenmansaak “Die Springbokke” wat besit word deur Handrè Pollard. In die 2024 jaar van aanslag het “Die Springbokke” twee spelers: Lood de Jager en Faf de Klerk, verkoop. Die spelers is aan NZ verkoop om voortaan vir die Kiwis te speel. Lood was verkoop vir R5 000 000 en Faf was verkoop vir R25 000.

Lood de Jager
Hy het op die ouderdom van 19 jaar oud begin rugby speel vir “Die Springbokke”, en doen so vir al 8 jaar lank. Hy het ʼn lewensdienskontrak geteken, en het afrigting ontvang totdat hy as speler van die jaar aangewys was.

Faf de Klerk
Hy was teen ʼn winskoop opgeraap vanaf die Engelse vir slegs R3000. Maar, “Die Springbokke” het vinnig agtergekom dat hy nie ʼn goeie keuse was vir hulle span nie, en het gedink hulle sal hom weer vinnig kan verkoop teen ʼn wins. Maar, die verkoop transaksie het eers 8 weke nadat hy by die span aangesluit het, gebeur.

VERLANG
Bespreek kortliks watter bedrae, indien enige, by “Die Springbokke” se bruto inkomste ingesluit moet wees vir die 2024 jaar van aanslag.

A

VRAAG 3 - OPLOSSING
Wetvereistes:
Vir ontvangstes of toevallings om ingesluit te word by natuurlike persone se bruto inkomste, behoort dit aan die definisie van bruto inkomste te voldoen:
Die totale bedrag, hetsy kontant of andersins, wat ontvang of toegeval is in die huidige jaar van aanslag, uitgesluit inkomste van ‘n kapitale aard, word by bruto inkomste ingesluit.
Toepassing:
Die spelers was vir ʼn bedrag verkoop (R5miljoen en R25 000) wat in kontant ontvang is in die huidige jaar van aanslag. Maar daar moet vasgestel word of die ontvangstes kapitaal van aard is of nie, en dit word gedoen deur die natuurlike persoon, Handre Pollard, se intensie met die transaksies (eers die aankope en toe verkope van die spelers) te ondersoek.
Lood de Jager:
Hy was ʼn inkomste-genererende bate vir 8 jaar en word geag ʼn kapitale bate te wees want die intensie met die aankope was nie om hom weer vinnig te verkoop nie.
Gevolgtrekking: R5 miljoen is van kapitale aard en word nie ingesluit by die bruto inkomste van 2024 jaar van aanslag nie.
Faf de Klerk
Hy was gekoop as handelsvoorraad – want hy was net vir ʼn kort periode aangestel en die intensie was om hom weer vinnig te verkoop om sodoende ʼn wins te maak.
Gevolgtrekking: R25 000 is inkomste van aard en word ingesluit by bruto inkomste van 2024 JVA.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

VRAAG 4 – BRUTO INKOMSTE (EN SPESIALE INSLUITINGS)
Vinesh Naidoo is ‘n welgestelde entrepreneur en gesondheidsaktivis en inwoner van die Republiek van Suid-Afrika. Weens die impak van die Covid-19-pandemie het Vinesh besluit om vrywillig aan ‘n mediese proef vir ‘n entstof deel te neem. Die mediese proef het vereis dat Vinesh vir ‘n tydperk van drie maande van 1 Februarie 2024 tot 30 April 2024 in ‘n kwarantynfasiliteit moes bly. Gedurende hierdie tydperk sou Vinesh nie na sy mees gewaardeerde besittings kon omsien nie, naamlik sy eksotiese tropiese visse.
Vinesh het ‘n ooreenkoms met Zakia Cassim aangegaan om in sy huis te bly en na sy tropiese visse om te sien terwyl hy aan die mediese verhoor gaan deelneem. Die ooreenkoms het bepaal dat Zakia hierdie dienste van 1 Februarie 2024 tot 30 April 2024 teen ‘n fooi van R10000 per maand sou lewer, dus R30 000 in totaal vir drie maande.
‘n Voorwaarde van die ooreenkoms was dat, indien enige visse gedurende die tydperk sou sterf terwyl hy weg is, Zaskia se fooi verminder sou word met die koste verbonde om die vis te vervang. Die vermindering in haar fooi is egter beperk tot ‘n maksimum gelyk aan die totale fooi betaalbaar. Die bedrag wat ingevolge hierdie ooreenkoms aan Zakia (indien enige) betaal moet word, sou op 30 April 2024 bereken word as R30 000 minus die koste om die dooie visse te vervang, en sal op 2 Mei 2024 aan haar betaal word.
Met sy terugkeer was Vinesh bly dat geen visse gesterwe het nie en het aan Zakia die volle R30 000 op 2 Mei 2024 betaal, soos ooreengekom.
VAN U WORD VERLANG OM
U is werksaam by ʼn konsultasie firma, TKZ Belasting Bpk in Pretoria. Skryf ‘n brief aan Zakia Cassim om te bespreek of die R30 000 by haar bruto inkomste ingesluit moet word en indien wel, dui aan in watter jaar of jare van aanslag die bedrag ingesluit behoort te word.
U antwoord moet verwys na die komponent(e) van die toepaslike bepalings van die Inkomstebelastingwet No. 58 van 1962 aangaande Bruto inkomste.

