Etiek en professionalisme Flashcards
Voorbeelde van Etiese gedrag
- Besighede maak nie van kinderarbeid gebruik nie
- Die besigheid funksioneel binne die wet en ander beperkings
- Besighede verseker dat die omgeweing nie tydens hul produksieproses besoedel word nie
Voorbeelde van van Onetiese gedrag
- Die vrystelling van gifstowwe in die lug bo die toegelate vlakke wat deur die OBA bepaal is
- Die storting van besoedelde afvalmateriaal in die watertoevoer eerder as om omgewingsvriendelike oplossings te gebruik om die besoedeling om te ruim
- Die gebruik van vals advertensie-taktieke om kliente aan te lok of hulle te oortuig om n produk te koop
Voorbeelde van Profesionele gedrag
- Om jouself en ander te respekteer, bv om betyds te wees vir werk en afsprake
- Om beleefde taal met kollegas en kliente te gebruik
- Behandel alle kollegas en kliente dieselfde
Voorbeelde van Onprofesionele gedrag
- Om sommige mense spesiale gunste te doen
- Om die aantal werksure gewerk te oordryf
- Om onvoorbereid te wees vir take of opdragte
Beginsels van die King-Kode
- Deursigtigheid
- Aanspreeklikheid
- Verantwoordelikheid
Verskil tussen Etiese gedrag en Professionele gedrag
Etiese:
- Verwys na die beginsels van reg en verkeerd/aanvaarbare beginsels in die samelewing
Professionele:
- Verwys na die beginsels van reg en verkeerde/aanvaarbare beginsels binne n besigheid
Toepassing van Deursigtigheid
- Besluite/optrede moet deursigtig wees vir alle belanghebbendes
- Personeel en ander prosesse moet oop en deursigtig wees
- Ouditsverslae en ander verslae moet akkuraat/beskikbaar wees vir aandeelhouers/werknemers
Toepasing van Aanspreeklikheid
- Daar moet gereelde kommunikasie tussen die bestuur en rolspelers, soos aandeelhouers wees
- Die maatskappy moet interne en eksterne ouditeure aanstel om finansiele state te oudit
- Besighede behoort aanspreeklik vir hul besluite/aksies te wees
Toepasing van Verantwoordelikheid
- Die besigheid moet programme ontwikkel en implemeteer wat daarop gemik moet wees om die gemeenskappe waarin hulle bedrywig is te beskerm
- Die besigheid moet remedierende programme ontwikkel om die omgewing te beskerm, bv om lug- en waterbesoedeling te verminder
Maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyk uitgevoer behoort te word
- Die besigheid moet aanspreeklik wees vir hul besluite en optrede
- Die besigheid moet eerlike/betroubare rekenmeesters/ finansiele beamptes met goeie geloofsbriewe aanstel om deursigtige rekordhouding en finansiele state te verseker
- Besigheidsbesluite en -optrede moet duidelik/deursigtig wees vir alle belanghebbendes
Uitdagings wat deur onbillike/oneerlike advertensies gestel word
- Onbillike advertensies kan verbruikers negatief beinvloed
- Besighede kan onverstandige advertensiekeuses maak wanneer hulle onder druk is om hulle winste te verhoog
- Die gebruik van vals of misleidende stellings in advertensies lei tot die wanvoorstelling van n produk, wat verbruikers negatief kan beinvloed
Uitdagings wat deur pryse van goedere in landelike gebiede gestel word
- Sommige besighede in landelike gebiede buit hul kliente uit deur pryse buitenspoorig hoog te maak en dit kan lei tot dislojaliteit van hul kliente
- Besighede kan n afname in verkope ervaar as gevolg van hoe koste wat by die prys van die finale produk gevoeg word
- Besighede kan monopoliee in landelike gebiede vorm en hul pryse eensydig verhoog wat kan lei tot swaar boetes
Uitdagings wat deur belasting/belastingontduiking gestel word
- Besighede kan swaar boetes betaal vir belastingontduiking
- Belastingontduiking kan n negatiewe impak op die beeld van die besigheid he
- Die rekenmeester kan hoe boetes betaal vir die vervalsing van die finansiele state
Hantering van onbillike/oneerlike advertensies
- Besighede moet onregverdige advertensies van mededingers by die ASO aanmeld
- Besighede moet aangemoedig word om hul advertensies regverdig en in lyn met die grondwet te hou
- Besighede moet seker maak dat hulle nie kern-inligting uit die advertensies weglaat nie
Hantering van pryse van goedere in landelike gebiede
- Besighede moet billike en markverwante pryse vir goedere en dienste hef
- Die besigheid moet bereid wees om onetiese besigheidspraktyke te vermy om klientlojaliteit te verseker
- Die besighede moet saam met verskaffers werk om afleweringskoste na afgelee landelike gebiede te verdeel