1.6: Die Reels m.b.t. Kousale Verband (D) Flashcards
Wat is die vereistes vir ‘n handeling om die oorsaak te wees van Y se dood? (2)
- Feitelike (conditio sine quo non) EN
- Juridiese oorsaak
Wat is die twee tipes misdade? (2)
- Formeel gedefinieerde misdade
- Wesenlik gedefinieerde misdade
Wat is formeel gedefinieerde misdade? (1)
- Spesifieke gedrag wat verbied word ongeag die uitkoms
Wat is wesenlik gedefinieerde misdade? (1)
- Gedrag wat verbied word omdat dit ‘n spesifieke resultaat veroorsaak
Wanneer word die “conditio sine qua non”-formule gebruik? (1)
- Om te bepaal of ‘n handeling ‘n feitelike oorsaak van ‘n verbode situasie is.
Wanneer is gedrag ‘n conditio sine quo non? (1)
- As verbode situasie nie daarsonder sou gebeur het nie
Wat is feitelike oorsaaklikheid? (1)
- Bepaal of gedrag ‘n oorsaak van toestand was
Wat is juridiese oorsaaklikheid? (1)
- Bepaal of gedrag wettige oorsaak van toestand was
Wanneer is daar ‘n kousale verband tussen gedrag en toestand? (1)
- As daar BEIDE ‘n feitelike & juridiese kousaliteit is
Wat is die maatstaf vir juridiese oorsaaklikheid? (2)
- Wat redelik is
- Wat regverdig is.
Watter teorieë kan daar by juridiese oorsaaklikheid gebruik word om te bepaal of dit regverdig is? (2)
- Individualiseringsteorieë
- Teorie van voldoende oorsaaklikheid
Waarop is die teorie van voldoende oorsaaklikheid gebasseer? (2)
- Veralgemening
- Normale vs abnormale gebeure
Wanneer word ‘n daad as die juridiese oorsaak van ‘n situasie beskou? (1)
- As dit tipies is om daardie resultaat teweeg te bring