A

VRAAG 4 - OPLOSSING
TKZ Belasting Bpk.
PO BOX 123
Pretoria
2000
31 Mei 2024

Me. Zakia Cassim
PO Box 456
Randburg
Johannesburg
2001

Beste Me. Cassim
Belastingaanspreeklikheid vir dienste gelewer.
Met betrekking tot jou navraag oor die vraag of die R30 000 wat jy ontvang het vir dienste gelewer moet word, by jou bruto inkomste ingesluit moet word. Vind aangehegte Bylaag A wat ons bespreking bevat.

Vriendelike Groete
Belastingkonsultant

Bylaag A
Inwoners se bruto inkomste word omskryf in Artikel 1 van die Inkomstebelastingwet No. 58 van 1962, maar spesiale insluitings moet eers oorweeg word aangesien hulle prioriteit bo die algemene definisie geniet. (spesifieke bepalings oorheers algemene bepalings)

(1) Spesiale insluiting - dienste gelewer is hier van toepassing
· Bedrag - R30 000 (vermeld in vereis)
· ten opsigte van - Ja, daar is ‘n oorsaaklike verband tussen die dienste en
die R30 000
· kapitaal van aard is irrelevant vir spesiale insluitings

Ontvang deur of Toegeval aan:
· Ontvang deur - ontvang 2 Mei 2024
· Toegeval - wanneer het dit toegeval? Dit is die probleem:

Die vraag is of die bedrag gedurende die 2024 of 2025 jaar van aanslag deur Zakia ontvang of toegeval is.
Kontant is gedurende die 2025-jaar van aanslag (2 Mei 2024) ontvang, maar dienste is gelewer gedurende beide jare van aanslag.

Toevalling: vir ‘n bedrag wat ‘toegeval’ het in terme van die bruto inkomste definisie beteken dat die belastingbetaler nie net geregtig moes geword het op die bedrag nie, MAAR moes ook onvoorwaardelik geregtig geword het op die bedrag. (Dus daar moes geen voorwaarde gekoppel word aan die reg nie).

(2) Die R30 000 is onderhewig aan ‘n voorwaarde waaraan voldoen moet word, spesifiek enige visverliese wat ervaar word.

Op 28 Februarie 2024 sou u ‘n derde (R10 000) van die kontrak met Vinesh voltooi het. Tog is u op hierdie datum nie geregtig om betaling van Vinesh te eis nie. Die totale fooi sal dus eers op 30 April 2024 aan Zakia toegeval het wanneer enige visverlies gemeet kan word (nie onvoorwaardelik geregtig nie). Voor 30 April 2024, indien ‘n visverlies plaasgevind het, sou u nie ‘n betaling van Vinesh kon eis onder die voorwaardes wat in die ooreenkoms vervat is nie. Aan die einde van die 2024-jaar van aanslag is daar dus geen ontvangste van bruto inkomste uit hierdie ooreenkoms nie.

(3) ‘n Voorwaarde in die kontrak het bepaal dat die totale fooi slegs op 2 Mei 2024 betaalbaar was. Dit is ‘n voorwaarde op die datum van ontvangs (betalingsdatum) en nie die datum van toevalling nie. Daarom sal enige toevalling steeds op 30 April plaasvind wanneer die visverliese gemeet word. Die betalingsdatumbepaling sal nie ‘n impak hê op die datum van toevalling nie, aangesien toevalling die vroeër van die twee datums sal wees. (d.w.s. vroegste van ontvangste of toevalling)

Ten slotte behoort Zakia R30 000 in haar bruto inkomste in die 2024-jaar van aanslag in te sluit wanneer aan alle voorwaardes voldoen is.

[Bron: Universiteit van Pretoria, BEL200, 2021, Vraag 4]

Case study inligting in kort:
 Zakia moes Vinesh se visse oppas terwyl hy weg is.
 Sy moes dit oppas vir ʼn periode van 3 mnde (1 Feb’24 - 30 April’24)
 @ R10 000 p.m. dus = R10 000 x 3mde = R30 000
 Voorwaarde: As enige visse sterf sal haar fooi verminder word met die koste om die visse te vervang
 Maar: Geen visse is dood nie.
 Zakia het toe R30 000 ontvang op 2 Mei 2024.

Analiseer:
1. Sy lewer ʼn diens (spesiale insluiting) dus is kapitaal van aard irrelevant.
2. Vroegste van ontvangste of toevalling: Ontvangste (2 Mei) Toevalling? Dit is die vraag. Het dit haar in die huidige JVA toegeval of eers die volgende JVA.
3. So: Ontvangste was in die 2025 JVA
4. So: Dienste was gelewer in beide JVA’e
5. Toevalling vereis dat belastingpligtige onvoorwaardelik geregtig is op die inkomste. Maar in die geval was dit voorwaardelik.
6. Sy sou nie al 29 Feb 2024 geregtige gewees het op die volle bedrag nie.
7. Sy word eers onvoorwaardelik geregtig op die R30 000 op 30 April 2024 want geen visse was dood nie.
8. Dus: Ontvangste = 2 Mei en Toevalling = 30 April 2024
9. Vroegste: 30 April 2024 – wat in elk geval ook in die 2025 JVA is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

