Elektrisiteit - Elektriese Stroombane Flashcards
Stroom (I)
Tempo waarteen lading vloei.
Ampére (A)
Verdeel eweredig in parallel.
Orals dieselfde in serie.
Potensiaalverskil
Die hoeveelheid arbeid wat verrig word per coloumb lading om dit tussen twee punte te laat beweeg.
Volt (V)
Orals dieselfde in parallel.
Verdeel eweredig in serie.
Weerstand (R)
Weerstand van n geleier is die verhouding tussen die potensiaalverskil oor die eindpunte van die geleier en die stroom wat deur die geleier vloei.
Ohm
Weetstand in serie neem toe vir groter aantal weerstande.
Weerstand in parallel neem af vir groter aantal weerstande.
Faktore wat n geleier se weerstand bepaal
4
Soort materiaal waarvan die geleier gemaak is - beter geleiers bied minder weerstand.
Lengte van die geleier - n langer geleier bied meer weerstand.
Dikte van die geleier - dikker geleiers bied minder weerstand.
Temperatuur - n hoër temperatuur veroorsaak groter weerstand.
Doel van n weerstand
2
Om die stroomsterkte te verander.
Elektriese energie om te skakel na bruikbare energie soos hitte, beweging, rotasie, klank, ens.
Ohm se wet
Die stroomsterkte wat deur n weerstand vloei is direk eweredig aan die potensiaalverskil tussen die punte, mits die temperatuur van die weerstand konstant bly.
R = V/I
Proses van interne weerstand
In battery: chemiese energie word omgeskakel na elektriese energie.
Energie aan ladings oorgedra wat deur battery vloei.
Elektroliete in batterye bied weerstand teen vloei van lading. (Interne Weerstand)
Ladings moet arbeid verrig om deur die battery te vloei. (Hitte-energie word vrygestel dit wil sê temperatuur van battery styg)
EMK
Totale hoeveelheid energie wat n sel aan 1 coloumb lading kan verskaf.
Gemeet deur voltmeter oor die battery te plaas terwyl geen stroom vloei.
Geen stroom = geen arbeid
Volt (V)
Oop stroombaan in serie
Geen stroom.
Ammeterlesing - 0A
Voltmeterlesing oor die selle - EMK
Oop stroombaan in n paralelle netwerk
Stroom vloei in die vertakking sal afsluit. Alternatiewe pad sal gevolg word.
Verhoging in totale weerstand
Verlaging in totale stroomsterkte
Kortsluiting
n Metaal met lae weerstand word tussen punte oor weerstande geplaas. Dit veroorsaak n pad met lae weerstand.
Totale weerstand verlaag
Totale stroomsterkte verhoog
Smeltdraad
Word in n elektriese apparaat gebruik om te verhoed dat n verhoogde stroomsterkte agv n kortsluiting, skade aan komponente bring. Dit beveilig ook mense wat per abuis aan die oop kontakpunt raak. Brande en ander veiligheidsrisiko’s word ook op hierdie wyse voorkom.