Spanprestasie en konflikbestuur Flashcards
Interpersoonlike gesindhede en gedrag
- Lede het n positiewe gesindheid van ondersteuning en motivering teenoor mekaar
- Spanleier erken/gee krediet aan lede vir postiewe bydraes
Gedeelde waardes/Wedersydse vertroue en ondersteuning
- Spanlede respekteer en vertrou mekaar ten spyte van verskille wat tussen die span mag bestaan
- Die ervaring,kennis en vaardighede van ander spanlede word erken en gerespekteer
Kommunikasie
- Goeie kommunikasie tussen spanlede kan vinnige besluite tot gevolg he
- Gehalte-terugvoering verbetr die moraal van die span
Samewerking
- Werk saam met bestuur om span- en besigheidsdoelwitte te bereik
- Alle lede neem deel aan besluitneming
Kenmerke van suksesvolle spanprestasie
- Daar is n klimaat van respek, vertroue en eerlikheid
- Deel n stel spanwaardes en implimenteer groepsbesluite
- Spanne gee aandag aan die behoeftes van die individuele spanlede
Kriteria vir suksesvolle spanprestasie
- Interpersoonlike gesindhede en gedrag
- Gedeelde waardes/Wedersydse vertroue en ondersteuning
- Kommunikasie
- Samewerking
Stadiums van spanontwikkeling
- Vorming
- Storm
- Normering
- Prestering
- Ontbinding
Vorming
- Spanlede neem mekaar se gedrag waar en is beleefd teenoor mekaar
- Spanlede toon wedersydse respek, en hulle voel gemaklik
Storm
- Spanlede met verskillende idees ruil hierdie idees uit, wat tot konflik le
- Daar kan magstryd wees vir die posisie van spanleier
Normering
- Spanlede kom tot n ooreenkoms en bereik konsensus
- Individuele spanlede werk gesamentlik aand die doelwitte van die span
Prestering
- Spanlede is bewus van strategiee en doelwitte van die span
- Leiers delegeer en hou toesig oor die prosesse en prosedures
Ontbinding
- Die fokus is op die voltooiing van die taak/beeindiging van die projek
- Alle take moet voltooi word voordat die span finaal ontbind en individuele lede hulle eie pad gaan
Die belangrikheid van spandinamika-teorie in verbetering van spanprestasie
- Spandinamika-teoriee word gebruik om die doeltrefendheid en belangrikheid van spanwerk te verduidelik
- Take word aan spanlede toegeken in ooreenstemming van die rol wat die spanlid binne die span vervul
- Die vaardighede/ervaring/talente van die spanlid bepaal die rol wat aan hom/haar toegeken word
Oorsaak van konflik in die werkplek
- Gebrek aan samewerking kan die produksieproses vertraag en frustrasie onder kollegas veroorsaak
- Gebrek aan erkening deur die bestuur vir werkers wat bykomende pligte verrig/konsekwent op hoe vlakke presteer
- Onrealistiese spertye kan die stressvlakke van sekere werknemers verhoog
-Gebrek aan duidelike kommunikasie kan onsekerheid onder werknemers veroorsaak
Stappe vir konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los
- Erken dat konflik bestaan
- Bepaal die oorsaak van die konflik
- Nooi werknemers wat in konflik is om hul menings en perspejtiwe afsonderlik te stel
- Verduidelik die doel van die vergadering aan die botsende werknemers
Verskil tussen Griewe en Konflik
Griewe:
- Wanneer n werknemer ongelukkig is of n probleem het of n klagte in die werkplek het
Konflik:
- Botsing van menings, idees en standpunte in die werkplak
Korrekte prosedures om griewe in die werkplek te hanteer
- Die klaer moet die grief mondelings aan die toesighouer rapporteer
- Die toesighouer moet die grief binne 3-5 werksdae oplos
- Die bestuurder moet alle partye by die grief na n vergadering nooi
Tipes moeilike mense/persoonlikhede
- Klaer
- Besluitloos
- Stem saam alles/oorinstemmend
- Negatief
- Kundige/kenner
- Stil
- Aggresief
Hantering van Klaer
- Luister na klagtes, maar moenie dit erken deur jou kop te knik nie
- Onderbreek die klaer na n rukkie en gaan voort met strategiee om die kwessies te hanteer wat aangegaan is
Hantering van Besluitloos
- Beklemtoon die belangrikheid van besluitneming en die gevolge van die vertraging daarvan
- Help die werknemer met die besluite en bevestig die werknemer
Hantering van Stem saam met alles
- Wees ferm met die werknemer en moenie toelaat dat beloftes gemaak word wat nie kan na gekom word nie
- Monitor die vorderinge van pligte wat aan die werknemers opgdra is
Hantering van Negatiewe
- Luister na die werknemer, maar moenie saam stem nie
- Laat die werknemer toe om menings uit te spreek, maar moenie deel word van die negatiwiteit nie
Hantering van Kundige/kenner
- Luister na die werknemer, maar laat weet dat jy in beheer is van die situasie
- Waardeer die insette maar noem dat jy alternatiewe oorweeg
Hantering van Stil
- Gee die werknemer genoeg tyd om saak te stel
- Gebruik oop vrae om n sinvolle antwoord van die werknemer te kry