VRAAG 5 – BRUTO INKOMSTE
Ballito Rentals BK is ʼn eiendomsagentskap wat eiendom uitverhuur. Deel van hul besigheidbedrywighede is om huur in te samel en om eiendom in die buiteland te onderhou en te bestuur.
Ballito Rentals bestuur ʼn woonstelblok wat in Malta (Europa) opgerig is. Die woonstelle word besit deur verskeie individue. Die volgende persone het elk ʼn huurinkomste van R85 000 ontvang in die huidige jaar van aanslag omdat hulle hul eenhede uitverhuur het. Die eienaars van die woonstelle is bekommerd dat hulle moontlik aanspreeklik gehou sal word vir normale belasting in die RSA.
Herma Bosman
Herma bly in die RSA. Sy was met vakansie in Australië vir 92 dae in die huidige jaar van aanslag. Dit was die enigste tydperk wat sy in die buiteland spandeer het vir die jaar van aanslag.
Jessica Lange
Jessica is ʼn Franse inwoner wat ook ʼn gewone inwoner is van Italië. Sy is nie ʼn gewone inwoner van die RSA nie. Gedurende ʼn werkende vakansies in 2019 en 2020 het sy die volgende periodes in die RSA spandeer:
* 1 April 2019 tot 15 Februarie 2020 (= 2021 JVA)
* 1 Junie 2021 tot 31 Desember 2021 (= 2022 JVA)
* 56 dae wat strek oor November 2022 en Desember 2022 (= 2023 JVA)
* 1 Oktober 2023 tot 31 December 2023 (= 2024 JVA)

VAN U WORD VERLANG
Om aan te dui wie van die bogenoemde persone onderhewig sal wees aan normale belasting in die RSA in die 2024 jaar van aanslag. Ignoreer die bepalings van dubbelbelastingooreenkomste wat moontlik van toepassing is.

A

VRAAG 5 - OPLOSSING
Wet vereistes:
Vir ʼn bedrag om by ʼn inwoner se Bruto inkomste ingesluit te word, moet dit voldoen aan die Bruto Inkomste definisie
* Inwoner
* ʼn totale bedrag
* hetsy kontant of andersins
* in die huidige jaar van aanslag
* Ontvang of toegeval
* uitgesluit inkomstes van ʼn kapitale aard

Wanneer ʼn bedrag deur ʼn nie-inwoner van die RSA ontvang / toegeval word, hetsy kontant of andersins, vanaf ʼn bron in Suid-Afrika, in die huidige jaar van aanslag, uitgesluit inkomstes van kapitale aard, moet dit by hul bruto inkomste ingesluit word.
Toepassing:
* Inwoner – daar moet vasgestel word of Herma en Jessica ʼn inwoner is.
* ʼn totale bedrag – beide het ʼn bedrag gekry
* hetsy kontant of andersins – wat hul in kontant ontvang het
* in die huidige jaar van aanslag – was in die 2024 JVA ontvang
* Ontvang of toegeval – ontvang vanuit ʼn buitelandse bron (Malta)
* uitgesluit inkomstes van ʼn kapitale aard – die huurinkomste is nie kapitaal van aard nie
So dan is die vraag:
a) Ontvang die persone die huurinkomste as INWONER van die RSA? Nee
b) As die persoon nie ʼn inwoner is van die RSA nie, is die huurinkomste ontvang vanuit ʼn bron in die RSA?

Herma Bosman
Is Herma ʼn inwoner van die RSA?
Daar moet bepaal word of Herma ʼn gewone inwoner is van die RSA. Gewone inwoner verwys na die beginsel wanneer ʼn persoon na ʼn plek gaan wat sy permanente woning is, OF die plek waarna toe ʼn persoon sal terugkeer na reise.
Herma was op vakansie in Australië en die plek waarna toe sy gaan terugkeer na haar reise is die RSA. Daarom is sy geag ʼn inwoner te wees van die RSA.
Gevolgtrekking: Omrede sy ʼn inwoner is van die RSA gaan die huurinkomste wat sy ontvang het of haar toegeval het, ingesluit word by haar bruto inkomste.


Jessica Lange
Is sy ʼn inwoner van die RSA?
Nee, die gevalle studie het aangedui dat sy is ʼn gewone inwoner van Italië is. Maar sy kan steeds as inwoner van die RSA kwalifiseer indien sy aan die fisiese teenwoordigheidstoets voldoen.
Vereistes van die fisiese teenwoordigheidstoets volgens die wet is:
a) Om meer as 91 dae in die huidige jaar van aanslag in die RSA te spandeer het; EN
b) Om meer as 91 dae, in elk van die voorafgaande vyf jare van aanslag – wat die huidige jaar van aanslag voorafgaan, tyd in die RSA te spandeer; EN
c) Om in totaal meer as 915 dae, in die voorafgaande vyf jare van aanslag – wat die huidige jaar van aanslag voorafgaan, tyd in die RSA spandeer

