Woordvorming Flashcards
Agtervoegsel/suffikse/postmorfeme
Word agteraan n woord geplaas.
Voorvoegsels/prefikse/premorfeme
Word vooraan n woord geplaas
Verbindingsklanke
Beteken nie op hul eie iets nie. Word gebruik om twee basisse aan mekaar te koppel bv. Manshemp of ribbebeen.
Woordsoortelike funksie
Watter woordsoort maak n voor- of agtervoegsel van n woord bv. Ont maak van ontwater n werkwoord.
Beteknisfunksie
Dui aan wat n voor- of agtervoegsel beteken bv. Ont on ontwater beteken sonder.
Stamme/basisse/simplekse
Kleinste eenheid in n woord wat alleen kan staan en n betekenis dra.
Ongelede woord
Basis wat net uit een lettergreep bestaan.
Kompleks
Afleiding, samestelling of samestellende afleiding.
Afleiding
Basis en een of meer voor- of agtervoegsels bv. Verandering of ongewoon.
Samestelling
Een of meer basisse bv. Kindsbeen of boeksak.
Samestellende afleiding
Meer as een basis en voor- of agtervoegsels bv. Vrygewig of boekrakke.
Kern en bepaler
Samestelling. Kern is die laaste basis en bepaler die eerste een bv. Tafel(bepaler)-mat(kern)
Klinkerverwisseling/metamorfeme
Woorde word gevorm deur die klinker of bepaling te verander bv. Maat en meet.