Byvoeglike Naamwoorde Flashcards
Wat is nog ‘n naam vir ‘n byvoeglike naamwoord?
Adjektief
Wat is ‘n byvoeglike naamwoord?
Beskryf die selfstandige naamwoord
Hoe sou die volgende sin lyk as die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord gestaan het?
Die hond is pragtig
Die pragtige hond
Hoe sou die volgende sin lyk as die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord gestaan het?
Die glas is leeg
Die leë glas
Hoe sou die volgende sin lyk as die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord gestaan het?
Die man is oud
Die ou man
Hoe sou die volgende sin lyk as die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord gestaan het?
Die vrou is jonk
Die jong vrou
Gee die trappe van vergelyking vir die volgende woord:
vlak
vlakker, die vlakste
Gee die trappe van vergelyking vir die volgende woord:
pragtig
pragtiger, die pragtigste
Gee die trappe van vergelyking vir die volgende woord:
lank
langer, die langste
Gee die trappe van vergelyking vir die volgende woord:
laag
laer, die laagste
Gee die intensiewe vorm van die volgende woord:
Rooi
Bloedrooi
Gee die intensiewe vorm van die volgende woord:
Geel
Goudgeel
Gee die intensiewe vorm van die volgende woord:
Mooi
Prentjiemooi
Gee die intensiewe vorm van die volgende woord:
Lelik
Skreeulelik