Toepassing:
* Huidige jaar van aanslag: 1 Okt. tot 31 Des 2023 = (31+30+31) = 92 dae. Voldoen aan eerste vereiste, want dit is meer as 91 dae.
* Vorige 5 jare van aanslag, wat die huidige JVA voorafgaan:
o Geen dae = 2019 JVA < 92 dae – dus voldoen nie aan vereiste nie.
o 1 April 2019 tot 15 Februarie 2020 (= 2020 JVA) = 321 dae > 92 dae – voldoen aan vereiste
o Geen dae = 2021 JVA < 92 dae – dus voldoen nie aan vereiste nie.
o 1 Junie 2021 tot 31 Desember 2021 (= 2022 JVA) = 214 dae > 92 dae – voldoen aan vereiste
o 56 dae wat strek oor November 2022 en Desember 2022 (= 2023 JVA) < 92 dae voldoen nie aan vereiste nie.

Berekeninge:
o 2019 JVA = geen dae nie
o 2020 JVA = 321 dae (30 (April’19) +31(Mei’19) +30(Junie’19) +31(Julie’19) +31(Aug’19) +30 (Sept’19) +31 (Okt’19) +30 (Nov’19) +31(Des’19) +31(Jan’20) +15(Feb’20))
o 2021 JVA= geen dae nie
o 2022 JVA = 214 dae = (30+31+31+30+31+30+31) (Junie tot Des’21)
o 2023 JVA = 56 dae (gegee)

Gevolgtrekking:
* Eerstens: sy voldoen nie aan die 2de vereiste nie want sy was nie in die RSA tydens die 2021 en 2019 JVA nie. Daarom hoef die 3de vereiste nie getoets te word nie. Dus is Jessica nie ʼn inwoner van die RSA nie, want sy voldoen nie aan die fisiese teenwoordigheidstoets nie.
* Tweedens: nie-inwoners word wel belas op inkomste vanuit ʼn Suid-Afrikaanse bron, maar dit is ook nie die geval hier nie, want die inkomste is afkomstig vanaf Malta. Daarom sal die huurinkomste wat verdien is in Malta nie belas word in die RSA nie, en hoef dit nie by haar bruto inkomste vanaf ʼn RSA perspektief ingesluit te word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

VRAAG 6 – BRUTO INKOMSTE
Rene (Tantieme)
Rene bedryf ʼn eenmansaak as ʼn outeur en geniet dit om boeke te skryf terwyl sy in die Kruger Wildtuin is, wat in die RSA geleë is. In die huidige jaar van aanslag het tantieme ter waarde van R50 000 haar toegeval vir verkope van haar boek wat plaasgevind het by Exclusive Books op die Victoria Falls lughawe.

A

OPLOSSING - Rene
Rene
Die definisie van “bruto inkomste” sluit:
 alle bedrae in,
 wat deur ‘n inwoner ontvang of toegeval word.
 ‘n Inwoner is onderhewig aan normale belasting op sy wêreldwye ontvangstes en toevallings.
 Tantième is die “vrug” (inkomste in die natuur) van die “boom” (kopiereg op die boek en kapitaal in die natuur).
Gevolgtrekking: Sy moet dus die R50 000 by haar RSA bruto inkomste insluit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Marco (Prysgeld)
Marco is ʼn verkoopspersoon by ʼn kleinhandelaar. Gedurende die 2024-jaar van aanslag het hy ‘n prys gewen omdat hy die kleinhandelaar se produktiefste verkoopspersoon van die jaar was. Die prys was ‘n volledige betaalde vakansie vir twee weke by Hartenbos ter waarde van R70 000. Sy werkgewer het die kostes van R70 000 betaal.

A

OPLOSSING - Marco
 Prysgeld is normaalweg ‘n ontvangste van ‘n kapitale aard wees, omdat dit toevallig gebeur en nie voortspruit uit die bedryf van besigheid nie.
 Maar, in Marco se geval hou die wen van die prys egter nou verband met sy werk. Die prys wat aan hom toegeken is, was ‘n voordeel van sy diens.
Gevolgtrekking: Die koste daarvan vir sy werkgewer is die bedrag wat ingesluit is in sy bruto inkomste.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Blake (Erfporsie)
Blake, wat in Kaapstad woon en werk, het in Johannesburg ‘n huis ter waarde van R2500 000 van sy oorlede oupa geërf. Aangesien hy nie Johannesburg toe sal trek nie, het hy dié huis vir R2 650 000 verkoop.

