2.2: Verskillende Verwere vir Wederregtelike Optrede (D) Flashcards
Wat is die definisie van noodweer? (6)
Noodweer (Self Verdediging)
- Regmatige handeling
- Wederregtelike aanval reeds begin / onmiddellik dreigend
- Beskerm Beskermingswaardige belang
- Handeling noodsaaklik om belang te beskerm
- Gerig teen aanvaller
- In redelike verhouding tot aanval
Wat is die definisie van putatiewe noodweer? (1)
Noodweer (Self Verdediging)
- Dink werklik in gevaar, maar nie regtig
Wat is die toets vir putatiewe noodweer? (1)
Noodweer (Self Verdediging)
- Subjektiewe toets
Watter hofsaak is betrokke by Putatiewe Noodweer? (1)
Noodweer (Self Verdediging)
- Die Pistorius-saak
Wat gee die Pistorius-saak vir ons? (1)
Noodweer (Self Verdediging)
- Die objektiewe elemente vir die toets vir putatiewe noodweer
Wat is in die Pistorius-saak bepaal? (1)
Noodweer (Self Verdediging)
- Het nalatig opgetree ten spyte van subjektiewe oortuiging omdat irrasioneel opgetree het
Op wie le die bewyslas by Putatiewe Noodweer en wat moet hulle bewys? (2)
Noodweer (Self Verdediging)
- Beskuldigde
- Oortuig hof v. subjektiewe denke
Watter teorieë bestaan oor die rasionaal agter noodweer? (2)
Noodweer (Self Verdediging)
- Beskermingsteorie
- Teorie oor Handhawing van Geregtigheid
Wat is die vereistes waaraan die AANVAL moet voldoen vir noodweer om teenwoordig te wees? (3)
Noodweer (Self Verdediging)
- Onwettig
- Gerig op ‘n beskermingswaardige belang
- Dreigend, maar nog nie voltooi
Wat is die uitsonderings wat die aanvalshandeling betref (m.a.w. wanneer is die handeling nie ‘n onwettige aanval nie)? (4)
Noodweer (Self Verdediging)
- Aanval = self verdediging v. ander persoon
- Aanval = vooraf gereelde “duel”
- Aanval = onwillekeurige handeling
- Aanval = diere handeling (tensy as instrument gebruik)
Watter hofsaak is betrokke by die vereiste dat die aanvalshandeling onwettig moet wees? (1)
Noodweer (Self Verdediging)
- S v Engelbrecht
Wat gee S v Engelbrecht vir ons? (1)
Noodweer (Self Verdediging)
- “Battered Wife Syndrome”
Wat is in S v Engelbrecht bepaal? (2)
Noodweer (Self Verdediging)
- Emosionele & sielkundige mishandeling = aanval
- MAAR self verdediging net as geen ander opsie
Watter belange kan as beskermingswaardig beskou word? (6)
Noodweer (Self Verdediging)
- Lewe
- Liggaamlike integriteit
- Eiendom
- Waardigheid
- Seksuele integriteit
- Ander belange
Wat is die uitsondering op die vereiste dat die aanvalshandeling dreigend moet wees, maar nog nie voltooi is nie? (1)
- Mag proaktief optree (bv. outomatiese verdedigingsmeganismes)
Wat is die vereistes waaraan die VERDEDIGING-/ AFWEERSHANDELING moet voldoen vir noodweer om teenwoordig te wees? (4)
- Teen aanvaller gerig
- Verdediging = noodsaaklik
- Redelike verhouding tussen aanval & verdediging
- Bewus dat self verdedig
Wat behels die vereiste dat die verdediging noodsaaklik moet wees? (2)
- Enigste manier om belang te beskerm
- MAAR geen plig om te vlug in SA
Watter hofsake is betrokke by die afweershandeling vereiste dat daar ‘n redelike verhouding tussen die aanval en die verdediging moet wees? (2)
- Van Wyk-saak
- Ntsomi v Minister of Law and Order
Wat is in die Van Wyk saak bepaal? (1)
- Die verhouding tussen die aanval & verdediging hoef NIE PROPORSIONEEL te wees nie
Wat is in Ntsomi v Minister of Law and Order bepaal? (1)
- Die verhouding tussen die wapens wat in die aanval & verdediging gebruik is hoef nie proporsioneel te wees
Hoekom is dit ‘n vereiste dat iemand bewus moet wees dat hulle in self verdediging optree? (2)
- Voorkom dat iemand aanval uitlok sodat in “self verdediging” kan optree
- Voorkom dat iemand misdaad pleeg & op nuwe feite se dat hy in “self verdediging” opgetree het
Wanneer sal die perke van noodweer oorskry word? (1)
- Rig meer skade aan aanvaller as wat aanval regverdig
