Taalstrukture En -konvensies Flashcards
Toutologie (stapelvorm)
Twee woorde met min of meer dieselfde betekenis wat in n samestelling gebruik word (een woord) bv. Brakhond of kabeltou.
Kontaminasie (taalbesmetting)
Twee verwante woorde of uitdrukkings wat amper dieselfde beteken vermeng en verander. Bv verklein + kleineer = verkleineer of verdrink + sink = versink.
Pleonasme (woordoortolligheid)
Twee woorde. Betekenis van tweede woord reeds in eerste woord ingesluit. Bv. Skatryk miljoener of reeds tevore
Analogie
Woorde vorm van bestaande woorde bv. E-leer, e-kurses, e-boek (vanaf e-pos) of vaartuig, voertuig (vanaf rytuig)
Erfgoed (volksetimologie)
Verafrikaans. Onverstaanbare woord word in n verstaanbare woord verander. Bv. Bronchitis word bromkaatjies of husband word halsband
Leengoed (leenwoorde)
Woorde word net so van n ander taal oorgeneem.
Eiegoed (nuutskepping/neologisme)
Nuwe woorde vir nuwe behoeftes bv. Skootrekenaar, tv-skerm, skandeerder.
Anglisisme
Woord of uitdrukking wat direk uit engels oorgeneem of vertaal word.