A

OPLOSSING - Blake
 Die definisie van “bruto inkomste” sluit die ontvangstes en toevallings wat van ‘n kapitale aard uit.
 ‘n Belangrike toets om te doen, is om die belastingbetaler se bedoeling te bepaal: dié van spekulasie of belegging is. Aangesien hy die eiendom geërf het, het hy dit nie met ‘n spekulatiewe bedoeling verkry nie.
Maar, die volgende behoort bepaal te word:
a) het sy bedoeling verander na dié van spekulasie toe hy dit verkoop het?
b) het hy ʼn bedrywigheid daarvan begin maak, of ‘n skema begin om dit vir ‘n wins te verkoop?
c) hy het dit na ‘n kort tydperk verkoop?
Toepassing:
a) Sy intensie was nie om te spekuleer toe hy die huis verkoop nie. Hy wou dit verkoop aangesien hy dit nie nodig gehad het nie.
b) Hy het nie ‘n uitgebreide advertensieveldtog aangegaan om dit te verkoop nie en dus het hy nie ʼn bedrywigheid daarvan gemaak nie.
c) Die inligting dui nie aan of hy die huis vir ʼn kort tydperk gehad nie, so op die gegewe feite sou sy ontvangs of toevalling uit die verkoop daarvan van ‘n kapitale aard wees.
Gevolgtrekking: word hy dus uitgesluit van sy bruto inkomste omdat dit kapitaal van aard is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Dekker (Geërfde woonstelle – verwante beroep)
Hy is ‘n eiendomsontwikkelaar wat in Pretoria woon en handel dryf met eiendom. Hy het op 3 Maart 2023 ‘n woonstelblok in Pretoria, ter waarde van R18 000 000, geërf van ‘n oorlede oom wat ook in Pretoria gewoon het. Aangesien hy op daardie stadium twee ander woonstelblokke onder deeltitel verkoop het, het hy onmiddellik aansoek gedoen om deeltitelregte op sy geërfde eiendom. Teen 29 Februarie 2024 het hy al die woonstelle in sy geërfde eiendom vir R19 000 verkoop.

A

OPLOSSING - Dekker
 Aangesien hy die eiendom geërf het, het hy dit nie met ‘n spekulatiewe bedoeling verkry nie.
 Maar, het sy bedoeling verander na spekulasie van aard toe hy dit verkoop het?
 Het hy begin met ‘n skema om dit vir ‘n wins te verkoop?
Hy doen reeds die handel as ‘n eiendomsontwikkelaar, met ‘n gespesialiseerde kennis van hierdie handel. Hy het aansoek gedoen om deeltitelregte daarop. Hy het dit toe binne ‘n kort tydjie teen ‘n aansienlike wins verkoop. Die blote feit dat ‘n aansoek om deeltitelregte gedoen word, dui nie noodwendig op ‘n spekulatiewe bedoeling nie, maar in sy situasie doen hy gereeld soortgelyke transaksies weens sy beroep.

Gevolgtrekking:
Die feit dat hy die handel van ‘n eiendomsontwikkelaar bedryf, kan daartoe lei dat sy geërfde eiendom ook as deel van sy handelsvoorraad geword het. Die ontvangstes of toevallings uit die verkoop daarvan sal dan inkomste van aard wees en by sy bruto inkomste ingesluit word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Sune
Sy het tot 1 Maart 2023 ‘n eiendomsagentskapbesigheid in Durban as gelyke vennoot begin bedryf. Sy het toe haar aandeel in die vennootskap vir R300 000 verkoop. Hierdie verkoopprys van R300 000 bestaan soos volg:
* R100 000 vir haar aandeel in die vennootskap se handelsdebiteure (teen boekwaarde),
* R50 000 vir haar deel van die meubels van die vennootskap, en
* R150 000 vir haar klandisiewaarde.
Die R100 000 vir die vennootskap se handelsdebiteure en die R50 000 vir haar meubels is kontant betaal. Sy het ingestem om ‘n jaarlikse bedrag (enkelbedrag) van R20 000 vir die res van haar lewe as skikking vir haar welwillendheid te aanvaar.

A

OPLOSSING - Sune
Handelsdebiteure
 Die R100 000 wat Sune in kontant ontvang het vir die verkoop van haar aandeel in die vennootskap se handelsdebiteure, is kapitaal van aard, omdat die transaksies wat aanleiding gegee het tot die bedrae verskuldig deur die debiteure, reeds toe al ingesluit was by haar bruto inkomste in die jare van aanslag toe die skuld ontstaan het (dit wil sê toe die kredietverkope gebeur het).
 Gevolgtrekking: die bedrag sal nie weer by haar bruto inkomste ingesluit nie.
Meubels
 Die R50 000 wat sy in kontant ontvang het vir die verkoop van haar deel van die vennootskap se meubels, is ook ‘n ontvangste van ‘n kapitale aard aangesien dit deel vorm van die vaste kapitaalstruktuur van haar besigheid.
 Gevolgtrekking: Sy sal egter moontlik ‘n bedrag wat “verhaal” (wins) is by die verkoop van hierdie bate by haar bruto inkomste moet insluit, as die verkoopprys (opbrengs) daarvan die belastingwaarde (basiskoste) oorskry het.
Klandisiewaarde
 Die verkope van ʼn besigheid se klandisiewaarde is ook van ‘n kapitale aard, aangesien klandisiewaarde deel vorm van ‘n belastingbetaler se vaste kapitaalstruktuur.
 Gevolgtrekking: Die ontvangstes of toevallings van die klandisiewaarde sal nie by bruto inkomste ingesluit word nie. Maar daar is ʼn uitsondering: wanneer die koopsom as ‘n annuïteit (spesifieke insluiting) betaalbaar is, word dit ingesluit in bruto inkomste, al is dit kapitaal van aard.