Wat sal gebeur met die verweer indien die perke van noodweer oorskry word? (1)
- Verweer = nie slaag
Watter toets word gebruik om te bepaal of die perke van noodweer oorskry is? (1)
- Dolus / culpa
Wat sal gebeur as X vir Y dood maak en daar bewys word dat die perke van noodweer oorkry is? (1)
- X skuldig aan moord
Wat sal gebeur as X vir Y dood maak en nie bewus was dat hy die perke van noodweer oorskry nie, maar hy moes dit redelikerwys kon insien? (1)
- X skuldig aan strafbare manslag
Wat sal gebeur as X vir Y ernstig beseer en daar bewys word dat die perke van noodweer oorkry is? (1)
- X skuldig aan aanranding
Wat sal gebeur as X vir Y ernstig beseer en daar nie bewys word dat die perke van noodweer oorkry is nie? (1)
- Geen misdaad
Hoekom sal daar geen misdaad wees as X vir Y ernstig beseer en daar nie bewys word dat die perke van noodweer oorkry is nie? (1)
- Want aanranding = opsetlike & nie nalatige handeling
Wat is die definisie van noodtoestand? (7)
- Regmatige handeling
- Verdedig
- Lewe
- Liggaam
- Eiendom
- Ander beskermingswaardige belang
- Gevaar reeds begin / onmiddellik dreigend
- Kan nie op ander manier afweer
- Nie regtens verplig om gevaar te verduur
- Beskermde belang = in verhouding tot aantasting v. belang
- Deur menslike / nie-menslike bron
Wat is die vereistes vir noodtoestand? (5)
- Beskermingswaardige belang = bedreig
- Noodtoestand reeds begin / dreigend
- Bewus dat in noodtoestand optree
- Handeling noodsaaklik om noodtoestand te stop
- Handeling = proporsioneel tenoor beskermingswaardige belang
Wat is die uitsonderings waar noodweer nie geopper kan word nie? (3)
- As self noodtoestand skep (MOONTLIK → feitevraag)
- Regtens verplig om in gevaar te verkeer (bv. uit aard van beroep)
- Dreigende toestand = wettig (Bv. Gevangenisstraf)
Wat is die hoof verskil tussen noodweer & noodtoestand? (2)
- Noodweer → Wederregtelike Menslike Aanval
- Noodtoestand → Hoef nie wederregtelike menslike aanval te wees nie (Bv. Toevallige omstandighede)
Waaruit ontstaan noodsaaklikheid? (3)
- Absolute Dwang
- Relatiewe Dwang
- Onvermydelike Kwaad
Wat is die Latyns vir Absolute Dwang? (1)
- Vis Absoluta
Gee ‘n voorbeeld van absolute dwang. (1)
- Y (sterk) vat X (swak) se hand met mes en steek Z.
Gee absolute dwang aanleiding tot noodtoestand? Hoekom? (2)
- Nee
- Want geen vrywillige handeling
Wat is die Latyns vir relatiewe dwang? (1)
Vis Compulsiva
Gee ‘n voorbeeld van relatiewe dwang. (1)
Y beveel X om Z te skied. As nie, skiet Y vir X. X skiet Z om eie lewe te red.
Gee relatiewe dwang aanleiding tot noodtoestand? Hoekom? (2)
- Ja
- Want vrywillige handeling
Gee 3 voorbeelde van onvermydelike kwaad wat aanleiding gee tot noodtoetstand. (3)
- Bv. Dade van natuur
- Bv. Breek venster om brand te ontsnap
- Bv. Oorskry spoedgrens om by hospitaal te kom
Wat is die definisie van putatiewe noodtoestand? (1)
Glo subjektief dat in noodtoestand verkeer, maar is nie objektief geval
Sal putatiewe noodweer as verweer slaag? Hoekom? (2)
- Nee
- Handeling = wederregtelik, maar skuld-element uitgesluit
Wat is die toets by putatiewe noodweer? (1)
Die redelike persoon
Watter hofsaak is betrokke by die geval waar die noodtoestand handeling die dood van iemand veroorsaak? (1)
Goliath-saak
Wat is in die Goliath-saak beslis? (3)
- Noodtoestand sal slaag as verweer wanneer eie lewe gedreig word as nie dood maak
- Onredelik om te verwag dat lewe moet opoffer om ander te spaar
- Noodtoestand = Grond wat skuld uitsluit & nie regverdigingsgrond nie
Wat sal gebeur wanneer die noodtoestand verweer nie slaag nie? (1)
- Noodtoestand kan grond wees vir versagting van straf
Wat sal gebeur wanneer jy verkeerdelik glo dat iemand vir jou toestemming gegee het om op ‘n spesifieke manier op te tree? (2)
- Gebrek aan skuld
- Nie aanspreeklik
Wat is die vereistes waaraan voldoen moet word vir toestemming om as ‘n verweer te slaag?
