Elektrisiteit - Elektrodinamika Flashcards
Grootte van EMK wat geïnduseer word, hang volgens Faraday se Wet af van:
(3)
Aantal windings (meer windings, groter EMK)
Tempo waarteen die spoel of magneet beweeg (groter relatiewe spoed, groter EMK)
Verandering in magnetiese vloed hang af van die sterkte van die magneetveld by daardie posisie (nader magneet - stroom neem toe weens toename in magnetiese vloed)
Elektromagnetiese induksie
F (krag) in B (magneetveld) gee I (stroom).
Faraday se Wet
Die geïnduseerde EMK is direk eweredig aan die tempo van verandering in die magnetiese vloed (magnetiese fluks)
Verandering in magneetveldkoppeling
2
Relatiewe beweging van die geleier tov die magneet.
Verandering in sterkte van die magneetveld te verander.
Flemming se regterhandreël
Wysvinger - rigting van magneetveld (B)
Duim - rigting van beweging van die geleier (Krag - F)
Middelvinger - rigting van geïnduseerde konvensionele stroom (I)
Generators
Meganiese energie na elektriese energie.
Gelykstroomgenerator
Bestaan uit
- magneetveld
- as waar meganiese rotasie plaasvind
- twee helftes van n kommutator
Gebruike
Elektroplatering met metale, elektrolise vir vervaardiging van chloor, suiwering van aluminium, koper, mangaan; baie GS-generators word deur WS-motors aangedryf.
Wisselstroomgenerators
Ook bekend as alternator. Bestaan uit - as waar meganiese rotasie plaasvind - Spoel in magneetveld - twee sleepringe
Gebruike
Elektrisiteitsopwekking by kragstasies, generators by pretparke hospitale en ander noodsaaklike dieste hotelle boupersele, vir ligte by ongelukstonele, ens.
Elektriese motors
Elektriese energie word omgesit in meganiese energie.
Gelykstroommotors
Maak van gelykstroom (soos bv. van n battery verkry) as bron van elektrisiteit gebruik.
Bron, koolstofborsels en kommutator
Gebruike
Kleiner toestelle, bv. CD-spelers, rekenaars, waaiers, laserdrukker; in ekektriese treine.
Wisselstroommotors
Maak gebruik van sleepringe, koolstofborsels en n wisselstroom as bron.
Gebruike
Toestelle wat groot drywing benidig, bv. swaar indsustriële masjinerie, elektriese bore en ander elektriese kragtoestelle
Wisselstroom
4 feite
Rigting waarin ladings vloei verander.
Sterkte van stroom verander elke halwe siklus.
Word opgewek deur n generator.
Gebruik in huishoudings, besighede en fabrieke.
Voordele van wisselstroom bo gelykstroom
3
Potensiaalverskil van wisselstroom kan deur transformators verander word. (Verminder verlies van energie agv hitte en kan baie doeltreffend oor lang afstande vervoer word.)
Kragstasies kan direk langs steenkoolmyne opgerig word. (Dit verminder die vervoerkoste van steenkool drasties.)
Die besoedeling wat met kragstasie gepaard gaan kan tot afgeleë gebiede weg van die gebruikers, beperk word.)