17
Q

Steyn (Verkoop van eiendom)
Op 1 Mei 2023 het hy ‘n stuk grond in Bryanston gekoop waarop hy van plan was om ‘n huis op te rig vir sy gesin en homself om in te woon. Hy moes noodgedwonge ‘n veel groter eiendom koop as wat hy nodig gehad het, aangesien die verkoper van hierdie erf nie bereid was om slegs ‘n gedeelte daarvan aan hom te verkoop nie. Na sy aankoop daarvan het hy dit onderverdeel. Op 30 Junie 2023 verkoop hy die oortollige gedeelte daarvan teen ‘n wins van R1 500 000.

A

OPLOSSING - Steyn
 Sy bedoeling met die aankoop van die eiendom was nie om ‘n wins skema te begin nie.
 Hy is deur omstandighede gedwing om ‘n eiendom bo sy behoeftes te koop.
 Die wins wat hy met die verkoop van die oortollige grond gemaak het, was toevallig en nie doelbewus beplan nie.
Gevolgtrekking: die verkoop van hierdie oortollige gedeelte van die eiendom is ‘n ontvangste of toevalling van ‘n kapitale aard en word dus uitgesluit van sy bruto inkomste.

18
Q

Wiehan (Deposito van huurders)
Hy hou deposito’s van R90 000 afkomstig van huurders wat woonstelle beset in sy woonstelblok in Bloemfontein wat hy gedurende die 2023-jaar van aanslag opgerig het en wat hy gedurende die 2024-jaar van aanslag laat vaar het.
Hierdie deposito’s is terugbetaalbaar aan ‘n huurder wat ‘n woonstel ontruim, mits dit in dieselfde toestand is as toe hy die reg verkry het om dit te gebruik, en mits hy dit vir ‘n tydperk van minstens ses maande beset het. Hy het die R90 000 in ‘n aparte bankrekening gedeponeer. Hy sal die R90 000 slegs gebruik vir die terugbetaling van ‘n deposito aan ‘n kwalifiserende huurder.

A

OPLOSSING - Wiehan
 Die vraag is, het Wiehan hierdie deposito tot voordeel van homself ontvang?
 As die deposito’s nie tot sy voordeel ontvang is nie, kan daar geen ontvangstes wees vir die doeleindes van die definisie van “bruto inkomste” nie.
 Die feit dat hy die bedrae in ‘n aparte (trust) of bankrekening gedeponeer het, bevestig dat hy dit nie as sy eie eiendom behandel het nie.
 Indien ‘n deposito in ‘n aparte (trust) of bankrekening geplaas word, soos wat Wiehan gedoen het, is dit waarskynlik nie bruto inkomste nie en geag kapitaal van aard te wees.
Gevolgtrekking: Die deposito’s sal dus van sy bruto inkomste uitgesluit word.

19
Q

Ronan (Verkope van waardevolle breekware – verwante beroep)
Hy is ‘n duikinstrukteur in diens van ‘n plaaslike skubaduikklub. Terwyl hy duik, ontdek hy ʼn wrak van ‘n skip in redelike vlak water aan die kus van Oos-Londen. Die skip het meer as 200 jaar gelede gesink met ‘n vrag breekware. Hy het besef dat hierdie breekware nou waardevol is.
Hy het toe ‘n boot en ander toerusting gaan huur asook assistente om hom te help om al die breekware op te grawe. Hy het ‘n vooruitbetaling van R5 000 000 vir die breekware van ‘n museum in Londen ontvang, aan wie hy die alleenreg verleen het om die hele vrag te koop.
Teen die einde van die 2024-jaar van aanslag het hy die breekware verkoop vir R6 500 000, aan ʼn buitelandse museum wat in Londen geleë is. Maar, die museum het teen 29 Februarie 2024 nog net R5 000 000 betaal.

A

OPLOSSING - Ronan
 Hy het die geredde breekware verkoop in die loop van ‘n besigheid of ingevolge ‘n winsmakende skema.
 Die feit dat hy die breekware laat waardeer het ‘n boot en toerusting gaan huur het en boon-op assistente in diens neem om hom te help, en ‘n kontrak met die museum gesluit het, ondersteun die feit dat die transaksie besigheids-van aard is.
 Enige inkomste wat hy ontvang het of wat hom toegeval het ten opsigte van die breekware is dus nie toevallig nie maar eerder iets waarvoor hy doelbewustelik gewerk het. Dus is die geld inkomste van aard.
Aangesien hy aan die museum die alleenreg gegee het om al die breekware te koop, het die R1 500 000 (R6 500 000 - R5 000 000) hom “toegeval” in die 2024 jaar van aanslag, aangesien hy daarop onvoorwaardelik geregtig is (daar was geen voorwaardes gestel deur die museum nie).
Gevolgtrekking: Die ontvangste is tot voordeel van homself en vir sy eie gebruik, en word ingesluit by sy bruto inkomste.

