Aanbieding en data-respons Flashcards
1
Q
Faktore wat voor die aanbieding deur die aanbieder oorweeg moet word
A
- Wees duidelik oor die doel van die aanbieding en skryf n uiteensetting neer van die belangrike inligting wat jy met jou gehoor wil deel
- Maak seker dat die hoofdoel van die aanbieding in jou openingverklaring vasgele word
- Oefen die lewering van jou aanbieding om te verseker dat jy nie die tyd wat aan jou toegeken is, oorskry nie
2
Q
Faktore wat tydens die aanbieding deur die aanbieder oorweeg moet word
A
- Weerhou jouself daarvan om agter toerusting weg te kruip
- Behou oogkontak met die gehoor
- Hou die aanbieding kort en eenvoudig
3
Q
Maniere waarop die aanbieder terugvoer op n nie-aggresiewe manier kan hanteer
A
- Jy moet eers luister en dan reageer
- Vra om verskoning en erken foute indien dit deur gehoor uitgewys word
- Spreek altyd die vraag aan en nie die persoon nie
4
Q
Areas van verbetering vir die volgende aanbieding
A
- Die aanbieder moet doelwitte hersien wat nie bereik is nie
- Wees altyd bereid om die inligting aan te pas, by te werk en relevant te hou
- Reflekteer oor enige probleme en kritiek en voorkom dit in toekomstige aanbiedings
5
Q
Wat oorweeg moet word wanneer n multimedia-aanbieding ontwerp word
A
- Begin die skyfies met teks en n opskrif
- Vermy die gebruik van teks wat nie leesbaar is nie, of n lettertipe wat te klein is
- Doen n speltoets voor die aanbieding om enige spel- en grammatiese foute van jou skyfie-aanbieding uit te skakel
6
Q
Voorbeeld van nie-verbale aanbiedings
A
- Tabelle
- Grafieke
- Diagramme
- Illustrasies/Prente/Foto’s/Scenario’s
- Geskrewe/Besigheids-verslae
- Blaaiborde
- Uitdeelstukke
- Skyfievertonings
7
Q
Voordele van n data-projektor
A
- Die gehoor se belangstelling in die aanbieding kan verhoog word as die skyfies maklik leesbaar is en as dit beperkte teks bevat
- Die belangstelling van die gehoor kan geprikkel word deur die gebruik van verskeie multimedia in die skyfies
- Die aandag van die gehoor kan getrek en behou word deur opvallende agtergrond, lettertipe en kleur op die skyfies te gebruik
8
Q
Nadele van data-projektor
A
- Die aanbieder weet dalk nie hoe om die data projektor te gebruik nie
- Die gebruik van n data projektor word nie aanbeveel as die gehoor visuele of klank hindernisse het nie
- Die implementering van beurtkrag kan die aanbieder verhoed om n data projektor tydens die aanbieding te gebruik
9
Q
Voordele van transparant
A
- Die transparante kan vooraf voorbereinword met n spesiale transparantpen of die drukker van n rekenaar te gebruik
- Transparante laat die aanbieder toe om grafika in verskeie kleure te projekteer
- Kan gebruik word om die aanbieder te lei wanneer die aanbieding opgesom word
10
Q
Nadele van transparant
A
- Die bevoegdhede van die aanbieder kan deur die gehoor bevraagteken word indien die transparante nie op n logiese manier gerangskik is nie
- Transparante kan nie in kombinasie met oudio- en videogrepe gebruik word nie
- Gedeeltelike verligte of donker vertrekke maak dit moeilik vir die gehoor om inligting op te teken en notas te neem vir latere gebruik
11
Q
Voordele van uitdeelstukke
A
- Die aanbieder kan die aandag van die gehoor trek deur hulle van nuttige uitdeelstukke te voorsien voor die aanvang van die aanbieding
- Belangrikke inligting oor die aanbieding kan na die aanbieding aan die gehoor verskaf word
- Die inligting kan geverifieer word deur dit met die powerpoint-aanbieding te vergelyk
12
Q
Nadele van uitdeelstukke
A
- Die inligting wat verskaf word is van n visuele en grafiese aard en klank kan nie bygevoeg word om die belangstelling van die gehoor te lok nie
- Die uitreik van uitdeelstukke aan die begin van die aanbieding kan die gehoor se aandag van jou aanbieding aflei
- Die drukkoste is hoog en die harde kopiee kan maklik verle word
13
Q
Voordele van blaaiborde
A
- Kan effektief gebruik word indien daar n beperkte aantal gehoorlede teenwoordig is en die aanbieder n konsep wil beklemtoon
- Kan nuttig weees wanneer die aanbieder n opsomming wil opneem van die antwoorde wat van die gehoor ontvang is wat sy/haar aandag verg
- Dinkskrum-idees wat deur die deelnemers of gehoor gegenereer word, kan op n blaaibord aangeteken word
14
Q
Nadele van blaaibord
A
- Onvoldoende tyd tydens die aanbieding kan die aanbieder verhoed om die blaaibord effektief te gebruik
- Die skrif van die aanbieder is dalk nie leesbaar nie, wat die standaarde wat die aanbieder streef om te handhaaf, negatief kan beinvloed
- n Aanbieder wat n blaaibord dikwels tydens n aanbieding gebruik, kan uiteindelik n morsige een he wat die gehoor kan verwar
15
Q
Voordele van interaktiewe witborde
A
- Verminder die koste vir die organisasie van die aankoop van bykomende toerusting omdat die inligting/teks/grafiks direk vanaf n rekenaar geprojekteer kan word
- Effektief om antwoorde en nuwe voorstelle van die gehoor aan te teken
!!!!!!!!!!!!