Selfstandige Naamwoorde Flashcards
Wat is ‘n selfstandige naamwoord?
Woorde wat die name van mense, diere, plekke, dinge en idees aandui
Noem die verskillende tiepes selfstandige naamwoorde
- Eienaam
- Soortnaam
- Versamelnaam
- Abstrakte selfstandige naamwoorde
Wat is ‘n eienaam?
Is die naam waarmee ‘n spesifieke iets of iemand aangedui word (Die naam van ‘n plek, persoon of dier) en dit begin altyd met ‘n hoofletter
Gee ‘n voorbeeld van ‘n eienaam?
Enige naam van ‘n mens, plek, dier of ding
Wat is ‘n soortnaam?
Is ‘n algemene naam vir iets
Hoe toets mens of iets ‘n soortnaam is?
Plaas die of ‘n voor die woord
Wat is ‘n versamelnaam?
Is ‘n versameling van duesekfde tiepe voorwerpe
Wat noem mens ‘n versameling van bye?
‘n swerm bye
Wat noem mens ‘n versameling van visse?
‘n skool visse
Wat noem mens ‘n versameling van sleutels?
‘n bos sleutels
Wat is abstrakte selfstandige naamwoorde?
Dit is gevoelswoorde (Woorde wat jou gevoelens beskryf)
Gee ‘n voorbeeld van ‘n abstrakte selfstandige naamwoord?
Liefde, haat of enige ander gevoelens
Watter woord(e) in die volgende sin is ‘n selfstandige naamwoord?
Sarie klim in ‘n boom
- Sarie
- Boom
Watter woord(e) in die volgende sin is ‘n selfstandige naamwoord?
Die seun hardloop rond by die skool
- Seun
- Skool
Watter woord(e) in die volgende sin is ‘n selfstandige naamwoord?
Die seun stan na die skool toe.
- Seun
- Skool