20
Q

VRAAG 7 – BRUTO INKOMSTE (Verkoop van eiendom)
Toe Ruben op 29 Februarie 2021 afgetree het, het hy ʼn enkelbedrag wat met sy aftrede hom toegeval het, gebruik om ‘n huurproduserende eiendom te koop. Hy het geglo dat die opbrengs daarvan hom ‘n beter belegging sou bied as ‘n rentedraende sekuriteit in ‘n bank.
Hy het die eiendom op 10 Maart 2021 gekoop en die balans met ʼn verbandlening gefinansier. Ruben Marais se netto ontvangstes en toevallings weens die verhuring van hierdie huurproduserende eiendom het hom ‘n redelike opbrengs op sy belegging gegee. Hy het nou ‘n goeie aanbod van ‘n ander persoon ontvang om die huurproduserende eiendom te koop.
Sy besluit om die aanbod te aanvaar, sal afhang of die opbrengs met die verkope by sy bruto inkomste ingesluit word of nie. Hy het jou as belastingkonsultant genader vir advies, want hy wil so min as moontlik belasting betaal.

VAN U WORD VERLANG OM
Om sommige van die belangriker faktore wat in ag geneem sal word, te verduidelik wanneer besluit word of die bedrag wat Ruben Marais ontvang of toegeval het, onderhewig sal wees aan normale belasting. U moet kortliks aandui of die ontvangstes of toevallings wat ontstaan uit die verkoop transaksie by sy bruto inkomste ingesluit sal word. Ignoreer kapitaalwinsbelasting.

A

VRAAG 7 - OPLOSSING
Ruben
Wetvereistes:
 Die primêre doel met die aankoop van die huurproduserende eiendom sal ‘n aanduiding wees of Ruben se bedoeling spekulerend of belegging van aard is.
 Dit is ook nodig om te bepaal of sy bedoeling verander het tussen die datum wat die eiendom gekoop is totdat dit weer verkoop is.
Verder moet die situasie se ander feite en omstandighede oorweeg word:
* die metode om die aankope van die eiendom te finansier,
* die tydperk waarvoor dit gehou is,
* die aktiwiteite wat daarmee verband gehou het terwyl hy die eiendom besit het,
* die rede vir die verkoop daarvan,
* die wyse waarop dit verkoop word,
* die aard van sy beroep, en
* sy geskiedenis van soortgelyke transaksies.

Toepassing:
 Doel: om dit ter verhuur en nie vir spekulatiewe doeleindes nie. Die eiendom was winsgewend verhuur sedert die aankoopdatum.
 Metode om eiendom te finansier: Die aankoop daarvan is uit sy eie fondse gefinansier, tesame met ‘n verband daaroor. Die opbrengs daarvan was voldoende om sy verbandverpligtinge (betaling van die verskuldigde rente en gedeeltelike terugbetaling van die kapitaal) te dek en om hom ‘n voldoende opbrengs op sy belegging te gee.
 Rede vir verkope: Dit lyk nie of daar ‘n finansiële behoefte aan hom was om dit te verkoop nie. Geen stappe is deur hom geneem om dit te verkoop nie. Hy het onverwags ʼn aanbod ontvang van iemand wat dit wil koop.
 Tydperk: die tydperk waartydens dit deur hom gehou is, blyk egter kort te wees. Maar hy is nie eiendomsagent wat huise koop en verkoop vir inkomste nie – hy is ‘n afgetrede persoon.
 Soortgelyke transaksies in die verlede: Geen inligting word gegee oor enige soortgelyke transaksies wat hy in die verlede uitgevoer het nie.

Gevolgtrekking:
* Op die beskikbare inligting sal sy ontvangstes of toevallings met die verkope kapitaal van aard wees en dus nie by sy bruto inkomste ingesluit word nie en nie belas word nie (indien kapitaalwinsbelasting geïgnoreer word).
* As belastingkonsultant sal ek Ruben adviseer om wel die aanbod op die eiendom te aanvaar.

21
Q

VRAAG 8 – BRUTO INKOMSTE
Thinus Fourie, ‘n inwoner van die RSA, is in diens van ‘n goudmynmaatskappy in die Vrystaat.
Enkelbedragvergoeding
In April 2023 is hy beseer terwyl hy aan diens was. Op 15 Februarie 2024 is sy werkgewer se vergoeding van R900 000 aan hom toegeken vir die verlies van die gebruik van sy linkerhand. Dit is aan hom toegeken weens die nalatigheid aan die kant van sy werkgewer. Hy was steeds in diens van die goudmynmaatskappy, maar in ‘n klerklike posisie en teen ‘n laer salaris.
Skadevergoeding vir kontrakbreuk
Om sy laer salaris aan te vul, het hy ‘n minibus onder ‘n kontrak van drie jaar gekoop en ‘n taxi-onderneming bedryf met behulp van ‘n gehuurde bestuurder. Ná ‘n maand het sy taxibestuurder bekommerd geraak oor sy veiligheid in die taxi-bedryf en versuim om vir diens aan te meld en die minibus saamgeneem. Dit was ‘n verbreking van die kontrak deur verlatenheid. Hy het sy bestuurder suksesvol gedagvaar en op 31 Augustus 2023 R30 000 vir die verbreking van sy kontrak en R80 000 vir die minibus (gelykstaande aan sy belastingwaarde) ontvang.
Kommissie
Hy het sy geleenthede by die goudmyn benut en vir ‘n misdaad sindikaat gewerk wat met gesteelde goud handel gedryf het. Hy het ‘n kommissie van R140 000 ontvang om as ‘n middelman op te tree. Hy het nooit hierdie geld fisies ontvang nie, aangesien hy gereël het dat sy kommissie direk aan ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie toegeken word.
Stokperdjie
Thinus het ook ‘n stokperdjie om model sportmotors te versamel. Op 30 April 2023 verkoop hy twee model sportmotors aan ‘n ander versamelaar vir R20 000.
VAN U WORD VERLANG OM
Om te bespreek of bogenoemde bedrae by Thinus se bruto inkomste ingesluit sal word. Ignoreer kapitaalwinsbelasting