1) Reg erken toestemming as regverdigingsgrond
2) Toestemming = vrywillig
3) Persoon het Vermoë om Toestemming te Gee
4) Bewus v. Werklike & Materiële Feite oor Handeling waartoe Toestem
5) Uitdruklik / Stilswyende Toestemming
6) Toestemming Vooraf Gegee
7) Toestemming deur “Slagoffer” Gegee
Wanneer erken die reg toestemming as ‘n regverdigingsgrond?
- Wanneer die misdaad teen ‘n individu is (nie teen staat)
- By sekere aanrandings by sport
- By sekere aanrandings by mediese behandeling
- By sekere seksuele aanranding
Wanneer sal toestemming as verweer slaag by sport aanranding? (1)
- Slegs by “verwagte” beserings
Wanneer sal toestemming nie as ‘n verweer slaag by sport aanrandings nie? (1)
- By ernstige oortreding v.d. reels
Wat sal gebeur wanneer dit nie moontlik is om toestemming te gee tot mediese behandeling nie? (2)
- Noodsaak OF
- Veronderstelde toestemming
Wanneer sal toestemming as verweer slaag by seksuele aanranding? (2)
- As geen beserings
- As nie contra bonos mores
Wat behels die vereiste dat die persoon die vermoë moet he om toestemming te gee? (2)
- Het geestelike & verstandelike vermoë
- Verstaan aard van handeling & gevolg daarvan
Wat is Error in Personae? (1)
- Verkeerde oortuiging oor persoon
Wanneer dit by toestemming toestemming kom, wat sal gebeur as daar error in personae is? Hoekom? (2)
- Geen toestemming
- Want is nie bewus v. werklike & materiële feite oor handeling waartoe toestem
Wat is error in negotio? (1)
- Verkeerde oortuiging oor handeling
Wanneer dit by toestemming toestemming kom, wat sal gebeur as daar error in negotio is? Hoekom? (2)
- Geen toestemming
- Want is nie bewus v. werklike & materiële feite oor handeling waartoe toestem
Watter tipe toestemming word gewoonlik by mediese prosedures vereis? (1)
Uitdruklike toestemming
Watter tipe toestemming word gewoonlik in sport gegee? (1)
Stilswyende toestemming
Gee ‘n uitsondering op die vereiste dat toestemming deur die “slagoffer” gegee moet word. (1)
Wanneer ouer toestemming gee vir minderjarige operasie
Wat is die definisie van veronderstelde toestemming? (2)
- Kan nie uitdruklike toestemming kry MAAR
- Redelike gronde om te glo dat toe sou stem
Wat is die Latyns vir veronderstelde toestemming? (1)
Negotiorum Gestio
Wat is die vereistes vir Veronderstelde Toestemming om as verweer te slaag? (6)
- Vooraf toestemming = onmoontlik
- Redelike gronde dat sou toestem → objektiewe toets
- Redelike gronde bestaan tydens handeling
- “Oortreder” weet redelike gronde bestaan
- “Oortreder” moet “benadeelde” se belange probeer beskerm (MAAR hoef nie te slaag)
- Handeling oorskry nie veronderstelde toestemming
Noem ‘n voorbeeld van veronderstelde toestemming. (1)
- Paramedikus vervoer bewustelose pasiënt & chirurg doen lewensreddende operasie → eintlik ontvoering & aanranding, maar geregverdig
- Buurman beskerm besittings van afwesige buurman deur sommige besittings na eie huis te verskuif → eintlik diefstal beskou, maar geregverdig
Kan enige van die 2 noem.
Wat is die definisie van die “Amptelike Hoedanigheid” Verweer? (2)
Amptelike Hoedanigheid
- Geregtig om handeling uit te voer weens amp
- MITS gedoen in uitvoering van pligte
Watter hofsaak is betrokke by amptelike hoedanigheid? (1)
Amptelike Hoedanigheid
- S v De Blom
Wat het in S v De Blom gebeur? (M.a.w. wat is die storie?) (3)
Amptelike Hoedanigheid
- X het ‘n vermeende misdadiger tydens arrestasie vermoor.
- Artikel 49-beskerming het misluk.
