2.1: Wederregtelikheid (D) Flashcards
Wat moet gebeur voor wederregtelikheid vasgestel kan word? (2)
- Handeling moet vasgestel word
- Voldoening aan omskrywingselemente moet vasgestel word
Wanneer bestaan daar wederregtelikheid? (1)
- Daar is regverdiging vir die optrede
Is daar grade van wederregtelikheid? (1)
- Nee
Waar of vals? Wederregtelikheid is dieselfde as ‘n versuim om aan al die omskrywingselemente te voldoen. (1)
- Vals
Kan wederregtelikheid vanuit wetgewing of die gemenereg bepaal word? Hoekom? (2)
- Nee
- Dit bevat gewoonlik nie uitsonderings vir misdaad nie
Wie bepaal of daar regverdiging is vir die misdaad? (2)
- Howe
- NVG (slegs voordat vervolging ingestel word)
Wat is ‘n voorvereiste vir ‘n suksesvolle verweer teen wederregtelikheid? (1)
- Opset
Is die toets om te bepaal of wederregtelikheid uitgesluit kan word objektief of subjektief? (2)
- Objektiewe toets
- Subjektiewe elemente
Watter subjektiewe elemente is daar aan die toets om wederregtelikheid te bepaal? (1)
- X se bedoeling
Wat is die bewyslas by regverdigingsgronde en op wie rus die onus? (2)
- Onus op staat
- Bewys geen regverdigingsgronde bestaan
Wat is die twee “ongeskrewe” of “onsigbare” vereistes vir aanspreeklikheid? (2)
- Onregmatigheid
- Skuld
Hoekom se ons daar is “ongeskrewe” of “onsigbare” vereistes vir aanspreeklikheid? (1)
- Omdat dit nie uitdruklik in die definisie van ‘n misdaad gestel word nie
Waarna verwys onregmatigheid? (1)
- Daad gepleeg is teen die wet
Waarna verwys skuld? (1)
- Geestestoestand van persoon wat daad pleeg
Wanneer is ‘n handeling onwettig? (2)
- As in stryd met reels van regsorde as geheel
- As geen regverdigingsgronde
Watter gedrag kan nooit as onwettig beskou word nie? (2)
- Natuurlike gebeurtenisse
- Diere-aanvalle
Noem voorbeelde van regverdigingsgronde. (4)
- Private- / selfverdediging
- Noodsaaklikheid
- Toestemming
- Amptelike kapasiteit / hoedanigheid
Wanneer sal ‘n handeling onwettig beskou word selfs as daar ‘n regverdigingsgrond is? (1)
- Wanneer dit die regverdigingsgrond oorskry
Watter kriteria bestaan om onregmatigheid te bepaal? (3)
- Skending van wetlik beskermde belange
- Skending van gemeenskap se persepsie van geregtigheid
- In stryd met wetlike oortuigings vd samelewing
Wat speel ‘n belangrike rol wanneer dit kom by die besluit of gedrag in stryd is met openbare beleid of gemeenskap se persepsie van geregtigheid? (2)
- Die Handves van Regte
- Die Grondwet
Wanneer word regverdiging nie vereis nie? (1)
- Wanneer gedrag volgens die gemeenskap se algemene opvattings heeltemal aanvaarbaar is.