Leierskapstyle Flashcards
Verskil tussen leierskap en bestuur
Leierskap:
- Beinvloed die optrede van werknemers
Bestuur:
- Beheer die optrede van werknemers
Verskil tussen demokratiese en outokratiese
Demo:
- Oop kommunikasie tussen leier en werknemers
Outo:
- Werknemers word vertel wat om te doen en hoe dit gedoen moet word
Toepassing van demokratiese
- Die leier ken eie beperkings en is oop vir nuwe idees/innoverende denke
- Werknemers is ervare en kundiges in hulle gekose beroepsvelde
- Spanwerk word bevorder en die insette van werknemers word gewaardeer
Toepassing van Outokratiese
- Waar n krisis binne n organisasie ontstaan en onmiddellike optrede van die leier vereis
- Die leier het al die inligting tot beskikking en vereis nie verdere insette van werknemers nie
- Die leier het reeds die vertroue van die werknemers verdien en hulle is bereid om eie oordeel te aanvaar
Toepassing van Vrye-teuels
- Die leier is besig met meer belangrike aspekte van die besigheid en delegering van pligte kan die doeltreffendheid van die organisasie verbeter
- Werknemers wat ervare is in hulle gekose velde, word dikwels deur die leier vertrou om verantwoordelike besluite te neem
- Werknemers het n grooter vlak van kennis/vaardighede oor n bepaalde onderwerp aan geleer as wat die leier verwerf het
Toepassing van Charasmatiese
- Die organisasie wil veranderinge implimenteer en gebruik die leier om die ondersteuning van werknemers te verkry
- Die leier wil die moraal van werknemers wat dalk gedemotiveerd is n hupstoot gee
- Vlakke van vertroue van werknemers is laag, en werknemers moet geinspireer word
Toepassing van transaksionele
- Die leier wil he werknemers moet hulle teikenvlakke oorskry
- Die besigheid wil die prestasie van werknemers maksimeer
- Werknemers het n lae moraal
Voordele van demokratiese
- Die leier hoef nie slegs op hulle eie/vaardighede staat te maak om komplekse probleme op te los nie
- Werknemers dra n verkeidenheid/innoverende idees by wat die besigheid kan bevoordeel en kan lei tot verbeterde produksie tegnieke
- Werknemers voel bemagtig/gemotiveerd wat lei tot verhoogde produktiwiteitsvlakke
Nadele van demokratiese
- Insette van onervare werknemers kan lei tot besluite wat nie in die beste belang van die organisasie is nie
- Werknemers se insette word nie altyd aanvaar nie, wat demoraliserend kan wees vir hulle
- Die betroubaarheid van terugvoer wat deur sommige werknemers verskaf word, is dalk nie akkuraat nie
Voordele van outokratiese
- Die leir is in n pososie om vinnige besluite te neem sonder om werknemers te raadpleeg
- Daar is geen onsekerheid oor die bron van instruksies wat direk van die leier afkomstig is nie
- Duidelike en konsekwente rigting van die leier, verskaf sekerheid aan nuwe werknemers
Nadele van Outokratiese
- Spanning kan ontstaan tussen die leiers en werknemers indien daar meningsverskille oor strategiee is
- Produktiwiteitsvlakke van die organisasie kan aansienlik verminder omdat werknemers gedemotiveerd is
- Die organisasie kan op nuwe/innoverende idees/oplossings van werknemers uitmis
Voordele van Vrye-teuels
- Werknemers word vertrou en die verantwoordelikheid gegee om besluite te neem in areas van hul kundigheid
- Werknemers hoef nie die leier te raadpleeg wanneer hulle besluite neem wat die organisasie kan bevoordeel nie
- Produktiwiteitsvlakke van die organisasie kan aansienlik toeneem omdat werknemers gewaardeer voel
Nadele van Vrye-teuels
- Werknemers kan huiwerig wees om beslissende aksies te neem wat hul werksprestasie kan beinvloed
- Die leier raak nie betrokke by meningsverskille/onenighede tussen werknemers nie
- Produktiwiteitsvlakke kan afneem as die werknemers nie die vaardighede/kennis het wat benodig om die regte besluite te neem nie
Voordele van Charismaties
- Werknemers word geinspireer deur die energie/passie van die charismatiese leier
- Werknemers word gemaak om waardeer te voel wat hulle aanmoedig om harder te werk en produktiwiteitsvlakke te verbetr
- Werknemers word gemotiveer om hul verwagtinge te oortref en hul vrese te oorkom
Nadele van Charismatiese
- n Leier kan sy/haar persoonlike belange bevorder inplaas daarvan om tot voordeel van die organisasie te lei
- Werknemers maak staat op die leier om hul moraal/motiveringsvlakke te verbeter
- Die organisasie kan oorafkanklik wees van die teenwoordigheid van die leier, wat die organisasie kan benadeel as die leier die organisasie sou verlaat
Voordele van Transaksionele
- Die bereiking van die organisatoriese doelwitte word maklikker omdat werknemers gewaardeer voel
- Werknemers word teikens gegee en hulle ken die teikens waarna hulle moet werk
- Werknemers is bewus van die straf indien teikens nie bereik word nie
Nadele van Transaksionele
- Werknemers kan gedemoraliseer voel as hulle gestraf word omdat hulle nie die teikens bereik nie
- Die leier sal dalk die prestasie van werknemers moet moniteer om te verseker dat teikens bereik word
- Om die prestasie van werknemers voortdurend te meet, kan die leier afbreuk doen aan die uitvoering van ander noodsaaklike take
Situasionele Leierskapteorie
- Effektiewe leiers kan die leierskapstyle aanneem wat sal verseker dat die doelwitte van die organisasie bereik word
- Die verhouding tussen die leier en die werknemers is gebaseer op waardes van vertroue/integriteit/respek
- Die effektiwiteit van hierdie leierskapteorie is afhanklik van die verhouding wat tussen die leier en werknemers bestaan
Transformasie Leierskapteorie
- Hierdie leierskapteorie sou deur die leier toegepas word gedurende n tydperk waarin die organisasie radikale veranderinge ervaar
- Leiers lei deur voorbeeld en werkers reageer deur op hul uitsette te fokus
- Werkers neem groter eienaarskap van hul verantwoordelikhede en is bewus van hul beperkingd en sterkpunte
Leiers en volgelinge Leierskapteorie
- Die verhouding tussen die leier en werkenemers het n groot impak op die doelwitte wat die organisasie beoog om te bereik
- Werknemers, as volgelinge van die leier, volg die instruksies van die leier en werk gesamentlik aan organisasie se doelwitte
- Leiers lei deur voorbeelde en verskaf aansporings vir positiewe gedrag
Rol van persoonlike ingesteldheid/houding in suksesvolle leierskap
- Positiewe ingesteldheid/houding stel leierskap-potensiaal vry
- Groot leiers verstaan dat die regte houding die regte atmosfeer sal skep
- Leiers se houding kan werknemers/spanne se denke/gedrag beinvloed