Versekering Flashcards
Versekeringskonsepte
- Nie-verpligte versekering
- Oorversekering
- Onderversekering
- Awery-klousule
- Herinbesitstelling
- Bybetaling
Nie-verpligte versekering
- Verwys na versekering waar die versekerde die opsie het om te verseker teen sekere risiko’s wat mag of nie mag voorkom nie
Oorversekering
- Dit vind plaas wanneer bates of risiko’s deur die versekerde vir meer as die markwaarde daarvan verseker word
- In die geval van n eis, sal die vergoeding nie meer wees as die markwaarde van die beskadigde items/bates nie
Onderversekering
- Vind plaas wanneer items of bates vir minder as markwaarde daarvan verseker is
Awery-klousule
- n Bepaling gestel deur die versekeraar wat van toepassing is wanneer eiendom of goedere onderverseker is
- Die versekerde sal persoonlik aanspreeklik wees vir die deel van die risiko wat nie deur die versekeraar gedek word nie
Formule van awery-klousule
Versekerde bedrag
____________________
Waarde van die versekerde items x bedrag van die skade of verlies
Herinbesitstelling
- Hierdie bepaling is van toepassing wanneeer die versekerde items oorverseker is
- Skade aan versekerde items sal vergoed word deur die items te herstel of te vervang in plaas daarvan om n kontantbetaling aan die versekerde te maak
- Die kontantbetaling sal nie meer as die markwaarde van die versekerde items van die versekerde wees nie
Bybetaling
- Bybetalings hou versekeringspremies laer en dit ontmoedig bedrog
- Bybetalings verhoed die versekerde om vir geringe skadevergoeding te eis
- Die bedrag of waarde van die bybetaling word in die versekeringspolis gestipuleer
Oorversekering en onderversekering
Oor:
- Die versekerde verseker bates of besittings vir meer as die markwaarde daarvan
Onder:
- Die versekerde verseker bates of besittings vir minder as markwaarde daarvan
Verskil tussen versekering en assuransie
versekering: (korttermyn)
- Gebaseer op die beginsels van skadeloosstelling/vrywaring
assuransie: (langtermyn)
- Gebaseer op die beginsels van sekuriteitstelling/sekerheid
Voorbeelde van korttermynversekering
- Eiendomsversekering
- Diefstal
- Inbraak
- Geld in transito
- Brand
Voorbeelde van langtermynversekering
- Aftree-annuiteite
- Lewensversekering
- Pensioenfonds of voorsorgfonds
- Begrafnisvoordele
- Gesondheidsversekering/ medieseversekering
Beginsels van versekering
- Skadeloosstelling
- Sekuriteitstelling
- Uiterste goeie trou
- Versekerbare belang
Skadeloosstelling/vrywaring
- Dit is gewoonlik van toepassing op korttermynversekering, aangesien die versekerde vergoed word vir n gespesifiseerde/bewese skade of verlies
- Beskerm die versekerde teen die gespesifiseerde gebeurtenis wat mag voorkom
- Die bedrag van skadeloosstelling is beperk tot die bedrag van bewysbare verlies, selfs al is die bedrag in die polis- of versekeringskontrak hoer
Sekuriteitstelling/sekerheid
- Van toepassing op langtermynversekering waar die versekeraar onderneem pm n ooreengekome bedrag uit te betaal in die geval van lewensverlies
- n Voorafbetaalde bedrag sal uitbetaal word wanneer die versekerde n voorafbepaalde ouderdom bereik/ of beseer word as gevolg van n voorafbepaalde gebeurtenis
Uiterste goeie trou
- Beide die versekeraar en versekerde moet alle relevante feite openbaar
- Versekerde moet alles openbaar wat die omvang van die risiko kan beinvloed
- Besonderhede en inligting wat verskaf word tydens die eis moet akkuraat en waar wees
Versekerbare belang
- Die versekerde moet bewys dat n finansiele verlies gely sal word indien die versekerde items verlore raak, beskadig word of ophou bestaan
- n Versekerbare belang moet in finansiele terme uitgedruk word
Voordele/belangrikheid van versekering vir besighede
- Beskerm besighede teen oneerlike werknemers
- Beskerm besighede teen verliese as gevolg van die dood van n skuldenaar
- Besighede sal vergoed word vir versekerbare verliese, bv vernietiging van eiendom deur brand
Versekerbare risiko’s
- Versekeringsmaatskappye besluit oor die waarskynlikheid van n gebeurtenis en besluit dan of hulle die risiko wil verseker
- Bv diefstal, huisbraak, geld in transito, brand, natuurrampe- reen,wind,storm
Nie-versekerbare risiko’s
- Die versekeringsmaatskappy kan nie die winsgewendheid van die risiko bereken nie en daarom kan hulle nie n premie uitwerk wat die besigheid moet betaal nie
- Bv verliese of skade aangegaan agv n oorlog, verliese of skade aangegaan agv onwettige bemarkingsaktiwiteite, nuwe uitvindings is geskep deur die verbetering in tegnologie, fluktuasie of skommelinge in mode en tendense
Verskil tussen verpligte versekering en nie-verpligte versekering
Verpligte: (WVF, POF, WVBBS)
- Die tipe risioko’s word deur die staat gereguleer
Nie-verpligte: (lang- en korttermyn)
- Die staat reguleer nie hierdie tipes risiko’s nie
WVF
- Die WVF is gestig om werknemers te help met finansiele hulp indien hulle werkloos raak weens die beeindiging van hul indiensnemingskontrakte deur die werkgewer
- Die werknemer dra 1% van sy/haar salaris of vergoeding by tot die WVF
- Die werkgewer dra n bykomende 1% van die werknemer se salaris of vergoeding by tot die WVF-fonds
POF
- Bydraes tot die POF word ingesamel by n wyse van n heffing op brandstof wat vir padvervoer gebruik word
- Ongelukslagoffers en hul gesinne word vergoed vir die verlies aan inkomste as gevolg van die ongeluk
- Die dekking strek na alle lede van die samelewing, insluitend voetgangers, eienaars en bestuurders van motorvoertuie, sowel as hul passasiers
WVBBS
- Die WVBBS maak voorsiening vir die vergoeding van werknemers wat beserings of siektes by die werk opdoen
- Werkgewers word verplig om alle ongelukke binne sewe dae en beroepsiektes binne veertien dae by die vergoedingskommissaris aan te meld
- Geen bydraes van die werknemer word tot die vergoedingsfonds vereis nie