Meervoude van vokaalgroep 1 en 2 Flashcards
1
Q
Wat is ‘n meervoud?
A
Meer as een van iets
2
Q
Wat is meervoud van vokaalgroep 1 se reël?
A
By woorde met ie, eu, oe, ei, y, ou, ui, aai, oei, en eeu en met of sonder een konsonant aan die einde las ons net ‘n -e aan die einde
3
Q
Wat is die meervoud van vokaalgroep 2 se reël?
A
By woorde met aa, ee, oo, uu in die middel en een konsonant aan die einde val een van die klinkers weg en jy las ‘n -e aan die einde
4
Q
Gee die meervoud van:
Vuur
A
Vure
5
Q
Gee die meervoud van:
Paar
A
Pare
6
Q
Gee die meervoud van:
Blaar
A
Blare
7
Q
Gee die meervoud van:
Voet
A
Voete
8
Q
Gee die meervoud van:
Riet
A
Riete
9
Q
Gee die meervoud van:
Haai
A
Haaie