Meganika - Momentum En Impuls En Projektielbeweging Flashcards
Verandering in momentum
3
Massa
Snelheid
Bewegingsrigting
Momentum
Die produk van die voorwerp se massa en snelheid.
Word beïnvloed deur
- massa van n voorwerp
- snelheid van n voorwerp
Vektor (het grootte en rigting)
Rigting van momentum = rigting van beweging
Word gemeet in kg•m•s
Newton se tweede wet in terme van momentum
Die nettokrag wat op die voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering in die momentum van die voorwerp.
Impuls
Produk van die nettokrag wat op n voorwerp inwerk en die tyd wat dit inwerk.
Vektorhoeveelheid (grootte en rigting)
Word gemeet in N•s
Verandering in momentum
Word deur snelheid bepaal
Kleinste as snelheid klein is maar sal steeds in die oorspronklike rigting beweeg.
Groter as die voorwerp tot rus kom.
Baie groot as voorwerp terugbons.
Hoe groter, hoe meer skade.
Wet van behoud van liniêre momentum
In n geslote sisteem is die vektorsom van die liniêre momentum voor n botsing of ontploffing gelyk aan die vektorsom van die liniêre momentum na die botsing of ontploffing.
Totale momentum van n geslote sisteem bly konstant.
Elastiese botsing
n Botsing is volkome elasties as die totale kinetiese energie van die sisteem net voor die botsing dieselfde is as die totale kinetiese energie net na die botsing.
Projektielbeweging
n Projektiel is n voorwerp wat in die lug geprojekteer of gelanseer word. Daarna beweeg dit slegs onder die invloed van gravitasiekrag.
Grenssnelheid
Lugweerstand (opwaarts) is net so groot soos die gewig (afwaarts). Die snelheid is konstant.