A

VRAAG 8 - OPLOSSING
Enkelbedragvergoeding
 Die enkelbedragvergoeding van R900 000 wat Thinus van sy werkgewer ontvang het, is ‘n ontvangste of toevalling van ‘n kapitale aard weens sy gebrek om inkomste genererend te wees.
Gevolgtrekking: Dit word dus uitgesluit van sy bruto inkomste.
Skadevergoeding vir kontrakbreuk
 Die skadevergoeding van R30 000 wat aan hom toegeken is vir die verbreking van die kontrak deur die bestuurder van sy taxi, hou verband met ‘n verlies aan sy inkomste gedurende die jaar.
 Dit was nie vir ‘n permanente waardedaling van sy kapitaalstruktuur nie.
Gevolgtrekking:
Aangesien die R30 000 sy inkomste tekort aanvul, is dit ingesluit in sy bruto inkomste.
Die R80 000 wat aan hom toegeken is vir die verlies van sy minibus is van ‘n kapitale aard en sal uitgesluit word van sy bruto inkomste omdat dit kapitaal van aard is.
Kommissie
 Die kommissie van R140 000 wat hy ontvang het vanaf die misdaad-sindikaat, wat in gesteelde goud handel dryf, is ‘n inkomste-aard (weens dienste gelewer).
 Die feit dat die R140 000 uit ‘n onwettige aktiwiteit voortspruit, beteken nie dat dit van sy bruto inkomste uitgesluit sal word nie.
 Om te bepaal of die kommissie deur hom toegeval is voordat hy die geld laat in betaal het by plaaslike liefdadigheidsorganisasie, hang van die feite af.
* Hy het “gereël” dat die kommissie direk aan ‘n liefdadigheidsorganisasie toegeken word. Dit kan daarop dui dat die geld afgestaan is voordat dit aan hom toegeval het.
* Vir ‘n bemaking om doeltreffend te wees, moet die toekomstige inkomste die begunstigde toeval en die bemaker moes homself van die toekomstige inkomste ontneem het.
Gevolgtrekking: aangesien hy ‘n diens gelewer het, word die kommissie steeds by sy bruto inkomste ingesluit.
Stokperdjie
 Om ʼn stokperdjie te hê is nie ʼn aanduiding dat ʼn besigheid tot stand gebring is met die doel om wins te maak nie.
 Sy intensie is om sy stokperdjie slegs te geniet, en nie om wins daaruit te maak nie.
Gevolgtrekking: Dus is die verkope van die twee modelle is geïsoleerde transaksies, wat veroorsaak dat die opbrengs van R20 000 kapitaal van aard is en uitgesluit word by sy bruto inkomste.

22
Q

Faktore om in ag te neem om n belastingpligtige
se intensie te bepaal

A
  1. Aard van aankope
    = aankope vir beleggingsdoeleindes = kapitaal van aard
  2. Die aard van verkope
    = toevallige verkope = kapitaal van aard
    = Oormatige bemarking en gereelde verkope van items = inkomste van aard
  3. Hoe lank het belastingpligtige die bate besit?
    = kort tydperk – moontlik dui op spekulatief van aard = inkomste van aard
    = langer tydperk – dui op die intensie om item vir belegging te hou = kapitaal van aard
  4. Kontinuiteit
    = hoeveelheid van dieselfde tipe transaksies word oorweeg
    (gereeld = inkomste van aard vs eenmalige (dan en wan) gebeurtenis
  5. Beroep van belastingpligtige
    = eiendomsagent vs salaris trekker
  6. Rede vir die ontvangste
    = Geld ontvang vir dienste gelewer is inkomste van aard al is dit verbloem as n erfenis, geskenk of skenking.
  7. Wetlike aard van die transaksie
    = geld wat ontvang word sodat ander mense die bate kan gebruik (tantieme (royalties) of huurinkomste)
  8. Besigheid bedrywighede wat aangegaan word met die doel om wins te maak
    = as die bate verkoop word vir investering doeleindes (want ander masjien wil deur die maatskappy aangekoop word) = Kapitaal van aard
    = As bate verkoop word sodat wins doeleindes alleenlik = inkomste van aard
23
Q

Ander faktore om te oorweeg

A

Ouderdom van belastingpligtige

Aard van die bate

Bedrywighede van die belastingpligtige voordat die bate aangekoop is kan indikasie gee van sy intensie

Die rekeningkundige openbaarmaking van die transaksie beïnvloed die intensie