- X was nie bewus v. opset vereiste v. moord
Watter presedent is in S v De Blom geskep? (m.a.w. wat is beslis?) (3)
Amptelike Hoedanigheid
- Verweer v. onkunde v.d. reg
- Kan opset uitsluit
- Kan steeds skuldig wees aan strafbare manslag
Watter Artikels van die Strafproseswet is betrokke by Amptelike Hoedanigheid? (2)
Amptelike Hoedanigheid
- Artikel 38 - 48
- Artikel 49
Wat reel artikel 38 - 48 van die Strafproseswet? (1)
Amptelike Hoedanigheid
- Polisie arrestasies
Wat reel artikel 49 van die Strafproseswet? (1)
Amptelike Hoedanigheid
- Gebruik van geweld in arrestasie
Volgens Artikel 49 van die Strafproseswet, wat is die vereistes vir geweld om tydens arrestasie gebruik te word?
Amptelike Hoedanigheid
- As noodsaaklik
- As proporsioneel
- As ernstige geweld arresteerder
Wat behels die Artikel 49 (SPW) vereiste dat geweld tydens arrestasie gebruik kan word as dit noodsaaklik is? (3)
Amptelike Hoedanigheid
- Enigste manier om arrestasie te bewerkstellig
- Moet mondelings waarsku
- Moet eers nie-dodelike middele probeer
Wat behels die Artikel 49 (SPW) vereiste dat geweld tydens arrestasie gebruik kan word as daar ernstige geweld aan die kant van die arresteerder is? (3)
Amptelike Hoedanigheid
- Kan nou dreigend wees OF
- Het in verlede ernstige geweld gepleeg
Watter toess word gebruik by die Artikel 49 (SPW) vereiste dat geweld tydens arrestasie gebruik kan word as daar ernstige geweld aan die kant van die arresteerder is? (1)
Amptelike Hoedanigheid
- Objektiewe Toets
Volgens Artikel 49 (SPW) wat sal gebeur as die hof die verweer verwerp? (1)
Amptelike Hoedanigheid
- Optrede = onwettig
Op wie rus die bewyslas by amptelike hoedanigheid? Hoekom? (2)
Amptelike Hoedanigheid
- Op arresteerder
- Want beskuldigde = onskuldig tot anders bewys
Wat behels die bewyslas by amptelike hoedanigheid? (M.a.w. wat moet bewys word? (1)
- Dat handeling binne die bestek van Artikel 49 (SPW) val
Wat sal gebeur wanneer daar bevind is dat die persoon ‘n regmatige bevel uitgevoer het? [1]
Handeling op Bevel
- Geag in amptelike hoedanigheid opgetree
Wat sal gebeur wanneer daar bevind is dat die persoon ‘n wederregtelike bevel uitgevoer het? [3]
Handeling op Bevel
- Soldaat hoef nie uit te gevoer het nie
- Wederregtelike optrede
- Blinde gehoorsaamheid = onaanvaarbaar
Watter hofsaak is van toepassing by Handeling op Bevel? [1]
Handeling op Bevel
- S v Smith
Wat gee die S v Smith saak vir ons? [1]
Handeling op Bevel
Middelkoers benadering
Wat is in die S v Smith saak beslis? [3]
Handeling op Bevel
- Soldaat hoef net duidelik wettige bevele te gehoorsaam
- As eerlik glo dat hy ‘n plig het om bevel uit te voer
- As nie redelikerwys moes weet bevel is wederregtelik
Wat is die vereistes waaraan ‘n handeling moet voldoen vir dit om geag te wees op bevel uitgevoer te gewees het? [4]
Handeling op Bevel
- Bevel kom van persoon in wettige posisie van gesag
- Plig om bevel uit te voer
- Bevel = nie duidelik wederregtelik
- Verrig nie meer skade as nodig om bevel uit te voer
Wanneer sal ‘n handeling wat ‘n fout begaan oor die aard van die bevel geag wees om ‘n Handeling op Bevel te wees? [3]
Handeling op Bevel
- As glo bevel is wettig
- As nie bewus van wederregtelikheid
- As geen bedoeling om misdaad te pleeg
Watter Grondwetlike artikel is van toepassing by Handeling op Bevel? [1]
Handeling op Bevel
- Artikel 199(6) van die Grondwet
Wat bepaal Artikel 199(6) van die Grondwet? [1]
Handeling op Bevel
- Lede van die veiligheidsdiens hoef nie onwettige bevel te gehoorsaam nie
Wat is die kritiek teen Handeling op Bevel as verweer? [2]
Handeling op Bevel
- Is nie regverdig om te verwag dat bevel moet weier (as dink wederregtelik)
- Moet eintlik skuld uitsluit & nie afwesigheid van onregmatigheid
