Menseregte Flashcards
1
Q
Menseregte
A
- privaatheid
- waardigheid
- gelykheid
- vryheid van spraak en uitdrukking
- inligting
- veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe
2
Q
Privaatheid
A
- Mense se inligting moet vertroulik gehou word en hul eiendom moet gerespekteer word
3
Q
Waardigheid en respek
A
- Elkeen het die reg om met respek behandel te word en dat hulle waardigheid beskerm word
4
Q
Gelykheid
A
- Mense moet gelyk wees in regte, status en voordele en as sodanig in die werkplek behandel word
5
Q
Vryheid van uitdrukking en spraak
A
- Elkeen behoort die reg te he om sy/haar mening uit te spreek en nie gestraf of teen gediskrimineer word omdat hulle dit uitspreek nie
6
Q
Inligting
A
- Almal moet toegang he tot inligting wat hulle raak, insluitend alle inligting wat deur werkgewers, die regering en ander belanghebbendes gehou word
7
Q
Veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe
A
- Mense het die reg op n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid is nie en die regte toerusting om hul gesondheid en veiligheid te beskerm
8
Q
Maniere om privaatheid te hanteer
A
- Persoonlike inligting oor werknemers of kliente moet vetroulik gehou word en moet nie aan enige iemand anders gegee word nie
- Dit is onwettig om ander mense se e-posse te lees of enige gesprekke op te neem teensy vooraf gestipuleer word
9
Q
Respek en waardigheid
A
- Besighede moet hul werknemers waardeer ongeag hulle sosio-ekonomiese status en alle werknemers met respek en waardigheid hanteer
- Werknemers mag nie gedwing word om vernederende werk te doen nie
10
Q
Gelykheid
A
- Besighede moenie teen werknemers diskrimineer op grond van byvoorbeeld ras, geloof of geslag nie, maar moet gelyke geleenthede aan hulle gee
- Besighede moet verseker dat hul werkers gelyke betaling ontvang vir werk van gelyke waarde
11
Q
Vryheid van spraak en uitdrukking
A
- Besighede moet oop kommunikasie kanale tussen bestuur en werknemers toelaat, hulle kan byvoorbeeld n boks vir griewe van die werknemers implementeer
- Die werknemers het die reg om hul menigs uit te spreek en moet nie gstraf word of teen gediskrimineer word as gevolg daarvan nie
12
Q
Inligting
A
- Besighede moet deursigtig wees in hul finansiele state deur werknemers wat versoek toe te laat om die state te sien
- Wanneer nuwe inligting beskikbaar word, moet die besigheid werknemers daaroor inlig
13
Q
Veiligheid/Sekuriteit en beskerming van lewe
A
- Besighede moet werkers met beskeremende klere voorsien, bv handskoene en skoene
- Werkgewers moet voorsorgmaatreels tref om te verseker dat werknemers en hul besittings veilig in die werkplek is
14
Q
Die ekonomiese regte van werknemers
A
- Die reg om werk te aanvaar of te kies
- Gelyke lone en gelyke betalling vir gelyke werk
- Die reg op ontspanning en redelike beperking van werksure
- Veilige en gesonde werksomstandighede
- Reg om aan n wettige staking deel te neem
- Vryheid van dwangarbeid
15
Q
Maatskaplike regte van werknemers
A
- Skoon water
- Opvoeding
- Beskerming
- Gesondheidsorg