Wat is die definisie van onmoontlikheid? [1]
Onmoontlikheid
- Verdedig versuim om aan positiewe regsplig te voldoen
Wat is die vereistes waaraan voldoen moet word om met die verweer van Onmoontlikheid te slaag? [3]
Onmoontlikheid
- Positiewe plig om iets te doen (omissio)
- Objektief onmoontlik om aan regbepaling te voldoen
- Nie self verantwoordelik vir onmoontlikheid
Watter hofsaak is van toepassing by Tugbevoegdheid ? [1]
Tugbevoegdheid
- Freedom of Religion South Africa v Minister of Justice and Constitutional Development
Wat is in Freedom of Religion South Africa v Minister of Justice and Constitutional Development beslis? [3]
Tugbevoegdheid
- Tugbevoegdheid = ongrondwetlik verklaar
- Beste belang v.d. kind = deurslaggewend
- De Minimis Non Curat lex = van toepassing
Hoekom is Tugbevoegdheid ongrondwetlik verklaar in Freedom of Religion South Africa v Minister of Justice and Constitutional Development? [2]
Tugbevoegdheid
Tugbevoegdheid = onregverdige skending van:
1. Reg om vry te wees van geweld
2. Reg op waardigheid
Wat beteken De Minimis Non Curat Lex? [1]
Onbenulligheid
Die wet gee nie om oor die kleinste goed nie
Watter Latynse term is betrokke by Onbenulligheid as verweer? [1]
Onbenulligheid
- De Minimis Non Curat lex
Watter hofsaak is van toepassing by Onbenulligheid as verweer? [1]
Onbenulligheid
S v Kgogong
Wat is Lokvalbetrapping (”Entrapment”)? [2]
- Polisie stel lokval op om bewyse van X se misdaad te kry
- Regverdig nie X se optrede
Wat is die 2 tipes Lokvalbetrapping wat ons kry? [2]
- Waar persoon reeds geneig is om misdaad te pleeg en net geleentheid gebied word om dit te doen
- Waar persoon oorreed word om misdaad te pleeg wat hulle andersins nie sou nie
Watter een van die 2 tipes Lokvalbetrapping geld as ‘n verweer? [1]
- Waar persoon oorreed word om misdaad te pleeg wat hulle andersins nie sou nie
By watter tipe misdade word Lokvalbetrapping gewoonlik gebruik? [3]
- Misdade in geheim
- Met min / geen getuienis
- Met geen direkte slagoffers wat klagte kan le nie
Noem voorbeelde van misdade wat gewoonlik deur Lokvalbetrapping gevang word. [5]
- Onwettige handel in ongeslypte diamante
- Onbewerkte goud of ander edelgesteentes
- Dwelmmisdrywe
- Korrupsie
- Onwettige aanlyn dobbelary
Wat sal die howe oorweeg wanneer hulle moet bepaal of die Lokvalbetrapping geldig was? [4]
- Publiek se beskerming
- HvR Reg op privaatheid
- HvR Reg op billike verhoor
- Openbare mening (contra bonos mores)
Watter artikel van die Strafproseswet is van toepassing op Lokvalbetrapping? [1]
- Artikel 252A van die Strafproseswet
Wat bepaal artikel 252A van die Strafproseswet? [2]
- Polisie mag Lokvalbetrapping gebruik om misdaad te ontbloot MAAR
- Hof mag die bewyse uitsluit
Volgens Artikel 252A van die Strafproseswet, wanneer mag die polisie bewyse van Lokvalbetrapping uitsluit? [3]
- As polisie optrede verder gaan as net geleentheid vir misdaad bied
- As getuienis nie op billike wyse verkry is nie
- As toelating verhoor onbillik / nadelig vir regspleging sou maak
Wat bepaal artikel 252A subartikel 5(a) van die SPW? [1]
- Polisiebeampte wat lokval ter goeder trou stel sal nie strafregtelik aanspreeklik wees vir gedrag wat met lokval verband hou nie
Wat is die verskillende verwere vir wederregtelike optrede? [10]
- Noodweer
- Noodtoestand
- Toestemming
- Veronderstelde toestemming
- Amptelike hoedanigheid
- Handeling op bevel
- Onmoontlikheid
- Tugbevoegdheid
- Onbenulligheid
- Lokvalbetrapping
Wat is die verskillende verwere vir wederregtelike optrede? [10]
- Noodweer
- Noodtoestand
- Toestemming
- Veronderstelde toestemming
- Amptelike hoedanigheid
- Handeling op bevel
- Onmoontlikheid
- Tugbevoegdheid
- Onbenulligheid
- Lokvalbetrapping